[Video en foto’s] Calvinia juig oor reënval

Calvinia en Swartsekolk het Saterdag reënval gekry (Foto: Facebook/Reënvalneerslae)

“Jesus het ons gebede gehoor – ons dien ʼn gróót God. Ek prys hom vanaand!”

Só het Burre Burger, ʼn inwoner van Vredendal, op Facebook geskryf ná ʼn reënbui Saterdag oor Calvinia in die Noord-Kaap uitgesak het.

Maroela Media het vroeër berig Burger het ʼn byeenkoms in dié dorp gereël waar nagenoeg 100 inwoners saamgekom het om vir reën te bid.

André Steenkamp, ʼn boer van Calvinia, het ook gesê dié reën het inwoners van die dorp op hul knieë van dankbaarheid.

“[Ons het] 32mm [reën] gemeet in Calvinia. My pa se reënmeter het glad weggeval. Ons is só dankbaar,” het hy gesê.

Intussen het Swartsekolk tussen Brandvlei en Loeriesfontein ook minstens 48 mm gekry. Gronddamme en vleigrond is alles vol water.

Maroela Media het vroeër berig inwoners van dié Noord-Kaapse dorp is rasend van bekommernis omdat Calvinia in een van die ergste watertekorte nóg gedompel is sedert die Kareedam vroeër vanjaar opgedroog het.

Swartsekolk het Saterdag reënval gekry (Foto: Facebook/Reënvalneerslae)

Dié dorp het intussen ʼn noodtoestand bereik nadat die watertafel ook drasties gesak het. Die water wat uit die sewe munisipale boorgate verkry word, is brak en nie geskik vir menslike gebruik nie.

Daarbenewens het ʼn verwoestende brand einde Desember ongeveer 25 000 ha weiding en plantegroei verwoes.

Intussen het verskeie organisasies soos AfriForum, Caring Daisies, Water Shortage South Africa (WSSA) en talle ander weldoeners projekte op die been gebring om die waterbehoeftige inwoners by te staan.

ʼn Lys versamelpunte is intussen geïdentifiseer. As jy betrokke wil raak, kyk hier waar jou naaste versamelpunt is.

Jy kan ook geld skenk. Klik hier vir meer besonderhede oor ʼn trust-fonds.

Jy kan ook die woord “NOOD” na 38312 SMS en sodoende R10 aan die noodfonds skenk.

Kyk die video ook hier.

Posted by Burre Burger on Saturday, April 8, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Vivian ·

Dankie Jesus, dankie dankie Jesus. U goedheid nimmereindigend.

jan vermeulen ·

PRYS DIE HERE HY LAAT NOOIT SY KINDERS IN STEEK NIE DANKIE HERE VIR DIE WONDERLIKE REEN WAT IN HIERDIE DEEL VAN DIE LAND GEVAL HET HET MAG DAAR NOG MEER VAL IN HIERDIE DELE.

Monica Grobbelaar ·

Ons is so DANKBAAR teenoor ons GROOT MEESTER. HY het ons GEBEDES VERHOOR. DANKIE VADER.

zoom zoom ·

Hoop julle kry nog baie reen om julle droogte te breek en dat die damme kan vol word soos hier by ons in Gauteng en Vrystaat

Johann ·

Ons is saam dankbaar vir die reën wat julle ontvang het, groete

Terence Opperman ·

Daar is krag in gebed. Hou aan bid. Bid vir plaas moorde bid vir die regering bid vir ons president laat hy tot God sal bekeer. Bid vir die aanvalle op Christene in Egipte. Bid vir Isis om Jesus te aanvaar in hulle harte. bid vir Reen bid vir die Here om jou te vergewe. Want al wie die dinge kan reg kry is die Here. Daar is krag in gebed. En dan gee alle eer aan die Heer

Ignatius ·

Amen. Ons God is almagtig niks is vir Hom onmootlik nie.

Wanda ·

Ek juig saam julle……..bid uit jou hart en siel en die Here sal voorsien!!! Amen

Johan ·

Prys die Here. Hy het julle gebede gehoor.
Moet nie twyfel nie daar sal nog baie reen kom julle. Dis hoe ons ons probleme oorwin en deur God se genade gaan ons die land ook regruk soos nog nooit tevore. Ons moet saam bid mense.
“Heer, hou u wakende hand oor ons almal hier in SA en regoor die land. Hoor ons gebede aan en ons weet net U kan dit bewaarheid. U is die almagtige en aan U gaan ons eer. Dankie Heer. AMEN.

jaco ·

en oor 1 jaar word al die plase daar en in die res van SA met minimale of sonder enige vergoeding onteien…

christa ·

Ons Juig saam Dankie Vader As U wil Geskied Seen Assseblief Ons Land Met Vrede En Regte Leiers Dat Ons Almal In Vrede Saam Kan Leef.

Deon Koegelenberg ·

Christa ek woon nie eers op Calvinia maar het saam met duisende ander gelowiges gebid en o ja ons juig saam met jou Ons God is groot en goed vir ons Prys Sy naam

Gerda ·

AMEN……Ons GROTE KONING EN WARE PRESIDENT….AMEN…!!!!!!!

andre louw ·

Dankie my dierbare God!!
Brakbosvlakte, my oorlede Oom Jokkie Louw se plaas!!

foxi ·

So oneindig dankbaar……Prys die Here. Ons jubel saam met julle. Seëninge vir julle en mag julle nog vir dae nog meer water kry.

Maureen ·

God het voorsien. Hy het die mense se trane en opregtheid gesien. Ons dien n Groot God. Dan se mense dit werk ni om saam te bid nie.

Maureen ·

Ons dien n Groot God. Gebed het krag. Gli net. So gaan Hy ons land vir ons terug gee ook. Hy sien ons trane en hoor ons gebede. Amen

My bydra ·

Dis fantasties! Alle EER aan ons Hemelse Almagtige Vader! Baie baie dankie vir U seen van reën ons Hemelse Vader. Amen. Gebed het krag. Ons moet net nooit ophou bid nie.

Mel ·

Amen en Amen!!! Dankie Jesus, so het God sy tyd met als, ek dink julle daar in Calvinia en omgewing het letterlik gedans in di reën!!! Ons harte loop oor van dankbaarheid, so bly!!!!

Fj ·

Ou Jaco wil so graag hê ons plase moet onteien word. Meeste van ons is bereid om aan te hou boer tot die bittereinde toe.

ken benoni ·

Jaco,,:
Al gehoor van die vrou met haar muntstukkie wat sy dink verlore was of die skaap wat afgedwaal het, wees bly saam met die boere, die diere en plante daar, verbly jou saam met hulle oor die uitkoms en dank eerder God dan om so negatief te wees oor die toekoms. God is steeds in beheer al dink baie nie so nie! Jaco sterkte vir jou ! !!
Aan aldie mense daar , hoop jy julle kry nog genoeg rëen!!!!

Dankbaar ·

Dankie Here! U genade is onbeskryflik groot! Prys U naam!

Vonk ·

Amen!!! Wys jou net wat 100 gelowiges kan doen wat bid. Dink net wat op 22 April in Bloemfontein gaan gebeur!!!

Hannes Naude ·

Ons dien ‘n wonderlike God, prys Hom vir die reën

jean ·

So sal Hy sorg….op Sy tyd. Hy belowe dat sou ons ons bekeer sal Hy vir ons ‘n God wees…en ‘n God wat altyd sal voorsien.

Maggie ·

Dit is wonderlik.Dankie Here vir U genade en oneindige liefde.

FRED ·

My Here, Hoe Groot is U. Vir U is daar niks onmoontlik nie. Ek prys U naam. As God vir ons is, wie kan teen ons wees.

Katryn ·

Hi Vonk wou nou net die selfde op sit ek is so opgewonde oor die 22ste April. Ek weet daar gaan ‘n groot skuif in die geestes wereld kom. Miskien sien ons dit nie met ons vleeslike oë nie maar verseker gaan die geestes wereld geraak word. Ons dien een amazing awesome God. (Die duiwel en demone sidder as hulle net die naam van Jesus hoor wat dink jy gaan gebeur die 22 April gin wonder die duiwel probeer mense weghou nie met al die nonsens en stories nie hy sidder want hy weet wat wag)

Tessa Burger ·

Soos ek hier julle goeie nuus lees huil ek van dankbaarheid. God is getrou

Oudste ·

Vir al die skeptici wat altyd wag vir wonderwerke voor hulle sal oorweeg om in Jesus Christus te glo: Daar is hy nou, ‘n wonderwerk afgebid deur Jesus Christus kinders! Ons verstaan nie aldag God se almag nie en daar kom meer. Verootmoediging, bid vir vergewing van sondes, onder andere hardvogtigheid, liefdeloosheid ens en prys en aanbid Hom met liedere soos wat koning Dawid gedoen het toe hy voor die ark gedans het! Shalom Suid Afrika!

Rina Kotze ·

Prys die Heer vir Sy voorsiening!

Ons dink ook aan die Weskus en vra die Heer vir Sy voorsiening vir reën hier!

Dankie Here dat U gaan voorsien.

Piket ·

Alle eer, dank en aanbidding kom toe aan Die Almagtige GOD van hemel en aarde,

wat nooit sal laat vaar die werke van SY Hande nie!!

U maak U bekend aan die wat U wil dien, dankie daarvoor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.