[Video en foto’s] Chaos by die Uniegebou

Nog foto’s en ‘n video volg onderaan die berig. Volg die gebeure regstreeks onderaan die berig via ‘n Twitter-voer

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Chaos het Vrydagmiddag by die Uniegebou in Pretoria uitgebreek nadat betogende studente oproerig geraak het en die polisie skokgranate begin gooi het.

Duisende studente het sedert vroeg Vrydagoggend by die Uniegebou bymekaar gekom nadat pres. Jacob Zuma Donderdag te kenne gegee het hy sal met studenteleiers en die bestuurspanne van die onderskeie universiteite vergader om die dooiepunt wat in die onderhandelinge oor studiefooie bereik is, te bespreek. Hy sal na verwagting die studente toespreek.

Die studente het egter oproerig begin raak en onder andere mobiele toilette aan die brand gesteek. ʼn Gedeelte van die grasperk is glo ook aan die brand gesteek. Video’s van die toneel wys ook hoe studente ʼn draadheining wat deur die polisie opgerig is, omgestoot het. Die polisie het hierna skokgranate na die studente gegooi.

Volg die betogings hier:


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Rynhardt ·

In Pretoria het hul bakstene na die polisie gegooi en toilets aan die brand gesteek.Al hierdie moleste is georkesteer.Enige goeie agentskap sou die molesmakers in skare geidentifiseer het,en hul sou lankal verwyder gewees het.Dit bestaan nie in nuwe SA nie.Zuma en ou Blade Nzimande kruip weg in Uniegebou!Die massas gaan al hoe meer buite beheer raak!

Loeis ·

Hoekom lyk hierdie soveel soos die 1980’s? Hulle is mos nou veronderstel om bly te wees oor die ‘freedom’ wat hulle held daar voor die uniegebou vir hulle gebring het.

Loeis ·

Hoekom lyk hierdie soveel soos die 1980’s? Hulle is mos nou veronderstel om bly te wees oor die ‘freedom’ wat hulle held daar voor die uniegebou vir hulle gebring het.

johanette ·

ons land bly n grap gaan aan soos mal mense brand af as hulle nie hulle sin kry nie
hoekom steek hulle hulle self nie aan die brand nie

boetman ·

hulle doen johanette – hulle doen. dis waar die getalle vandaan kom.

thea ·

dit is n hartseer dag, wonder hoeveel is regtig studente of mense wat net wil plunder vir geen rede

thea ·

dit is n hartseer dag, wonder hoeveel is regtig studente of mense wat net wil plunder vir geen rede

Rynhardt ·

Hul het sopas op SABC3 gese:”The revolution would be broadcast on Twitter and not on tv!”Dit is n wenk wat die media gekry het.Interessant ne?Studente se motiewe is nie suiwer nie!

Retha ·

Weet julle hoe voel ek oor die saak? Die betogings kon in vrede geskied en ek praat niks van die geweld en ammok goed wat hulle aanjaag nie, MAAR ek stem saam dat die kostes verregaande is! Ek het my matriek geslaag met vrylating om BA graad te gaan studeer maar dit is net eenvoudig onbekostigbaar. Even al wil jy deur die pos studeer gaan jy nie wegkom met enige kostes onder R12 000 en dan het jy nie eens ‘n lector om te betaal nie en ek BELOWE jou daai boeke kos nie R12 000 nie! Ek stel voor dat Universiteitskostes gelykstaande moet wees aan Hoërskool fooie! Sodoende kan ouers dit bekostig en kinders wat dit self moet bemeester soos ek sal dit kan bekostig op tydelike werkies se salaris.

tom ·

2 “key points” bestorm , en daar word niks gedoen nie …… mmhhh
die is ons land se toekomstige leiers !!!! .. ja nee dit kan net beter gaan met ons

Rynhardt ·

Op SABC3 het die media n geheim verklap wat hulle bekom het:”The revolution would be broadcast on Twitter and not on tv!” Dit se alles!Wat weet die media nog wat hy nie uitspel vir Jan Publiek nie?

Antoinette De Waal ·

President het seker nie opgedaag nie. Toe raak hulle vies????

Desperate times calls for Desperate measures. Hulle het my meegevoel en dis reg. Daar is geld vir Nkandla mar nie vir die toekoms van ons land nie….

Frikkie ·

Hulle sal nie nou rewolusie maak nie!!. DAarie gesondheid plansorg moet eerste in skop dan kom die finanseele crash dan komdie rewolusie. Dis hoe dit gaan werk!!So bere maar weer jou pik steel en paintbal gun Rynhart gehoor.

GERRIT ·

Hoeveel is werklik studente. Hierdie is maar die begin van hoe dit in die res van Afrika gaan. vrek van honger en net die “Fat Cats” wat klaar genoeg gesteel en ingepalm het leef soos konings en voel n veer vir die wat vrek van die honger.baie van daardie “studente” weet nie eers hoekom hul daar is nie party kom net vir gratis T shirt en hoedjie. dit is n belaglike spil. ons moet nooit vergeet die ANC kan nie bekostig dat sy mense ge-educate word nie. sodra die mense slimmer raak sal hul verseker van beter weet en begin besef dat mens nie net kan demand nie en dit kan die ANC nie bekostig nie want hulle gaan aansien en stemme verloor,

annette duvenhage ·

En so breek hulle af stukkie vir stukkie tot daar niks oor is nie dan sit hulle weer backhand en bedel. En wie moet betaal, die belastin betalater natuurlik wie anders. Clueless……

Frikkie ·

WAARS MY KOMETAAR?? DAar kom nie nou al rewolusie nie eers moet die gesondheid plansorg in skop dan kom die finanseele crash dan kom die rewolusie!!moenie my uit vee nie Ek voel al ek gooi my perels voor die sweine!.ek sê maar net.

Johann ·

Is al hierdie betogers werklik studente? Hoeveel “ander” mense is deel van hierdie sinneloosheid?

gerrit ·

nou hoekom word my komentaar nie geplaas. praat ek dalk die waarheid

Johan ·

Mal daaroor. Die slang wat die ANC grootgemaak het draai om en pik hom. Hahahahahaha

Renier ·

Ek reken soos in baie dele van die wêreld is daar twee begrippe van vryheid (freedom). Vryheid van geweldadige oorheersing en vryheid van gevolge. Die oorgrote meerderheid verkies die tweede en dis waarom demokrasie besig is om die westerse beskawing te vernietig.

Izzy ·

Klasgelde gaan op…..so toi-toi, brand af, breek af ens …enige iets solank hulle net voel dat HULLE gehoor&gesien gaan word.Word wakker……alles gaan op in die lewe – brood, vleis, huis pryse ens. Mens noem dit ‘Die lewe’. As DIT die generasie van more is, is ons land in sy dinges in. Waar gaan die klomp wat bakstene gooi hulle kinders kan leer wat selfdisipline is?Hoe gaan hulle wat ander se karre afbrand, ooit ander kan leer om respek vir mekaar te he? Hulle kan aangaan soos hooligans, maar jy durf dit nie reguit se nie!

maria Van Dyk ·

Dis hoe die president se mense aan gaan,hulle moet vir die weermag in bring met die goed wat hulle so afbreek, en mense moet weer net bou! Sterkte vir ons land Bid elke dag vir SA
So kan dit nie aan gaan nie !Skande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.