Video en foto’s: ‘Dit sous regdeur in Upington’

ʼn Groot hoeveelheid reën het sedert Donderdagmiddag in Upington geval wat tot oorstromings gelei het.

“Dit sous nog regdeur,” het Marelize van Wyk, ʼn jare lange inwoner van Upington, omstreeks 18:30 aan Maroela Media gesê. “Ek dink nie eers iemand kan onthou wanneer laas dit hier gereën het nie. Dit het tien jaar terug so baie gereën.”

Foto’s en video’s van die oorstromings versprei intussen soos ʼn veldbrand op sosiale media. Die Kgalagadi Pick n Pay-sentrum is oorstroom en volgens Van Wyk is daar reeds groot skade aan winkels aangerig.

Van Wyk woon al 33 jaar in Upington en werk by The Courier Guy in dié sentrum. Sy is ook ʼn fotograaf. “Dit het so tussen 15:00 en 15:30 begin reën. Ons het so teen 16:30 ons motors begin wegtrek toe die watervlak begin styg het.”

Upington is een van die dorpe in die Noord-Kaap wat onder erge droogte gebuk gaan. “Dit was vanoggend effens bewolk, maar toe trek dit oop. Laatmiddag het ʼn donker wolk van Keimoes se kant af begin kom en toe ruik jy die reën.”

Volgens Van Wyk is daar al teen 18:00 sowat 65 mm gemeet. “Ons is baie dankbaar vir die reën.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Wilma Josey ·

Ons het gebid, en God het geantwoord. Ons bly BIDDEND en op ons knieë in eerbied en diepe afhanklikheid voor God om reën te stuur na die DORRE NOORD-Kaap en Oos Kaap!

Jan ·

Los net die druiweboere uit jou gebede, hul soek nie reën op hulle grond nie.

Annie ·

Jan.. :(:( so jy wil voorgee dat die druiweboere nie God nodig het en SY almag nie.. dat God in SY almag nie kan besluit of mag besluit wanneer dit nou oor jul kosbare grond mag of kan reen wanneer HY so besluit nie… en dan wonder ons nog hoekom dit so gaan met die land.. Sal God nie SELF SY SKEPPING onderhou nie??

Ai Tog ·

@Jan – ek kan nie glo wat jy praat nie. Ondankbaar op sy ergste. Die druiweboere het versekering op hul oeste , daar is nie versekering vir droogte nie. Mag die Here jou nie straf vir jou ondanbaarheid nie. Wraggies stomgeslaan deur jou afgunstigheid.

Muffin ·

Baie lekker. Geld kan die skade regstel maar geld kan nie reen koop nie.

stem ·

@muffin
stem 100% saam met jou en ander
Halleluja, Prys die Here

Banie ·

Ja, Prys God vir hierdie wonderlike reen in Upington. Ons vertrou dat God ook reen sal skenk aan die res van die Noord-Kaap.

ChrisE ·

Ons bid en smeek en tjank oor droogte, dinge wat in die land aangaan. Ons vra vir uitkoms, en verligting. Wat doen ons. Ons karring maar op die ou trant aan. Ons gebruik God as ‘n noodwiel. Ons verhard onsself teenoor Hom. Nou moet hy kom red wat daar te redde is. Ons moet eerder elke dag op ons knieë val en eerder dankseggingsgebede uiter. Dankie dat Hy nog geduld meegevoel, simpatie en liefde vir ons oor het. Lank voor ons eers kan bid en vra weet Hy reeds wat ons behoeftes is. Hy gee nie wat ons wil hê nie. Hy gee wat ins nodig het. Ons moet onsself eerder voor Hom veroodmoedig en pleit vir vergifnis en vra wat ons moet doen om Hom te behaag. Sy arm is nie te kort om te help nie. Sy oor nie te doof om ons te hoor nie.

charmaine ·

Dis wonderlik ek is bly vir julle. Skade kan regggemaak word dis aardse goed maar diere en mens wat water en kos nodig het kan nie vervang word nie. Ek bid en hoop dat al die boere reg oor die land hierdie waters ook sal kry.

Miemie ·

Vader het ons gebede verhoor en reen gestuur, nou kan ons Dankie se en vir Vader vra om die mense veilig te hou waar daar oorstoomings is.

Kallie ·

Klimaatverandering is ‘n realiteit. Die westelike streek en verre noordelike binneland van SA is klaar semi woestyn.

Sic? ·

Wat van ons doen voorraadopname ! Waarom die God van die Bybel reen sou terughou in die eerste plek . Onthou Hy is lief vir Sy natuur ook . Wonder , het dit die gif van die wingerde afgewas

UPINGTONNER ·

@JAN – dit het net in UPT se dorp so gereen. Basies geen wingerd het die magdom reen gekry nie, so hul is nog veilig! 10km uit die dorp het die mense maar ligte “motreen”ervaar. In Kakamas/Keimoes se gebied het hulle niks reen gekry nie

nannie ·

@Jan ek skud my kop in ongeloof vir jou opmerking.
Wanneer die druiwe boere droogte het en geen reen kry nie en vra hoekom hoop ek jy se vir hulle dat jy NEE DANKIE GESE HET VIR REEN.

Sic? ·

Ons moet gaan nabetragting doen , waaroor sal die God van die Bybel die reen terughou in die eerste plek . Wel Hy sou die stede spaar as daar n paar regverdiges is was ne’ . En Hy is lief vir Sy diere . Het dit die gif van die wingers afgewas ?

Sic? ·

Ons moet gaan nabetragting doen , waaroor sal die God van die Bybel die reen terughou in die eerste plek . Wel Hy sou die stede spaar as daar n paar regverdiges is was ne’ . En Hy is lief vir Sy diere . Het dit die gif van die wingerde afgewas ?

Ja swaer ·

Jan nee man, jy kan nie so vroeg vd wingerdstok vat nie …!

Dolf ·

Inderdaad Kallie, teen die einde van hierdie eeu sal die hele land lyk soos die Kalahari.

Reën, wonderlike reën ·

Suid-Afrika is ‘n droë land. Was nog altyd gewees. Die Karoo en Noord-Kaap is van nature warm, droog, semi-woerstyn. Dit sal nooit baie daar reën nie. Dit sal nooit welig groen daar wees nie. Die mens het hulleself in die natuurlike droë plek met lae reënval gevestig om dan onophoudelik vir reën te bid. Mense wat dit nie besef nie sal miskien beter aard in plekke soos Skotland of Engeland of Nederland waar dit besonders baie reën? Iedergeval ek is bly dit het in Upington gereën. En ja dit reën af en toe daar ook, soos dit maar is in Upington, die dorre Karoo en die nog meer dorre Noord- Kaap.

Vee ·

Ons in Upington het verlede week gebid vir reen en gister was die sluise vd Hemel oop!! Dankie Here!! U goedheid is GROOT!! Prys Hom, ons gebede is verhoor!!!

Hannetjie ·

Ondankbare mense sal daar altyd wees..sooo selfsugtig…wat van ander mense wat gebuk gaan onder die jare lange droogte .Jan jy en ander is baie onverskillig met julle tonge..oppas hoor!

Anoniem ·

Kerneels jy praat namens ander mense jul is ondankbaar daar is mense wat moedverloor op hul kniee is onthou as jul wat die reen weg wens waar die water vandaan kom as jy gerieflik die kraan oopmaak. jy jou toeruste en jan met sy wingerde dis n skande ons is veronderstel om dankbaar te wees vir ons Vader se genade

Klimaat ·

Die Noord-Kaap is ‘n droë landstreek. Dit sal nooit baie daar reën nie. Dit sal wel soms daar reën ook, maar dit is niks bonatuurliks as dit wel reën nie. Droogtes is natuurlike en algemene verskynsels in ‘n droë land soos Suid-Afrika. Dit gaan en sal herhaaldelik voorkom. Dit is die mens wat dit nie wil besef of aanvaar nie.

Susan ·

En nou dat dit reën is enige maatreëls getref om reën water op te vang vir droogte tye?

Ansie ·

Hier is mense wat moet ophou iets se. Dankie God vir die reen

Water in die dorre dele ·

@ Susan. Jou vraag is rasioneel, logies en baie relevant. In die Noord-Kaap, soos in groot dele van die land is, was en sal langdurige droogtes ‘n natuurlike verskynsel vir altyd daar wees. Boere soos Jan weet dit dat reën in daardie gebiede ‘n uitsondering is, daarom boer hy met druiwe daar en water kom uit die Oranje Rivier om sy boerdey en landbou produkte moontlik te maak. Somtyds sal reën wel daar voorkom soos nou in Upington, maar dit is die uitsondering. Iemand het selfs gemeld dat dit 10 jaar laas so baie gereën het daar, dit is soos die klimaat daar is. Plekke met langdurige lae of selfs geen reenval is gebiede wat natuurlik voorkom nie net in in Suid-Afrika nie, maar ook elders op die planeet . Ander gebeiede soos in Europa kry weer baie en selfs daagliks reën ensovoorts.

Dankie tog ·

Dankie vir die mooi verduideliking “Water in die dorre droogte” want ou arme Jan moes net spit afbyt omdat mense nie so lekker verstaan nie.

Se maar Net ·

Dis n lekker ou Jan…….bly daar is derduisende wat dankbaar is vir die reen. Reen kan nie gekoop word nie. Ons is diep dankbaar dat die aarde so geseen word!!!!

Muffin ·

@Jan, ek hoop daar sal net genoeg druiwe wees vir nagmaal wyn en nie vir uitvoer nie. Volgens jou siening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.