[Video en foto’s] Duisende in Pta-strate, Uniegebou afgesper

Foto: Maroela Media

Duisende mense het vandag na die strate van Pretoria opgeruk om Zuma se kop te eis. Betogers het met plakkate van Kerkplein na die Uniegebou beweeg om ʼn memorandum te oorhandig.

Die regering het Vrydag gesê hoewel ʼn hofbevel toestemming gegee het dat die Save SA-optog in Pretoria voortgaan, die presidensie nie toestemming gegee het dat ʼn memorandum by die Uniegebou oorhandig mag word nie. Die Uniegebou was versper met doringdraad en daar het ʼn sterk polisieteenwoordigheid geheers.

Die sogenaamde “People’s March” wat deur Save SA gereël word, is byna gekanselleer nadat die Tshwane-metropolisie Donderdagmiddag gesê het daar is geen toestemming vir die optog gegee nie. Save SA het ʼn dringende aansoek by die hof ingedien om te verseker dat die optog kan voortgaan en dit is toegestaan.

Talle geestelike leiers oor geloofs- en kleurgrense heen het die skare toegespreek. Hulle het genoem dat hierdie optog vreedsaam sal wees en dat almal een doel voor oë het.

Maroela Media was daar, kyk die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
My bydra

Dis puik werk pragtige fotos MM! Eks so trots op julle! Dis die mooiste ding om te sien dat ons as SAners saam staan om n beter plek te maak vir almal. Ek glo dat ons ook n reg en n se het oor hierdie land van ons. Zuma MOET maar net uit sy pos uit bedank! Of ons moet betoog dat daar n vroee verkiessing kom binne die volgende 2 maande om hom uit te stem want wat se skade gaan hy nog aan die land en sy mense doen voor 2019? Ons soek n regverdige eerlike vroee verkiessing… Lees meer »

jaco

ek wonder, toe die wit mense wat saam optog gehou het, veral die Afrikaners, nou daar saam met die EFF by Kerkplein in Pretoria opdaag voor die optog, het hulle toe die EFF vergewe dat hulle ‘n paar maande gelede Paul Kruger se standbeeld so gruwelik geskend het? More is Zuma weg en dat smelt die EFF saam met die ANC. Dan is dit weg met AL die standbeelde, weg met Afrikaans, afvat van wit boere se plase, nasionalisering van wit mense se besighede ens ens ens. Dan het al die wit mense se protestaksie teen Zuma vandag NIKS gehelp… Lees meer »

Niklaas

My bydrae ek stem saam.Dit was n goeie dag “at the office”!!

Cheryl

Kruisig my maar… Ek sien kinders by die optogte regtig mense hoe onverantwoordelik???

John

Interessant dat die opponente van Zuma oorspronklike individualistiese plakkate vertoon terwyl die ANC-/Zuma-aanhangers eenvormige gedrukte plakkate vertoon… duidelik zombie-agtig en onder beheer… van Big Brother.