[Video en foto’s] Duisende in Pta-strate, Uniegebou afgesper

Foto: Maroela Media

Duisende mense het vandag na die strate van Pretoria opgeruk om Zuma se kop te eis. Betogers het met plakkate van Kerkplein na die Uniegebou beweeg om ʼn memorandum te oorhandig.

Die regering het Vrydag gesê hoewel ʼn hofbevel toestemming gegee het dat die Save SA-optog in Pretoria voortgaan, die presidensie nie toestemming gegee het dat ʼn memorandum by die Uniegebou oorhandig mag word nie. Die Uniegebou was versper met doringdraad en daar het ʼn sterk polisieteenwoordigheid geheers.

Die sogenaamde “People’s March” wat deur Save SA gereël word, is byna gekanselleer nadat die Tshwane-metropolisie Donderdagmiddag gesê het daar is geen toestemming vir die optog gegee nie. Save SA het ʼn dringende aansoek by die hof ingedien om te verseker dat die optog kan voortgaan en dit is toegestaan.

Talle geestelike leiers oor geloofs- en kleurgrense heen het die skare toegespreek. Hulle het genoem dat hierdie optog vreedsaam sal wees en dat almal een doel voor oë het.

Maroela Media was daar, kyk die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

My bydra ·

Dis puik werk pragtige fotos MM! Eks so trots op julle! Dis die mooiste ding om te sien dat ons as SAners saam staan om n beter plek te maak vir almal. Ek glo dat ons ook n reg en n se het oor hierdie land van ons. Zuma MOET maar net uit sy pos uit bedank! Of ons moet betoog dat daar n vroee verkiessing kom binne die volgende 2 maande om hom uit te stem want wat se skade gaan hy nog aan die land en sy mense doen voor 2019? Ons soek n regverdige eerlike vroee verkiessing want ons soek vir Zuma en sy korupte amptenare uit ons land uit met n enorme spoed!

jaco ·

ek wonder, toe die wit mense wat saam optog gehou het, veral die Afrikaners, nou daar saam met die EFF by Kerkplein in Pretoria opdaag voor die optog, het hulle toe die EFF vergewe dat hulle ‘n paar maande gelede Paul Kruger se standbeeld so gruwelik geskend het? More is Zuma weg en dat smelt die EFF saam met die ANC. Dan is dit weg met AL die standbeelde, weg met Afrikaans, afvat van wit boere se plase, nasionalisering van wit mense se besighede ens ens ens. Dan het al die wit mense se protestaksie teen Zuma vandag NIKS gehelp nie.

Niklaas ·

My bydrae ek stem saam.Dit was n goeie dag “at the office”!!

Cheryl ·

Kruisig my maar… Ek sien kinders by die optogte regtig mense hoe onverantwoordelik???

John ·

Interessant dat die opponente van Zuma oorspronklike individualistiese plakkate vertoon terwyl die ANC-/Zuma-aanhangers eenvormige gedrukte plakkate vertoon… duidelik zombie-agtig en onder beheer… van Big Brother.

Alida ·

MOOI SA! Dit is hoe ons saamstaan. Al die kleure van mense betoog vir dieselfde rede. Verenig met mekaar ongeag kleur. Die doemprofete hierbo is te dom om te verstaan hierdie opruk was nie politities gemotiveerd nie maar n volk wat saamstaan vir dieselfde doel. Dit het niks te doen met vir wie jy stem nie. Word wakker.

Sê maar net. ·

Weer is dit ‘n bewys ons kan met almal oor die weg kom en saam staan. Dit is die korrupte regering en politici wat ons (die mense) aan en op huts teen mekaar. As die howe en polisie net nie so korrup was nie was daar minder moord en doodslag in ons land.

Ons kan ·

Weer is dit ‘n bewys ons kan met almal oor die weg kom en saam staan. Dit is die korrupte regering en politici wat ons (die mense) aan en op huts teen mekaar. As die howe en polisie net nie so korrup was nie was daar minder moord en doodslag in ons land.

AL ·

Hierdie optogte (nasiebou) was weereens n bewys dat die grootste rassiste die sosiale media en die politieke leiers is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.