
Dik rookwolke van die naderende vlamme kan gesien word by Franskraal (11 Januarie 2019). Foto: Facebook
Inwoners van Franskraal naby Gansbaai in die Wes-Kaap is Vrydagmiddag opdrag gegee om hul huise te ontruim weens ʼn wegholbrand in die gebied.
Die Overstrand-munisipaliteit het inwoners opdrag gegee om hul troeteldiere, noodsaaklike items en noodsaaklike medikasie bymekaar te kry en onmiddellik hul huise te verlaat. “Skakel alle ligte en elektriese toebehore af en sluit jou huis. Vir jou eie veiligheid, verlaat jou buurt onmiddellik en ry na ʼn huis van ʼn vriend of familielid buite die ontruimingsgebied,” lui die boodskap.
Intussen woed nog ʼn wegholbrand by Bettiesbaai en is inwoners in sommige gedeeltes van die dorp ook opdrag gegee om hul huise te ontruim. ʼn Derde brand woed ook by Karwyderskraal en die vlamme het reeds tot in die Fernkloof-natuurreservaat versprei. Ook hier is ontruimingsbevele uitgereik.
Die brande word tans deur erge winde aangeblaas en groot spanne brandbestryders is ontplooi om dit onder beheer te bring. Volgens owerhede is die beskerming van strukture en die verwydering van inwoners tans die grootste prioriteit.

Dik rookwolke van die naderende vlamme kan gesien word by Franskraal (11 Januarie 2019). Foto: Facebook
Volgens die Groter Overberg-brandbeskermingsvereniging is die Gansbaai-toerismesaal, die Sandbaai-saal in Hermanus en die Crassula-saal in Bettiesbaai beskikbaar gestel vir inwoners wat hul huise moes ontruim.
Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê daar is tans geen paaie oop tussen Franskraal en Gansbaai nie en die R43 is gesluit by die ingang na Franskraal. Die R320, die R44 tussen Kleinmond en Gordonsbaai en Mountainrylaan en Magnoliaweg is ook gesluit.
Die R326 by Stanford is oop vir voertuie om na en van die gebied te beweeg.
Die brandbeskermingsvereniging het ʼn beroep op inwoners gedoen om die noodtelefoonlyne oop te hou vir noodgevalle. Inligting sal aan inwoners deurgegee word soos dit beskikbaar kom.
‘n Video van die brand by Franskraal volg onderaan die foto’s.
- Dik rookwolke van die naderende vlamme kan gesien word by Franskraal (11 Januarie 2019). Foto: Facebook
- Dik rookwolke van die naderende vlamme kan gesien word by Franskraal (11 Januarie 2019). Foto: Facebook
- Dik rookwolke van die naderende vlamme kan gesien word by Franskraal (11 Januarie 2019). Foto: Facebook
- Die brand by Franskraal (11 Januarie 2019). Foto: Facebook
- ‘n Brand woed by Bettiesbaai (11 Januarie 2019). Foto: Verskaf
- ‘n Brand woed by Bettiesbaai (11 Januarie 2019). Foto: Verskaf
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Dit is verskriklik hartseer ?
Here.. stuur reën asb…
Ons bid vir reen Heer asb. Wees die mense genadig.
Ons n huis daar. Dis bitter erg. Nou begin reen. Dankie Liewe Heer
Definitief brandstigtig teen 3 beskaafde dorpe op selfde dag! Onbeskaafdes wil net ons vermoor op grootskaalse brand.