[Video en foto’s] Joost van der Westhuizen se gedenkdiens

joost-gedenkdiens-11jpgFamilie, vriende, sportlui en die nasie het Vrydag afskeid geneem van Joost van der Westhuizen.

Van der Westhuizen is Maandag in die ouderdom van 45 oorlede. Hy is in 2011 met amiotrofiese laterale sklerose (ALS), ʼn aggressiewe vorm van motorneuronsiekte (MNS), gediagnoseer.

Foto’s volg onderaand die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Mel ·

Die gedenkdiens was hoendervleis mooi, Pragtige woorde en di mooi van Joost se lewe was met Respek hanteer. Ek dink ons het almal lekker saam gehuil. Sterkte aan al di naasbestaandes!! RIV Joost

Leonie ·

Dit was so hartseer. Het gekyk op Supersport. Sterkte aan die familie en vriende. Rus in vrede Joost. Jy sal altyd ‘n legend bly!!

Dion Els ·

Baie, baie hartseerdag. Sou graag vir supersport wou se baie dankie vir die voorreg wat hulle bir ons gegee het om deel te wees van alles. Baie dankie

Elize ·

Wat n hartseer dag. Joost jy leef voort in ons harte en in ons rugby liefde. My hart sal altyd blou bly. Rus in vrede Joost.jou leiding is verby.

Piet Pille ·

Wil graag dank betuig aan almal wat betrokke was om Joost ‘n verdiende en eervolle begrafnis herdenking te gee. Joost rus in vrede, ons sportheld van weleer.

Absoluut ·

Piet Pille, presies hoe ek voel. Dit was die mooiste gebaar, daar was min mense, ek dink almal was bang vir n vertrapping, ek sou wat wou gee om daar te wees, ek is ongelukkig vrek ver weg!

Karma ·

Ag, hoe loop die trane sommer nou weer en groei die knop in my keel met die aanskou van die video en foto’s …… Wat ‘n aandoenlike geleentheid was dit nie. Ek gaan nou maar Joost se foto hier op my lessenaar wegneem en sy kersie wat al heeldag brand, doodblaas. Dankie aan al die trotse Suid-Afrikaners en rugbyondersteuners, vir die moeite wat hul gedoen het om die openbare eerbetoningsgeleentheid vir Joost by te woon. RIV, Joost!!!!!!!

Esther ·

Die diens was baie goed gedoen.
Dankie Sap en almal wat betrokke was.
Riv Joost.
Eer & respek gekry wat hy toekom. Dankie Suid Afrika

Doeks Joubert ·

Joost jy is alreeds gekies vir die Hemel span,jy kan nou in vrede rus.

LMF ·

Dit was n hartseer maar stunning diens om saam afskeid te geneem het al was dit op TV en sy familie wat so sterk was om al hul pyn te sien was stukken Amore wat n sterk mamma is jy n yster nes jou man Jul 2 kinders so voorberei en Pieter sy broer sy ouers wat so eina het ag my hart is so stukken vir julle God dra julle en hy sal jul altyd dra in die toekoms en alle sterkte vir julle in die toekoms

ada ·

Pragtige diens op Sp1 gekyk. Almal mooi gepraat en gesing. SAPD was uitstekend. Rus in vrede Joost. Jy het baie vir baie beteken. Respekvol. Ek se graag dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het sodat die publiek ook deel kon wees van ons legende.

mike ·

Baie mooi. Alles was mooi en respekvol. Almal mooi gepraat en met deernis. Bly ek kon dit sien en meeleef. Baie dankie.

Leendert ·

Hy verdien dit oor en oor. Hy het ‘n staatsbegrafnis gekry met die vlag oor die kis.

Daar gaan manne volg, eendag. Frik, Mannetjies, Naas, ander wat groter was, baie groter, gaan hulle ook die vlag kry?

Leendert ·

Ek dink ook aan die grootste vleuel Jannie, gaats, wat van Jan Boland? Genade, gaan daar van hulle ook so ‘n onthou wees? ‘n Landsvlag? Wat ook opkom en wat mens sal kan vereer is ‘the thin red line’, wie onthou dit. Dit was die Maties se agterlyn wat Sprinbok gespeel het.

LMF ·

Leendert jou voorspellings gee my koue rillings ek glo die landsvlag was nie alleenlik vir sy puik rugby loopbaan nie maar grootliks vir sy bydra wat aan die wereld se ander lyers met selfde siekte hy het gestreef daarna om ander te help en nie in n hopie gaan sit om verswelg te word nie Kyk na die breëer prentjie hy het daai vlag verdien

swanna ·

Leendert ek stem met jou kommentaar. Dit wat ek nou gaan se gaan baie mense my met klippe gooi maar dit is ook goed so. Joost was ‘n held en ‘n voorbeeld en ons gaan hom lank onthou soos baie rugby spelers voor hom en ek kan baie noem soos Pienaar genoem het maar asb. ons is besig om ‘n afgod van hom te maak. Op die oomblik is die politisie en die geld wolwe besig om buit uit hierdie saak te maak en dit is uit ander se hartseer. Ek is net so Groot blou bull ondersteuner as Steve dalk erger van Oom Frik en Thys Lourens en oorlede Peere Spies se tyd praat nie eens van uli boelie nie. My punt is groet vir Joosie en kry klaar dit raak later ‘n nare saak soos Petoors se saak ek bedoel Pestorius. Amen.

Kry grip ·

Leendert en Swanna, as jul nie van die Joost groet, gedenkdiens ensv hou nie moet dit nie kyk of lees nie, dit is vir Joost mense, lees en kyk waarvan jy hou! Hierdie is ons Joost mense wat n kind, vriend, helper en legende groet op gepaste wyse, Joost het in 45 jaar ongelooflike menslikheids vriendskap en diens gelewer, respekteer dit of bly af en weg! Dankie Maroela en almal wat hulde bring aan n ware legende in elke woord, ek kry skaam vir die afguns, hierdie outjie , sy gesin, ouers en broers het net gegee!

Vriend ·

Baie dankie aan almal wat betrokke was. Pragtig beplan!!! Joost, Vriend, jy is vry!! EK VRA ASB, DAT HIERDIE VOLLE GELEENTHEID ASB OP DVD BESKIKBAAR GESTEL WORD!! DIT SAL OOK TOT VOORDEEL VAN DIE J9 STIGTING WEES.

Frans C ·

Memse vergeet om Stephan Terblanche te bedank wat ‘n uitstekende seremoniemeester was en met sy voorsang ‘n groot verleentheid voorkom het toe die Bala broers nie opgedaag het om die volkslied te sing nie.
Dankie Stephan vir die waardige wyse waarop jy dit hanteer het.Jy kan maar sing.

Carol Every ·

Stem absoluut saam met jou. Hy was ‘n uitstekende spreker en verdien ‘n groot dankie !!

Carol Every ·

Stephan jy het jou uitstekend van jou taak gekwyt!!
Dankie vir jou teenwoordigheid van gees met die sing van die volkslied – dit was uitstekend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.