[Video en foto’s] Kovsies gesluit; betogings woed voort

Foto: Twitter via @SongzPango

Foto: Twitter via @SongzPango

Foto’s en video’s van betogers op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat klippe gooi, standbeelde probeer afbreek en eiendom beskadig, is Dinsdag wyd op sosiale media versprei.

Die universiteit het Maandagaand besluit om alle akademiese en administratiewe aktiwiteite vir Dinsdag en Woensdag af te stel uit vrees vir studente se veiligheid.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag egter ontken dat daar chaos heers op die kampus en het gesê die polisie se eenheid vir openbare orde het die situasie onder beheer. “Die onlustepolisie is daar, hulle hanteer die situasie. Daar gaan niks aan nie. Die groep betogers by die hoofhek van die kampus is besig om te dans en sing, maar hulle beskadig niks nie,” het sy gesê.

Volgens Nkabi is daar wel betogers op die kampus wat vroeër probeer het om standbeelde af te breek, maar kon nie daarin slaag nie. Sy het ontken dat enige van die betogers petrolbomme gegooi het of dat iemand in hegtenis geneem is soos deur sosialemedia-gebruikers beweer word.

Op ʼn vraag of enigiemand in hegtenis geneem is ná die geweld Maandagaand by die rugbywedstryd tussen die Shimlas en die Madibaz van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) toe betogers op die veld gehardloop het, het Nkabi gesê niemand het nog na vore gekom om ʼn klag by die polisie aanhangig te maak nie.

Foto: Twitter via @SongzPango

Foto: Twitter via @SongzPango

Intussen het die huiskomitee van Huis Abraham Fischer (Vishuis) besluit om eerder die koshuis te ontruim ter wille van studente se veiligheid. Andrew Soden, hoof van die Vishuis-alumni, het aan Maroela Media gesê betogers het Dinsdagoggend met pangas en stokke by die koshuis ingebars, vertoonkaste stukkend geslaan en deure afgeskop.

“Hulle het baie groot skade aangerig. Hulle het ook een van die tweedejaarstudente gisteraand [Maandagaand] aangerand terwyl hy op pad was na die koshuis toe,” het Soden gesê. “Die huiskomitee het in samewerking met verteenwoordigers van die universiteit besluit dat dit beter sal wees as die koshuis ontruim word, aangesien die studente se veiligheid eerste kom.”

Hy het gesê die situasie veroorsaak ʼn groot probleem vir die koshuisinwoners aangesien die meeste nie ʼn ander heenkome het nie. Baie van die studente is ook afhanklik van die universiteit se eetsale op die kampus. “[Die alumni] probeer nou maar ʼn plan maak vir hierdie ouens en het vir hulle tydelik huisvesting in private koshuise weg van die kampus gekry waar hulle kan bly tot hulle toegelaat word om terug te trek koshuis toe. Maar dit is beslis ʼn groot ongerief vir hulle,” het hy gesê.

Maroela Media kon nie Dinsdagmiddag ʼn woordvoerder van die UV bereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Hendrik ·

Wat is nou weer fout? Dit lyk my sodra hulle daardie slaphoedjies opsit verander die hele groep se gedrag.

Hendrik ·

Hoekom moet daar alewig die knie gebuig word vir ‘n uiterste klein groepie moeilikheidmakers? Die meerderheid moet net saamgroepeer en hierdie moeilikheidmakers uitsorteer. Die mansstudente moet maar hulle rokkies uittrek en manne word en die groep uitsorteer.

Hendrik ·

Johan ek was ook op Kovsies sowat 30 jaar gelede. Maar ek kan nog en kan jy?

m ·

Ek hoor hierdie mense word busvragte vol aangery universiteit toe om te gaan afbreek. Wonder wie gaan betaal vir al hierdie skade…….

Chris ·

Ek aanvaar wat ek lees, is die waarheid. Indien dit so is, hoe kan ‘n gewone polisiekonstabel die woordvoerder van die S.A.P. wees? Miskien was die konstabel die een met die hoogste rang op die toneel.

tamboti ·

As julle nie opstaan teen die molesmakers nie gaan hul net oorneem, die sewe maer koeie gaan die sewe vet koeie verteer en gaan net so maer bly! Julle ontruim uit vrees vir veiligheid, dink solank na waarheen blankes van SA eerdaags sal moet ontruim uit “vrees vir veiligheid”?

Marous ·

Hoekom is die Seunse Weenkoor so stil? Pak julle dalk die porselein teekoppies in?

humor ·

Ek weet daar is sekerlik manne onder die studente maar ek wens n groot groep kan net so vir n oomblik n beeld kry van vroeer se Tempe en sien hoe vinnig jong seuns van 18 – 19 manne kan word wat vir niks op aarde stuit nie. Maar nouja, dit is nie julle skuld dat daar nie meer weermagopleiding vir julle is nie. Maar nie te min manne, julle moet vasstaan en sterkte.

Josua Keys ·

Ek wil graag ‘n beroep op alle studente, ouers ens regoor Suid Afrika doen wat nie in die betogings geploeter wil word nie, om saam hande te vat jul oë te sluit en gesaamentlik God te vra om hierdie haatlike ding wat alles en almal net wil verwoes te verpletter en in die grond in mergel soos Hy dit goed dink. Net soos hierdie mense kan saamstaan om die duiwel se werk te voltooi kan ons as Christene, wit, swart , kleurling , indiër dieselfde doen om God se werk te voltooi die verskil gaan net soveel lekkerder wees. Ek voel in my Hard en siel dat God genoeg gemok en getard is en as julle in God die ware God se kragte glo dan sal ons gebede verhoor word want dit is die eenigste oplossing vir Suid Afrika se probleme.

LOUIS ·

Die regering sal hierdie misdagers begin vasvat. Dit gaan glad nie oor transformasie maar dit is absolute misdaad. Ons as BEHEERSDE burgers van die land word geiselaar gehou deur hierdie misdaad elemente in ons samelewing

Vanoggend was daar berig op RSG van UP en daar was gese ” DAAR WAS OOR EN WEER KLIPPE GEGOOI” Kan julle nou dink omdat die misdadigers klippe gooi en afbreek word ons kinders nou ook gelable as ‘n klipgooier

tamboti ·

Louis jy het dit verkeerd, hierdie is nie misdaad nie: dis oproer/plundery/rewolusie – daai rooi gevaar wat nou op dreef kom! Die regering dink dit pas hulle en laat dit toe.

tamboti ·

Ons Afrikaners se grootste probleem naas die aggressie teen ons is dat ons nie ‘n leier het nie – ‘n De la Rey, ‘n Pretorius of De Wet, dis tyd om reg te maak.

pika ·

Steve Hofmeyer het n familielid op elke dorp… maak hom BAAS

Kobus ·

Louis, as jy dink die regering sal optree teen hierdie moles makers maak jy n fout. Jy leef seker in die ou tyd. Die regering sal nie optree nie want hul sit daar agter

hans ·

Sien op facebook dat die beeld van Adv Swart verniel is deur die betogers. Nou lees mens dat n koshuis verniel is en die inwoners moet vir hul veiligheid gebou ontruim. Wat doen Rektor Jansen en sy bestuur om die studente te beskerm en die vandalisme van eiendom en standbeeld te be-eindig? Rektor was in die verlede baie vinnig om blankes te verdoem oor die geringste “oortreding” waarom swyg hy nou soos die graf-is hy bang vir die lede van n besondere politieke party en vakbond? Die studente en ouers van die traumatiseerde studente moet reuse eise teen die betogers en universiteit instel. Die betogers kan seker identifiseer word op beeld materiaal.

Oud Tukkie en ouer van 'n eerstejaar. ·

Volgens die Grondwet het ons kinders die reg tot opvoeding, vryheid van beweging en die reg van veiligheid en sekuriteit. Dit is dus die regering se plig om die molesmakers nou vas te vat en aan hulle afgebakende gebiede toe te wys om(veeedsaam) te betoog (hulle reg ook nê). Saakbeskadigers en aanranders moet maar tjoekie toe. Maar die universiteite mag nie verder lamgelê word nie. Mens verstaan al die emosies. Hierdie is ‘n verskriklike situasie. Maar die wat so vinnig oor oorlog praat-hoe sal jy hou van ‘n land wat soos Sirië lyk waar NIEMAND in kan woon of werk nie? Leiers vanuit al die partye om oplossings te soek is nou nodig.

Oud Tukkie en ouer van 'n eerstejaar ·

Tikfout, het bedoel vreedsaam

Johannes ·

Oud Tukkie, hierdie land gaan erger as Sirie lyk – soos Nigerie, SAR, Uganda en die res van donker Afrika waar GEEN beskaafde mense wil bly nie! So dit begin half irrelevant raak of daar oorlog kom of nie… ons is iedergeval in DIEP moeilikheid!

PJ ·

Oud Tukkie kan jy nie sien waarheen ons op pad is nie sonder ons toedoen ?

Oud Tukkie en ouer van 'n eerstejaar ·

PJ, ek sien en lees al hierdie nuus. Ek is nie seker wat jy met “ons” bedoel nie. Dis baie naïef om te sê sonder ons toedoen as jy Afrikaners bedoel. Die situasie is ingewikkeld en hierdie betogende studente is die simptoom van ons land wat baie baie siek is. Baklei is ongelukkig nooit die opplossing nie. Maar ons almal kan sien dat mense gefrustreerd en moeg is vir alles wat verkeerd is in SA. Ons het sterk leierskap nodig. Of dit nog moontlik is weet ek nie.

Dup du Plessis ·

…….dalk moet ons net beding vir die behoud van 1 Afrikaanse universiteit (dalk die PUK kampus) terwyl Akademia groei, ……waar daar maar betaal word vir opleiding – hoe moeilik dit ook al is – dit was nog altyd die geval…….maak al die ander dan Engels, gratis en voldoen aan al die betogers se eise: ……m.a.w. geen klasgeld nie maar terselfde tyd buitensporige jaarlikse verhogings aan al die werkers by dieselfde universiteit sodat die situasie of kiem of ekonomiese implikasies homself kan uitwoed……” if you pay – you have a say” ….of andersins so mooi in Afrikaans: moenie ‘n gegewe perd in die bek kyk nie. Dink net dat geen Afrikaanse ouer hul kinders wat studeer se gelde in totaal moet vereffen nie voordat daar meer sekerheid oor hierdie nare toedrag van sake is nie.

stemja ·

Gaan maar net oor politiek en al gee jy hulle die hemel op aarde, sal hulle maar net nog n rede kry om af te breek en te vernietig!

Deon ·

So, die rooi gevaar waarteen ons oues baklei het, het stil-stil geinfiltreer en slaan nou soos masels oral uit. Kommuniste vat geweldadig oor, want ons het reeds die afgelope 20 jaar alles oorgegee in ‘n bykans bloedlose oorlog. Kan die golf nog gestop word, of is dit te laat? Ek weet nie, persoonlik dink ek dis te laat, ons moet maar stert tussen die bene in vreemde lande gaan heenkome soek… Want saamwerk gaan duidelik nie gebeur nie

Henry ·

En hier spring die sitkamer ‘recces’ en brekers alweer uit. Nou moet studente teen ‘n oormag baklei, om ander siele se lugkastele te verf.
Watse kans het 8% van die bevolking om met enige denkbare vorm van geweld, hulself teen ‘n oormag en ‘n vyandige regime te beskerm.
‘n Regime wat hul agtergeblewenheid, korrupsie, diefstal en kommin kriminaliteite probeer verdoesel deur die 8% van alles – insluitend rassisme – te beskuldig.
‘n Regime bestaande uit bewese onbevoegde bedrieërs wat hul agtergeblewe stemvee teen die 8% en hul instellings opsweep…
Tot tyd en wyl ons instansies soos Akademia en alternatiewe oorlewingsvermoëns/taktieke soos Plan B inwerking kan stel, kan daar geraas en geblaas word vanuit leunstoele dat die biesies bewe – sonder enige hoop op sukses.

Liewe heksie ·

En so het die springkane al die koring opgevreet en toe was daar niks oor nie

Dirk Breytenbach ·

Die sogenaamde studente is besig om Prof Jansen se werk ongedaan te maak. Ek sal graag sy verduideliking wil hoor. Die regering verwelkom betogings. Wat nou?

Jeanette Visser ·

Josua daar staan in die Bybel geskryf, Ek help die wat hulle self help nou hoe nou? Die voortrekkers het gebid en gebid en selfs dankie gese al was daar nie kos op die tafel nie, hul moes self uit die verknorsing kom, nou almal bid en bid vir die land maar dit word net erger moet ons nie dan maar ook ‘n plan beraam en ons self help nie? Vra net!

Justa ·

Lees maar wat Moeletsi Mbeki te se het en neem ter harte. SA sit op n tikkende tydbom en het net n vuurhoutjie nodig om te ontplof. Ons “Arab Spring” is naby.

PJ ·

Oud student die “ons”is die wit studente wat op kampus moet staan en toe kyk hoe alles vernietig word soos die CR Swart standbeeld wat nou net aan die brand gesteek is en in die visdam gegooi is

Uit die Ooste ·

Ek het die week nog kommentaar gelewer hier op Maroela nuus en gese kyk dinge gaan erger raak, en dit het gebeur. Mense julle praat mekaar moed in kom ons wees nou eerlik met mekaar.
Julle almal daar weet dinge gaan net erger raak. Hierdie is die begin van oorlog met swart teenoor die witman. Dit het nou niks te doen met Afrikaans as taal nie. hier kom groot moeilikheid. Kan net se bly glo en vertrou op Hom. Sterkte in SA.

Leeukuil ·

Soos een van die Rooies se helde, Che Guevara, gesê het: ” Revolution is the only solution”. Hul leef dit uit. Die tyd is ryp om ons self met hand en tand te beveilig en dan daarby ook ons eie selfbeskikking op te eis. Si vis pacum, para bellum!

Izzy ·

EFF, ANC en al die sulkes wie se beginsels dieselfde is…..
*Kies vir julle universiteite, skole, ens ens ens en breek dit af, herbou, steek dit aan die brand of wat ookal julle daarmee wil doen.
*Vernoem julle universiteit na enige persoon, artikel, boom of planeet.
*Praat Engels, Xhosa, Tswana, Zoeloe, gebare-taal of skep ‘n taal waarmee julle tevrede is.
*Maak vir julle standbeelde van wie of wat julle ookal wil.
*Terwyl julle so aan die gang is…..skep sommer selferkende vakke soos klipgooi of watter vakke julle nie dink julle hoef eksamens in af te le nie.
*Gee beurse aan almal of beter nog, laat almal sommer toe sonder matrikulasie-vrystelling
‘an open door university’.

WANT……….selfs al is daar net 1 Afrikaanse skool of Universiteit oor sal julle NOOIT tevrede wees nie….. Vir een of ander rede voel julle baie bedreig deur Afrikaans.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.