Video en foto’s: Mej. SA gee die jawoord

Enrico Vermaak en Natasha Joubert (Foto: @bahamaburgundy_photo/Natasha Joubert/Instagram)

Natasha Joubert, Mej. Suid-Afrika 2023, het die jawoord aan Enrico Vermaak, haar kêrel van die afgelope agt jaar, gegee.

Joubert het ʼn video op sosiale media gedeel van die groot oomblik toe Vermaak op ʼn katamaran op een knie neergesak en haar om haar hand gevra het. Volgens ʼn inskrywing by die foto het die groot oomblik Vrydag plaasgevind, op die dag wat die paartjie al vir agt jaar en vyf maande in ʼn verhouding was.

“Ja vir vandag, more en elke dag daarna. Sakkie, ek is lief vir jou! Ek gaan jou vroutjie word! Kom ons trou,” het Joubert geskryf. Vermaak, ʼn projekbestuurder, en Joubert is al sedert matriek ʼn paartjie.

Dié donkerkop skoonheid is in Augustus as Mej. SA 2023 gekroon. Dit was die tweede keer dat sy die gesogte titel nagejaag het nadat sy in 2020 as die tweede naaswenner aangekondig is en haar land by die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig het.

Joubert, ʼn BCom-bemarkingsbestuurgegradueerde en eienaar en modeontwerper van Natalia Jefferys, het in Desember in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê dit is vir haar kernbelangrik om as ʼn Mej. Suid-Afrika plat op die aarde en opreg te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wondermaarnet ·

Baie geluk. Mag julle altyd gelukkig wees en mekaar respekteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.