Video en foto’s: ‘Mini-oorlog’ toe rowers op geldwa toesak  

(Foto: Anton Meijer/PretoriaFM)

Skote en ontploffings kon Donderdagaand gehoor word tydens ʼn transitorooftog naby die Watermeyer-afrit op die N4 in die ooste van Pretoria.

Volgens die Tshwane-nooddienste is sy lede omstreeks 21:15 na die toneel ontbied. By hul aankoms op die toneel is drie voertuie in ligte laaie aangetref. Een van die voertuie was ʼn geldwa.

Twee veiligheidswagte is tydens die voorval beseer.

Volgens die Emer-G-Med-nooddienste het die wagte skietwonde opgedoen. Een van die wagte was in ʼn kritieke toestand en is per helikopter na ʼn hospitaal vervoer. Die wagte het glo ook brandwonde opgedoen.

(Foto: Anton Meijer/PretoriaFM)

ʼn Ooggetuie het aan Maroela Media gesê die verdagtes het in drie voertuie van die toneel weggejaag in die rigting van Mamelodi.

In video’s van die voorval wat op sosiale media gedeel is, kan daar duidelik gehoor word hoe verskeie skote afgevuur word. Volgens inwoners het dit soos ʼn mini-oorlog geklink.

Die polisie het teen Vrydagoggend nog geen inligting oor die voorval bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jack ·

Ons het elke week nou een of twee transito rooftogte.Die rowers en misdadigers raak al hoe meer desperaat en hulle is geensins meer bekommerd oor Polisie of die waarde van ‘n lewe nie.Hy kom soos ‘n goed opgeleide soldaat met ‘n doelwit wat bereik moet word.Ons is regtig nou in ‘n absolute misdaad staat wat geen einde ken nie.

FrikkievV ·

Klink nie veel anders as by enige skietbaan, mense moet meer uitkom, en nie so maklik intimidasie ervaar nie.
Die element maak staat om vrees in te boesem, en jammer om dit te se maar die Polisie is nie opgewasse teen hulle nie.
Laastens as jy al in ‘n oorlog was sal jy weet die is niks in vergelyking met ‘n oorlog nie.

Lubbe ·

Ag ou FRIKKIE, wil jy nou groot mnr wees en vir almal vertel dat dit eintlik niks was nie. Ons hoef nie in sulke omstandighede te lewe nie, so dit is meer as reg om te skrik en bang te wees. Hoekom was jy dan nie daar om die rowers te vang nie?

Furds ·

Ek stem saam met Lubbe… Kan Frikkkkie dalk sy oorlog dae laat vaaaaaar…..Was seker n Recce….

SwartBees ·

Hy is nogsteeds n recce…..speel gereeld Rambo in sy tuin.

Bernard ·

Gelukkig was daar gisteroggend ‘n padblokkade in Solomon M!

Thelsa ·

Ons sal transito rooftogte in hierdie land ervaar solank as wat ons ADVERTEER dat ons geld vervoer. Groot voertuie met groot Logo’s skree aan die publiek: KOM ROOF MY EK VERVOER GELD. Is daar werklik geen ander oplossing nie.

VaalDonkie ·

Niks gaan rerig help nie. As die ouens ongemerkte voertuie begin gebruik, gaan die sindikate eenvoudig net die wagte omkoop om hulle in te lig waar en wanneer. Die enigste werklike oplossing is om die sindikate uit te wis.

ES ·

Die groot probleem is dat baie van hierdie “inside jobs” is. Die geldwa maatskappye volg nie spesifieke roetines nie, so dit is amper onmoontlik om te weet wanneer hul uitgaan om geld af te lewer of op te tel. Dit kan nie anders wees as inligting van binne die maatskappye nie.

Jacobus ·

Dit gaan nie help nie. Daar sal altyd binne informante wees.

Kokerboom ·

Rerig!!! Leer transito maatskappye nooit? Geldwa 21.15 op pad????

Manie ·

Die inligting moet van binne kom, transito rowers kan sekerlik nie heeldag die paaie patrolleer op soek na geldwaens nie.

Toy ·

Hulle moet die rowers met die geldwaens van die pad af ry, gebruik die wa want die rowers voel ‘n veer wat met die ouens in die waens gebeur, geldgierige goed. Daar sal ander plan gemaak moet word met die vervoer van geld, mens weet net nie wat nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Gaan lees gerus Daily Maverick van 17 Maart 2022 oor die massiewe skaal van roof van der miljoene liter Transnet brandstof uit die Transnet ondergrondse olie pyplyne. Skrikwekkend!

Die kriminele het die oorhand en is nie bang vir die SAPD en die SA kriminele regstelsel nie.

Jaco ·

Pak die geld in vullissakke en vervoer dit in ‘n gewone Hyundai Getz. Niks sal gebeur nie. Dis omdat geldwaens lyk soos wat hulle lyk dat hulle so gereeld en so maklik geteiken word.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Waarom nie militêr gepanserde voertuie met spoorstawe voor en agter, gewapen met masjiengewere, gebruik nie? In geval van ‘n aanval skiet jy die hel uit die kriminele en stamp hul voertuie plat.

Maggies ·

Sindikate is ongelukkig die grootste oorsaak van hierdie tipe rooftogte. As ons hulle net kón uitroei sou dit ‘n groot verskil aan misdaad in hierdie wêreld maak. Ongelukkig leef ons nou in ‘n tyd waar korrupsie en sindikate hooggety voer.

Kobus ·

Het op ‘n stadium gehoor dat die geld wat geroof word met kleurstof bevlek word en dus onbruikbaar is. Is dit so?

Jacobus ·

Die ANC regering sit agter hierdie rooftogte, hoekom is daar nie lankal n taakspan saamgestel om hierdie tipe terrorisme te ondersoek nie. Hierdie rowers is opgeleide ANC terroriste met aanvals gewere.

minnie muis ·

inside jobbie, nieamnd weet die roetes nie en dit wissel elke dag, hul moet begin om alle staff polygraph te laat doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.