[Video en foto’s] ‘Oorlog’ by Wits

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Skokgranate en rubberkoeëls is Dinsdagoggend op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) afgevuur nadat ʼn skermutseling tussen honderde betogende studente en die polisie gewelddadig geraak het.

Klasse sou Dinsdag by die universiteit se Braamfontein-kampus hervat word, maar die betogende studente het geweier dat dit gebeur. Hulle het weereens by klasse ingestorm, lesings ontwrig en studente wat klasse bygewoon het uit die klaskamers verwyder. Hulle het ook skoonmakers en ander werkers by die universiteit aangesê om te staak.

Sherona Patel, die woordvoerder van die universiteit, het ʼn beroep op studente en personeel gedoen om nie die klaskamers te verlaat nie, maar binne die geboue te bly totdat die polisie die situasie in bedwang kan bring.

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @OnJourneyOf_

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @OnJourneyOf_

Twee studente is tydens die skermutseling met die polisie in hegtenis geneem, voordat die polisie skokgranate begin afvuur het om die studente uitmekaar te jaag. Volgens die polisie is die studente in hegtenis geneem omdat hulle ʼn hofbevel verontagsaam het waarvolgens studente nie toegelaat word om in groepe van meer as 15 mense saam te drom nie.

Een van die studente wat in hegtenis geneem is, Busisiwe Seabe, is ʼn lid van die EFF-studentekommando en ʼn betogingsleier by Wits. Seabe het vir joernaliste vanuit die venster van die polisievangwa gesê sy is in hegtenis geneem omdat sy “te veel vrae gevra het”.

“Ek het die polisie gevra vir meer besonderhede van die student wat hulle eerste in hegtenis geneem het sodat ons sy familielede in kennis kan stel. Hulle het net gesê ek moet ophou vrae vra,” het sy gesê.

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Wits is verlede week gesluit nadat gewelddadige betogings deur studente wat gratis tersiêre onderrig eis die kampus tot stilstand gedwing het. Vrydag het 77% van studente in ʼn aanlyn peiling gestem dat lesings by die universiteit vandag hervat moet word. Daar het egter slegs 45% van al die Wits-studente aan die peiling deelgeneem.

Dali Mpofu, die EFF se voorsitter, het studente Dinsdag toegespreek en gesê hul stryd vir gratis onderrig is haalbaar. “Ek dra nie ʼn politiese hoed hier nie. Ons is hier as besorgde landsburgers en ouers. Ons doen ʼn beroep op almal wat luister, of jy ʼn voormalige student of ʼn ouer van ʼn student is, kom hiernatoe om te kom luister wat aangaan en moenie op die media staatmaak nie,” het Mpofu gesê.

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

“Dit is jou stryd en niemand moet toegelaat word om oor te neem nie. Ons sal jou nie oordeel nie. As die polisie ons kinders wil skiet, sal hulle ons eerste moet skiet.”

Ander mense wat ook opgedaag het om die betogende studente te ondersteun was Pumla Gqola, ʼn Wits-dosent, Siphiwe Dana, ʼn bekende Afro-popsanger, en nog akademiese personeel van die universiteit.

Mcebo Dlamini, die voormalige studenteraadvoorsitter van Wits, het belowe dat hulle nie hul eis vir gratis onderrig sal laat vaar nie – die betogings sal ook nie ophou voordat daar aan hul eis gehoor gegee word nie.

“Comrades, ons is reeds besig met ʼn interdik om die universiteit te verhoed om die koshuise te sluit. Die struggle duur voort. Hierdie instansie sal heeltemal tot stilstand kom,” het Dlamini gesê.

Yusuf Abramjee het hierdie video wat Dinsdag op die Wits-kampus geneem is op Twitter gedeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Rynhardt ·

E-TV het sopas gewys dat Wits soos n oorlogsone lyk! Daai studente wil nie leer nie! Jy kan duidelik die “mob” mentaliteit sien.Ek wil graag van die polities korrekte ekonome en kommentators verneem.Watter belegger gaan bele in n onstabiele land wat al hoe meer ontaard in chaos??

Riana71 ·

Miskien moet die universiteite gaan kyk na die betogende studente se “punte”. Dalk, wie weet, sou die stakendes in elk geval nie die akademiese jaar geslaag het nie. Wat my regtig bekommerd is dat akademiese personeel van die universiteit die betogers “ondersteun” het. Regtig?

Jaques ·

Riana71,

Ek het hoeka vanoggend vir my kolega dieselfde gese, hulle is mos gewoont gemaak dat op skool hulle net deurgesit word as hulle nie deurkom nie, so hulle wil dit nou ook so he.

Ali ·

Sjoe ja en dis die mense waaronder ons eendag sal moet werk en ons land moet lei… dis ons belasting geld wat so gemors word. Ek kan nie eens n ordemdelike kar koop nie maar hul draai n R500000 se SAPS voertuig op sy tesame met miljoene rande se ander skade sover. En dit is reg????? As ek miljoene gehad get sou ek verseker nie in SA bele het nie. Watse voorbeeld stel ons???? Dit is belaglik seriouslly!!!!!!

Johanna Botha ·

Genadendal hier kom dit nou Blade ! Net wat julle voor gevra het met julle lee beloftes …dankie Zuma !

Wessie ·

Nee wat dit het tyd geraak dat anargiste vasgevat word met dieselfde geweld as waarmee hulle geweld pleeg. Indien jy so optree moet jy mos nie bang wees vir seerkry nie. Vuur met vuur boetie.

Rika Maree ·

Ek is ‘n baie bekommerde ouer, my seun is op Tukkies ons het studie lenings aangegaan om hom universiteit toe te kan stuur. Hy is tans in sy derde jaar, wat gaan gebeur as hulle nie gaan kan eksamen skryf nie, gaan die Universiteit ons verged vir die jaar of gaan hulle die jaar se studie verloor. Baie onseker wat gaan gebeur.

Johann ·

Rika, ‘n vriend van ons se kind is eerste jaar op Tuks ook met ‘n lening, as die studies die jaar gestop word is R80,000 in die drein af, plus woonstelhuur, plus sakgeld, plus, plus, plus, en dan ander gelde vir elke keer se huistoe ry as die universiteit gedwing word om te sluit. In totaal praat ons van heelwat oor die R150,000.

Liza ·

Ek sou presies dieselfde gevoel het Rika! My kind nou in graad 11 en wil vreeslik graag gaan studeer maar ek eet eerder pap en tik en stuur haar om oorsee te gaan swot!

David Maree ·

Ek het 2 seuns op UJ in hulle finale jaar en het vanoggend met ‘n Prokureer gesels en hy reken die universiteit is hoogstens net vir die klasgelde vir die vakke wat geraak word verantwoordelik! Wat van die rente op die studie lenings, die verblyf, akkomodasie, vervoer ens. Ons sit hier met ‘n groter probleem as wat ons dink.

Ronel ·

Rika, my seun ook 2e jaar Tuks. Selfde situasie. Berei tans voor vir Ingenieursweek, vlg week, maar weet nie eens of dit gaan gebeur nie!!

Ek haal my hoed af vir die paar brawe ( sekerlik gatvo) polisiemanne by Wits

Nico ·

Liza, University of Saskatchewan vra tussen $15 500 (iets soos BA of BSc ens) en $22 000 (ingineurswese). Hulle vra baie meer vir buitelanders as eie burgers. Hier is tog baie buitelandse studente chinese, indiers en van Afrika. Weet nie wat dit in ander lande kos nie.

danie ·

Hier in suid afrika, is baie privaat universiteite. My dogter doen bcom reg, en dan llb. R80000.00 tot R 100000.00 .

Ken ·

ABSOLUUT pateties!! Betogende geweldenaars, dis al wat hulle is. En die groter probleem in SA is hierdie “right to have everything for free” mentaliteit/kultuur wat gekweek is…. Die ding moet vinnig in die bek geruk word, dalk selfs te laat al……. En dis nou “mense” wat eendag in diens geneem moet word……. Ek sidder om te dink.

Veritas ·

Daar bestaan nie iets soos gratis onderrig nie. Iemand moet daarvoor betaal en daardie ‘iemand’ is die belastingbetaler. Die groot probleem is dat toelatingsvereistes tot universiteite, so laag is dat elke Jan Rap en sy dronk maat kan inskryf. Jammer om dit te sê, maar vandag se jeug het dit te maklik. Hulle word grootgemaak asof hulle jong volwassenes is maar tree nog op soos kleuters. Daar is geen respek vir wet en orde nie, om van selfrespek nie eers te praat nie. Ek glo ook gladnie dat slegs ‘n klein persentasie studente, verantwoordelik is vir die chaos nie. Indien wel, is die res ook maar slapjanne deurdat hulle toelaat dat ‘n handjievol robbies, hulle lewens ontwrig. My raad is dat ‘n klompie belhamels voor ‘n hof gedaag word en voorbeelde van gemaak word. Suid-Afrika het beslis nou een van die wêreld se muishond-lande geword.

Grassie ·

Ek stem saam met Riana hier bo. Ek glo nie een student wat deur die jaar hard gewerk het en ‘n goeie kans staan om die jaar te slaag sal nou hier teen die die einde van die jaar alles oorboord gooi en die jaar afskryf nie. Iemand het tog vir daardie student se studies betaal en daardie iemand gaan nie tevrede wees met die feit dat dit ‘n vrugtelose uitgawe was nie. Die feit dat ongeveer 99% van die oproermakers swart is – net so hier en daar ‘n verloopte witte – plaas ook ‘n groot vraagteken oor die toelatingsbeleid van die universiteite. Ek glo baie persone wat nie universiteitsmateriaal is nie word toegelaat om polities korrek te wees. Wat my die hoenders in maak is die skade wat hul optrede doen aan die pligsgetroue studente wie se ouers moet raap en skraap om die finansiële verpligtinge na te kom.

Tania ·

Wonder hoeveel van die betogers is wel ingeskrewe studente. Wat het hulle om te verloor?

tom ·

Volgende wat gaan gebeur hulle gaan na die skole op ruk kyk maar

Michael Dyer ·

Mense wat op Universiteit is behoort genoeg “brains” te he om te sien watter onomkeerbare skade daar gedoen word. Die studente wat wil leer moet nou opstaan en die stakende gemors aanvat. My hart gaan uit na die ouers en die studente wat lenings het om terug te betaal, ons banke sal nie dit aavaar as jy se, “ek was besig met n strugle” en daarom gaan ek nie kan terug betaal nie. Genadiglik is my dogter op n break jaar en stuur en haar eeder oorsee om te studeer en leef ek van water en rys voordat ek so iets moet aanskou.
WAT N SKANDE OP N SOGENAAMDE MEER INTILEGENTE MENS.
SIES MAN.

koos ·

Grassie ek stem saam ek sukkel my g@t af vir studie geld my kind probeer na ure werk om te help en als gaan verlore. Ek dink nogal Marianne het die oplossing net jammer die owerhede wil nie optree teen die terroriste nie want hulle is ook mos maar nog steeds terroriste wil als breek wat die blankes op gebou het.Hulle sal dit ongelukkig nooit weer kan herbou soos dit voorheen was nie.Ons stuur al hoe meer na Zimbabwe se koers toe.Die enigste is maar om te probeer vir ‘n staat op ons eie waar jy nie die terroris regering oor jou het nie.

Grassie ·

Koos – ons gesin het ook deur so ‘n proses gegaan. Ons het ses jaar lank geraap en geskraap om by te bly. Ons seun het naweke en vakansies selfs in ‘n kroeg gewerk om te help – gelukkig drink hy gladnie. Hy is vandag ‘n baie suksesvolle beroepsman. So, vasbyt vriend, op die ou end is alles die moeite werd.

broos ·

weet jou ma jy gedra jou soos ‘n hooligan??? ek kan nie glo dat enige ouer trots op sy kind kan wees wanneer hulle so te kere gaan nie nie. ek skaam my morsdood as dit my kind was.

Liza ·

Ja nee as dit my kind was sou sy ‘n paar dae nie kon sit nie! maar ongelukkig is daar meer gehoorsame ouers as kinders deesdae!

ZeeBee ·

ek kry nie die video oop waarna verwys word nie? is dit verwyder ?

Landi Slatter ·

Dagsê ZeeBee

Ek kan bevestig die video is definitief onderaan die berig. Dit wil voorkom of die video ongelukkig nie op sommige slimfone wys nie.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

sj ·

Ek het die direkte uitsending van e-news gekyk. Studente leier sy “comrades”aanbeveel om saps met klippe te gooi en sowaar vuis in die lug geskreeu KILL THE BOER,KILL THE FARMER. Wat de dnr het die boer,farmer, met dit te doen,hul eie regering stel die perke. Ns: met terugvoering vanuit ateljee is van alles verslag gedoen behalwe van dit

fh ·

Ek merk hulle vra vir 50% van die regering, dan 30% van besighede en 20% van studente. Waar dink hulle kry die regering geld vandaan? Hulle vra dan 80% vanaf belastingbetalers en besighede wat in alle geval belasting betaal. Is daar nie ‘n student wat ekonomie probeer studeer nie? My voorstel is – subsidueer slegs die eerste jaar. As jy druip is jy uit of moet vol betaal. Dan kan mens werk met studente vanaf die tweede jaar.

D ·

….se gat…..my huis sukkel self om vir ons eie kind te betaal, maar jy doen dit want jy as ouer het hierdie kind in die lewe gebring (nie iemand anders nie) ….dit is dus jou ouerlike verandwoordelikheid om vir jou eie kinders te begroot of te betaal. As daar dus nie geld vir studies is nie, is dit nie die einde van die wereld nie…dit kan deeltyds gedoen word …….vir iemand wat honger is sal ek met graagte kos gee, maar ek betaal nie vir ‘n ander se studiegeld wat jou nog beledig ook omdat jy wit is terwyl hy/sy aandring dat hulle studiegeld deur jou betaal moet word.

Rica ·

Niks vir niks en bitter min vir ‘n tiekie. Niks in hierdie wereld is verniet nie. As jy nie betaal vir wat jy wil he nie, moet iemand anders daarvoor betaal. Ja, selfs vir ‘n glas water, die servet by die restaurant, die potlood wat jy wegdra van die skool of jou werk. Daar is hopeloos te veel “studente” wat universiteitsklasse wil bywoon om kastig ‘n hoogs betaalde beroep te kan volg en ek glo die groot meerderheid sal nooit eksamens slaag of, sou hulle ‘n hoe pos kry, nie die vermoe sal he om die taak te kan verrig nie. Kan gewone skool geletterdheid nie gratis wees nie eerder as gratis verdere opleiding? As almal in hierdie land ten minste ‘n gehalte matrieksertifikaat kan behaal, sal dit soveel beter met ons land gaan en almal minstens ‘n kans bied om werk te kan kry om selfonderhoudend te wees. Enige studie verder as matriek moet uit eie fondse geskied en is dit vir jou onbekostigbaar, “welcome to the club!”. Die norm van R600,000 per jaar verdienste as afsny punt om as ‘arm’ student geklassifiseer te word slaan my stom! Wat van die meerderheid, veral blanke studente, wie se pa en ma saam minder as R300,000 per jaar verdien? Dit is regtig so, ek ken ‘n hele klomp sulke ouers. Universiteitsopleiding moet beskikbaar wees aan slegs die top matrikulante wat met ouers of eie geld of studie beurse toegelaat word.

Danie ·

Hoekom hulle nie los dat hulle alles tot in die grond in verwoes nie…dit is wat hulle wil he…dan kan ons mos van daaraf sien waar gaan hulle leer……dan kan hulle mos “free education” kry van hulself af……

James ·

Ek sal graag wil weet hoeveel van die studente is van die buurstate

Liewe heksie ·

Ek het ook die sottery op TV gevolg ek het nie geweet of ek moet lag of huil nie koue rillings het deur my hele lyf gegaan ek het nie woorde nie en ek verstaan meer as helfte van hulle is nie eers studente nie genade Vader help want ons kan nie

Aitoggie ·

Hulle gaan seker op die oudeinde die bietjie wat oor is ook brand en nogmaals toi toi, sodat hul deurgesit moet word, omdat dit nie hulle skuld is oor wat gebeur het nie. Ek dink die buiteland hou saans hulle tvs dop vir die nuus oor Sirkus SA

Stephen ·

Gratis opleiding . Iemand moet daarvoor betaal. Sit BTW met 5% op sodat almal daarvoor betaal en nie net die sg “ryk wittes “nie

Lance ·

Die mense beledig mens en is operste rasiste met wat hulle skreeu …maar my en jou belastinggeld moet gaan na so n ou om vir hom te betaal ….ondankbare onopgevoede sotte

Jef ·

Ek wil maar net se dat ek weet hoe dit in SA aan toe gaan betreffende skole en universiteite maar in Europa het ek ook alles gesien en gehoor, kinders wat op laerskool sit het geen respek vir hul onderwysers nie daar word op hulle gespoeg en word uitgeskel dan gaan hulle hogeskool toe en daar word dit maar net erger, al verskil is hulle brand nie skole en universiteite af nie.

john samuel ·

Universiteite in Suid Afrika: waar jy ‘n kriminele record en graad sommer so saam-saam vang…..

En na jy jou “gratis graad” ontvang het gaan jy weer moet staak want daai rekord verhinder jou van n werkie…. behalwe as jy n anc-parlements pos wil hê, dan is kriminele rekord minimum vereiste.

doris ·

Wat n klomp maaksels. Soos hyenas. Sal nooit werk kry nie. Die Universiteite het mos die betogers geloof dat hulle opstaan vir hulle regte. Fees must fall anti Afrikaans anti S A standbeelde ens ens. En nou? Nou sit hulle met die gemors wat hulle gekweek het. Veral Price wat so trots op was op seun wat saam betoog het. Kry vir jou Price kry vir jou. Gee ook jou seun n klop op die skouer. Jy kan nie met “mense” sonder mentaliteit onderhandel nie want hulle kom terug en byt jou aan die hakskeen

Pieter ·

Indie laat jare 70/80 het die staat en maatskappy opleiding verskaf , dan het jy vir 3 jaar teruggewerk. Daar was ook 2 jaar diensplig. Alles ie egter gestop en al wat oorbly is universiteite. Ouers gebruik studie lenings en raap en skraap vir gelde. Skole intussen vat ook meer as hul pond vleis. 3 kinders op skool kan jou maklik R 30 000 tot R40 000 uit die sak jaag uitsluitend sport, na-skool sentrums ens. As die studente vir gratis opleiding skreeu wat van gratis skool opleiding ?

Gideon ·

Ek weet baie mense is verantwoordelik vir die chaos, en nou is almal stil!!
Die wiel draai, ek het geweet dit is ons voorland!! Kyk maar wie dans so rond!!
Waar is FW nou? Waar is die klomp Hollanders, en Swede? Waar is die slim ekonome? Waar is kopdoek, Max, Adam en Jansen? Waar is ou Vlok, en Tutu?
Hierdie eens wonderlike land wat werk kon gee, kos kon gee is besig om terug te gly, vinniger as wat enige slim politikus kan keer!!

Verkyker ·

Daar is bitter min SA nuus op TV of radio in NZ, so asof SA toestande nie belangrik is nie. Ek vind die toedrag van sake vreemd, of is dit omdat die buitewereld juis dit so wou hê?

Johann ·

Groot probleem, daar is hordes ‘studente’ wat nie daar hoort nie. Mense wat nie bevoeg is om te studeer nie, dit is vir hulle uitkoms om te oorlewe, of dan ‘n beter lewe te ervaar as die haaglike omstandighede waarvandaan hulle kom.

Hierdie is ‘n gemors waarvan die land nie gaan ontsnap nie, dit ten koste van die verre oorgrote meerderheid wat net wil swot om, as hul klaar graad gevang het, tot die arbeidsmark toe te tree. Ek is egter bevrees, baie, baie van die studente, veral die wat dit sal kan bekostig, gaan nou nie lank na hul graad gevang het nie, oorsee begin kyk vir werk. Hul oë het met die chaos, en dit waaraan hulle blootgestel was, oopgegaan, daardie barbaarsheid sal by hulle bybly. Die onkapabilheid van die universiteit, die regering en die wetstoepassers.

Die land gaan na die onluste tydelik verby is, nie ‘n beter plek wees as ‘n jaar gelede nie, verseker nie, nee die mense het nou gesien wat vermag kan word, en ‘n volgende keer, gaan die ontlading en om ‘n oproer te begin, as jy nie met iets tevrede is nie, soveel makliker wees. Die mense gaan nie verdwyn nie.

John ·

Presies. Die buiteland wil die euforia laat voortleef en is ook bang die Afrika-koorsiekte waai oor daarheen. Ons moet onthou banke sal nie graag hierdie inkomste uit lenings wil prysgee nie. Dis groot geld wat uit betalende studente gemaak word, veral sou almal nie meer klasgelde betaal nie. Hulle sit aan die eenkant en panic en is beslis ook besig met insette by die onderhandelinge. Rentekoerse is hoog in ons land. Lekker geld uit studente…

Jaycee ·

Hierdie gemors by universiteite kom nou al lang pad. Vir my beteken dit een ding en dit dat die regering beheer verloor het om wet en orde te handhaaf. Demokrasie beteken nie om burgerlikes goedsmoeds dood te skiet nie maar ook nie om Gods water oor Gods akker te laat loop nie. ‘n Werkbare demokrasie vereis ‘n dat ‘n regering die vermoe het om met die nodige insig en kennis ‘n ordelike samelewing te kan handhaaf EN waar landsburgers die vertroue het dat die regering bekwaam genoeg is om uitvoering daaraan te gee. Die ANC-regering voldoen nie aan hierdie vereistes nie en die gevolg is presies wat nou gebeur: SA is besig om op verskeie fronte uit te rafel en hierdie proses word nou versnel omdat die basis waarop die toekoms van ons land berus, naamlik opvoeding en onderwys, besig is om op te breek. Niks goeds kan van hierdie anargie kom nie.

sarie van heerden ·

Ek het nie genoegsame inligting nie maar wil die ouers van toekomstige studente nie uitvind van die nuwe universiteit wat opgerig is/word deur Afriforum of Solidariteit nie. Stuur julle kinders daarheen want dit waarheen ONS ons kinders gestuur het word afgebreek/afgebrand deur siele wat geen bydrae gelewer het om dit in stand te hou of op te rig nie. Ons moet ons eie mense ondersteun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.