[Video en foto’s] Opposisie verenig teen Zuma

Foto: Maroela Media

Duisende mense het Woensdag vanaf Kerkplein na die Uniegebou opgeruk en geëis dat pres. Jacob Zuma moet bedank.

Verteenwoordigers van verskeie politieke partye het by dié protesoptog aangesluit. Die Nasionale Dag van Aksie is deur ’n groot groep opposisiepartye gereël, onder meer die EFF, die DA, UDM, ACDP, IFP en Cope.

Die optog het vreedsaam geskied en optoggangers is by Kerkplein en die Uniegebou toegespreek. Julius Malema, leier van die EFF, het aan optoggangers gesê die optog is magsvertoon.

“Alle politieke partye het saamgekom om een boodskap te stuur. Zuma moet waai. Hoe gouer hy gaan, hoe beter, want die land moet ekonomies herstel. Ons is lief vir Suid-Afrika en vandag stap ons hand aan hand met ander partye.”

Phumzille van Damme, nasionale woordvoerder van die DA, het gesê opposisiepartye het hul verskille opsy geskuif ter wille van Suid-Afrika. “Ons voel geëerd om vandag saam met ander partye hier te wees. Zuma moet gaan.”

Themba Godi, leier van die ACP, het gesê duisende mense het opgedaag omdat hulle keelvol is vir Zuma. “Ons is hier om te sê genoeg is genoeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annoniem ·

Die boodskap wat die publiek vir zuma het is dat hy moet bedank en hul Sal nie ophou protesteer todat hy bedank nie,die aancee is volgende omdat hul nie suid afrika eerste stel nie.Ek bid net dat die Hof die regte besluit Sal neem oor die geheime stemming

Fabian Daniels ·

Die mense is rooi!…..dus rasisties…lmk…kan nie wag vir die anc se terugkap!

Carin Pretorius ·

Wonderlik dat ons vir een keer verby RAS kon kyk?

John ·

En Zuma praat op sy verjaarsdag net Zoeloe vir… Zoeloes? Ons dog Engels is ons landstaal en hy is die president van die reenboognasie… En beswadder almal behalwe sy eie groepie en sweep hulle op. Die Vroueliga sit oopmond en luister na hul geliefde… en antie Z is ook daar… wagtend op die troon.

CLR ·

Het nog nooit so n erge rassis gesien wat so kan nonsens praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.