Video en foto’s: Reuse-optog ná Normandien-plaasmoord

‘n Reuse optog is gereël ná die moord op Glen en Vida Rafferty. (Foto: Verskaf)

Talle lede van die publiek het die afgelope naweek met ’n optog teen plaasaanvalle en -moorde hulde aan die bekende egpaar Glen en Vida Rafferty gebring. Die Rafferty’s is verlede naweek op hul plaas in die omgewing van Normandien naby Newcastle koelbloedig vermoor.

Laurie Bosman, Vryheidsfront Plus-raadslid, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê ’n begrafnisdiens is Saterdagoggend vir die Rafferty’s by die Normandien-veilingkrale gehou.

Talle lede van die gemeenskap het terselfdertyd in Newcastle saamgetrek waar hulle eers deur die dorp se strate gery het voordat hulle ’n roete verby die egpaar se plaas, sowat 50 km buite Newcastle, tot terug in dié dorp gery het.

‘n Reuse optog is gereël ná die moord op Glen en Vida Rafferty. (Foto: Verskaf)

Sowat ’n duisend wit kruise is vir etlike kilometer op dié roete weerskante van die pad aangebring. ’n Groot banier is aan die einde van die roete oor die pad aangebring met die woorde: “President Ramaphosa, hoeveel meer moet nog sterf?”

Volgens Bosman het ’n stoet van sowat 2 000 voertuie, vragmotors, trekkers en stropers ure lank buffer aan buffer op dié roete gery as deel van die optog teen plaasaanvalle en -moorde en as ʼn huldeblyk aan die Rafferty’s. Vliegtuie en helikopters is ook ingespan vir die optog wat die gemeenskap gereël het.

“Die optog het feitlik die hele dag geduur.”

Glen en Vida Rafferty (Foto: Facebook)

Dít volg presies ’n week ná die plaasmoord wat die gemeenskap geruk het.

Maroela Media het vroeër berig die 63-jarige Glen en sy vrou, Vida (60), se liggame is verlede Sondagoggend vroeg buite hul plaashuis aangetref. Die egpaar is Saterdagaand koelbloedig doodgeskiet nadat hulle van Newcastle tuisgekom het. Een van hulle honde is ook tydens die aanval doodgeskiet.

Die aanvallers het ná die voorval in die egpaar se voertuig op die vlug geslaan. Die voertuig is later verlate gevind.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moorde nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Persheks Adri ·

En Cyril bly dood stil oor plaasmoorde! 1 moord was al te veel ons is moeg gesê genoeg is genoeg! Hoop hulle onthou wie verskaf kos aan ons almal

Mallie ·

Mnr Ramaposa, ons as burgers van die land is nou mooi gatvol en begin dink dat daar teen jou en al die anc, eff ens. se families opgetree moet word. Doen aan hulle wat aan ons boere gedoen word en dan kyk ons of julle dan sal begin reageer.

Kokerboom ·

Dis so ongelooflik om te sien. Mag GOD ons land seën en die euwel uitroei!!!

Misky ·

Dis tye soos die en as ek die video kyk, wat my ekstra trots maak en knop in die keel kry om n SA’ner te wees. Dankie dat ons saamstaan en almal wat betrokke was

Jacobus ·

Die resultaat van bliksoldatjie ongestrafde dreigemente en ‘n regering wat toesien hoe hulp aan weerloses geplunder word. Silril en kie. Julle skaats op baie dun ys.

Werner ·

As ons vir ou Cyril moet wag gaan hulle ons uitroei hy het nie n saak met hoeveel nog nie

Andre ·

As dit by hoeveel nog kom, dan is Cyril meer gepla oor sy finansies as die boere wat vermoor word!

Genis ·

Cyril jou pateet jou dae is getel ou seun..jy en jou skelm kaders! Dis tyd vir n opstanding! Dis tyd dat julle vir volksmoord aangekla moet word! Jy en jou vraatjie wat VBS so geplunder het..Genoeg is genoeg!

Wielspore ·

Wat die huidige situasie vreemd en anders maak is dat voor die 1994 verkiesing dieselfde area, naamlik Noord Natal en tot so vêr as Standerton ook ge-teister was deur aanvalle teen boere toe myne geplant was op die plaas paaie. Families is uitgewis in hierdie aanvalle. Vandag het Suid Afrika ‘n demokratiese regering en aanvalle teen boere vind nog steeds verander. Dit is weereens ‘n bewys dat die aanvalle ras gebasseer is. Dit het tyd geword dat CR ‘n hou op sy neus kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.