Video en foto’s: Rugbywêreldbeker in Kaapstad verwelkom

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Kyk gerus na die video van die eerste skoot onderaan die berig. Die rugbywêreldbeker Webb Ellis-trofee is Woensdagoggend met ʼn 21 geweer-saluut in Kaapstad begroet.

Dit is die vyfde been van dié bekende trofee se wêreldtoer. Die beker is Maandag in Pretoria en Johannesburg uitgestal en sal Woensdag en Donderdag in Kaapstad wees.

Die trofee het reeds Madagascar, Fidji, Australië en Japan besoek.

Die trofee het Woensdagoggend omstreeks 07:45 in Kaapstad se hawe by die V&A Waterfront aangekom aan boord die HMS Iron Duke. Die skip het met ʼn 21 geweer-saluut haar eer aan Suid-Afrika betoon en die Suid-Afrikaanse Vloot het op sy beurt die skip met ʼn 21 geweer-saluut van Seinheuwel af begroet.

Die Webb Ellis-beker word aan wenners van die rugbywêreldbeker oorhandig en is vernoem na William Webb Ellis.

‘n Video van die eerste skoot volg onderaan die foto-album.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adam Willemse ·

‘n “Gun” in Engels is, of ‘n pistool of rewolwer , ‘n geweer of ‘n kanon. In hierdie geval is dit ‘n kanon.

Mac ·

So was ek laasnag heelnag wakker, tot ongeveer 28 minute voor sewe vanoggend, agv diabetiese toestand, a-ritmiese hart, ens. Toe het ek skynbaar aan die slaap geraak min of mer REG ONDER die seinkanon en nie een van die 21 skote gehoor nie! (My bloeddrukmedikasie of wat ookal my hartklop moet help reguleer, wat ek soggens neem, maak my soms ook baie lomerig.)

Die hele dag fynkam ek die media en wie rapporteer die gebeure? Maroela Media! Volpunte! Die res van die Kaap swyg net oor die vreemdsoortige gebeure. Slegs een persoon het laat weet dat sy dit waargeneem het, op my aanbeveling nogal. Teenstrydige mediaberigte het aangedui dat dit eers om 10h30 sou plaasvind. Kry die Kaapse media dalk die nuus te laat? Slaap hulle net so vas soos ek?

Indien ek geweet het dat dit 7h30 sou plaasvind, het ek vooraf my wekker gestel.

Ons is die kanon so gewoon dat dit ons net Sondae om twaalfuur laat skrik omdat dit dan NIE afgaan nie. :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.