[Video en foto’s] Skade, beserings ná tornado in Gauteng

Die tornado in Kempton Park op 26 Julie 2016 Foto: @emilevanrooyen2, Twitter

Die tornado in Kempton Park op 26 Julie 2016 Foto: @emilevanrooyen2, Twitter

ʼn Winkelsentrum se dak het ineengestort en minstens 11 persone is glo beseer ná ʼn tornado Gauteng Dinsdagmiddag getref het.

Verskeie persone is beseer na die dak by Phumulani Mall in Tembisa ineengestort het. Daar is nog nie enige berigte ontvang van persone wat noodlottig beseer is nie.

Emer-G-Med het op Twitter gesê daar is steeds persone vasgekeer onder die puin en die reddingswerk het reeds begin.

Gebruikers op sosiale media het ook foto’s opgelaai van groot haelstene in Midrand.

Die tornado was van die R21, OR Tambo Internasionale Lughawe en Midrand te sien.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik vir erge donderstorms in Pretoria, Johannesburg en Krugersdorp tot 18:00. Volgens die weerdiens kan inwoners nog groot haelstene en swaar reën te wagte wees.

Maroela Media het vroeër berig oor ‘n tornado in Magaliesburg. Lees meer.

ʼn Leser het die volgende video aan Maroela Media verskaf. Dit is in Kempton Park geneem:

[wpvideo 6smtItbA]

Video deur Juan-Marie Prinsloo aan Maroela Media verskaf:

[wpvideo WQDiCLi6]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wilma Potgieter ·

God is in beheer. Tyd dat almal op aarde dit besef.

snoefie ·

eerder tyd om na God terug te keer Wilma. sy gebooie te onderhou.

Jay ·

So vir wie was hy hierdie keer kwaad gewees toe hy besluit het om ‘n tornado op die mall af te stuur ?

N ·

Die Bybel waarsku teen hierdie tiepe ding…Tekens van die tye.

Johann Marx ·

Dakbouer vir 22 jaar. Nog nooit in my lewe sulke weerspatrone gesien of beleef nie. Let ook op….ons is omtrent ‘n maand uit met die seisoene. Winterkoue daag nou eers op in laat Julie, Augustus se winde waai in September, somerreën val eers laat in Desember…22 jaar terug het ek op ‘n projek heel eerste my hemp uitgetrek en dan gewerk, deesdae brand die son jou fisies seer dat jy skaduwee soek.

danie ·

Dit gebeur maar elke paar honderd jaar dan draai die seisoene bietjie rond, het al voorheen ook gebeur, sal ook weer gebeur. Niks on natuurlik nie.

charlene ·

Danie en jy sal dit met sekerheid kan sê – ek meen jy was so paar 100 jaar terug ook hier, Nè.
Dis is seker omdat die einde nader kom – maar ons gaan nie kan sê wanneer nie, maak nie saak hoeveel tekens daar is nie. Maar dit ook omdat mense niks kan oppas nie, hulle verniel alles wat hulle het, ALLES kan nie eens die enigste aande wat daar is oppas nie!

Joann ·

Se weer,mens wik God beskik. Ek weet van tornado,paar jaar terug een beleef,dit is erg.

Babbelbek ·

Ek stem saam met N tekens van die tye die Here se koms is nader as wat die mens besef!

Sê maar net ·

Ek bly in Kempton, en daardie Tornado was baie naby aan ons gewees. Dankie Here dat hy ons gemis het en my kind wat by die skool se naskool was. Die verkeer was stadig op die R21 gistermiddag en dit het regtig hard gereen en gehael. My kind was bang die skool verspoel, Daai verligting op sy gesiggie toe ek hom oplaai was onbeskryflik. Ek sê weer, dankie Here dat dit ons gemis het, en dat dit nie so naby was waar my man en my kind was nie en hulle seergekry het nie,

charlene ·

Dis aaklig, ons mense hier ken nie die soort weer nie, ons ken nie tornado’s nie. Dis vreeslik dat die mense daardeur moes gaan en die kinders, ek lees van so baie kinders wat nog by die naskool was want mamma en pappa werk en die verkeer is so erg dat hulle net nie, gou genoeg by die skool kan kom nie. Ek hoop en bid almal word gou gered wat nog vas gekeur is en dat daar geen noodlottige beserings is nie. Hopenlik was gestir die laaste van die aaklige weer.

Christell ·

Die grootste stres het my oorval om te weet dat ‘n tornado oppad was Delmas toe gisteraand.Die tornado was ‘n paar kilometer weg,toe verander hy rigting en waai Secunda se kant toe.Met al die videos,lei ek af dat al die skade van plekke deur een tornado kan wees.

Hannah ·

Wag maar: spoedig sal onse president dit seker ook op “apartheid” blameer… Dankie tog niemand is dood nie! Altyd iets om voor dankbaar te wees.

Ina ·

Lees die tekens mense en lees gerus Openbaring en sien hoe naby die koms van die Here is! Moenie een wees wat sal se”berge val op my en heuwels bedek my” nie! Wees gereed!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.