Studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het Vrydag aan ʼn “motorbetoging” deelgeneem waartydens hulle onder meer die behoud van die Puk-handelsmerk geëis het.
Die betoging is gehou in reaksie op Dinsdag se massavergadering waartydens prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, studente toegespreek het. Die vergadering is deur die Puk-studenteraad gereël. Tydens die vergadering is daar onder meer gepraat oor Afrikaans as onderrigtaal en die Puk-handelsmerk.
Die betoging is glo deur koshuisstudente gereël en minstens 25 motors het deel daarvan uitgemaak. Die studente het onder meer plakkate vertoon wat eis dat die Puk-handelsnaam behou moet word. Een van die studente het gesê hy het aan die optog deelgeneem aangesien hy voel dit is een van die laaste Afrikaanse universiteite in die land en dat Afrikaanse onderrig beskerm moet word.
Die video is deur PUKfm geneem:
[wpvideo iJlFrCml]
Ons was Saterdag 9 Mei by die PUK se oopdag. Wat ‘n wonderlike dag op ‘n wonderlike plek.
Die PUK het so ‘n groot afrikanertradisie……hoekom moet Kgwadi dit nekomdraai. Daar is al genoeg engelse Universiteite! Los nou een universiteit met ongelooflike karakter vir Afrikaans. Die gees was fantasties…..en die gees wat in afrikaans. Dit is die rede waarom so baie studente PUK toe kom. As iemand op ‘n engelse kampus wil wees….daar is meer as genoeg om uit te kies. Mag die Here ons kampus bewaar vir ons kinders en ons nageslag!
Stem saam met Martie, Mag die Here om kampus bewaar vir my seun se nageslag. Hy is nou ‘n 5de jaar student en ek weet hy en medestudent oud en nuut voel so. Was vir hom tot nou ‘n hoogte punt en wat hulle almal aanstaan is die waarde stelsel en beginsels. Kyk om ons die land verval omdat dit nie meer daar is nie. Aan al ons ouers bid saam vir PUK ons weet moes waar ons krag vandan kom.