[Video en foto’s] Tornado in Belfast

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Tornado in Belfast, Mpumalanga, het Donderdag groot skade aangerig.

Jan de Wet (45) bly al 25 jaar lank in Belfast en het aan Maroela Media gesê hy het Donderdag net ná 17:00 ʼn vreemde geluid gehoor waarna hy na buite is en die tornado gesien het. “Daar was verwoesting. Die tornado het deur die Belfast-treinstasie beweeg. Huise is beskadig, ’n hyskraan is omgewaai en mense is in vragmotors vasgekeer weens bome wat ontwortel het.”

Volgens De Wet is sy huis sowat 200 m van waar die tornado begin het. “Dit was seker nie langer as ʼn halfminuut tot die tornado sowat 700 m verder uitgewoed het nie. Die pad van verwoesting was seker so 500 m lank. Ek kon nie glo dit het so vinnig gekom en gegaan nie.”

De Wet het gesê verskeie huise se sinkdakke het afgewaai en in sy erf te lande gekom. “Daar was vier vragmotors asook voertuie wat beskadig is. Een van die vragmotorbestuurders was in die vragmotor vasgepen en ons moes hom help verwyder. Die brandweer en ambulanse was so vyf minute later op die toneel en het hom na ʼn hospitaal vervoer.”

Volgens De Wet is daar groot skade aangerig in die gebied rondom die treinstasie. “Die pomphuise en watertenks is vernietig en ons sit sedertdien sonder water.”

ʼn Beampte verbonde aan die Emakhazeni-munisipaliteit verantwoordelik vir openbare veiligheid het die voorval aan Maroela Media bevestig. Die beampte het verdere navrae na die munisipale bestuurder se kantoor verwys. Niemand kon egter vir kommentaar bereik word nie.

Die video van die tornado is op Storm Report se Facebook-blad gelaai:
[wpvideo ZMluheAi]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Alida ·

Dis vreeslik,moet jy hardloop en waarheen. Sjame arm mense. Sterkte jul baie skade gekry .hou vas aan God dis die enigste. Die hitte golwe rig baie skade ,droogte water te kort en nou tornado’s.Hoop jul kry hulp

Daan Strydom ·

Dankie vir die nuus wat ons elke dag kan lees, sonder om te betaal. Dit is darm its waarna ons ouens op pensioen kan uitsien.
Vriendelike groete,
Dantjie

Gesiggie ·

Dit maak n mens bang”” ons bly naby Belfast… kan net dink hoe erg dit vir die mense moes wees, al die skade” Sterkte aan almal in Belfast wat deur die Tornado geraak is… Met die hitte golf wat ons teesdae tref”’ is enige iets moontlik.

Theresa ·

Dankie vir video en foto’s dat ons kan insig hê in gebeure soos dié.

Cecilia ·

Ek het groot geword in Belfast en het nooit sulke storms beleef nie. In die algemeen glo ek nie daar was 20 – 30 jaar terug sulke erge storms nie. Dis asof dit erger word met elke jaar.

Christa Hattingh ·

Ek is mal oor julle nuus. So bly mens op hoogte van belangrikke nuus.

Jef ·

Dit is verskriklik heel veel sterkte aan die mense in Belfast
Weersomstandighede dwarsoor die wereld is aan die verander en ek sou ook nie weet hoe ons onsself en ander kan beskerm teen hierdie natuurgeweld nie.

Kobus ·

Dit is vreeslik om dit te sien. Bome wat meer as 100 jaar oud is ontwortel. Baie mense is dakloos gelaat. Ń hyskraan van ongeveer 30 ton is omgewaai. Gelukkig ondersteun die ons dorp se mense en besighede hulle.

Jo ·

Praat met die Suid Afrikaanse weerdiens. Hulle sal dit ontken…maar ek vertel julle…hulle doen “cloud seeding” nou al vir JARE…om te probeer reen maak. Dit verander moeder natuur se manier en dus…..sit jy met Tornado’s….in AFRIKA. …….wat nooit so was nie!

christo ·

Mense kyk na daai eerste foto van die boom bo op die trok is dit net ek wat n gesig sien in die vooruit links boo so amper teen die dak of is dit die drywer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.