[Video en foto’s] Weermag ondersoek meubeldrama by stadsaal

Foto: @KristoffDJ/Twitter

Foto: @KristoffDJ/Twitter

Die weermag het ʼn dringende ondersoek begin ná Vrydag se voorval waartydens ʼn groep gewapende soldate meubels en toerusting voor die stadsaal in Port Elizabeth kom aflaai het.

Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, het gesê 15 lede van die weermagondersteuningsbasis in Nelson Mandelabaai het Vrydagoggend individue wat millitêre huise teen die reëls beset het, uitgeset. Drie huise is geïdentifiseer waar die uitsettings plaasgevind het.

Die soldate het hierna die meubels en toerusting by die stadsaal gaan aflaai. ’n Weermagvoertuig het ook tydens die voorval ’n munisipale voertuig uit die pad probeer stamp. Daar was minstens vier weermagvoertuie op die toneel.

“Die gebeure wat ná die uitsettings gevolg het, is onder die aandag van senior owerhede gebring. ʼn Dringende interne ondersoek is van stapel gestuur en sal in samewerking met die polisie se ondersoek gedoen word om te bepaal presies wat gebeur het en wie betrokke was.”

Mabanga het gesê die weermag betreur die gebeure. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en millitêre veterane, het ook haar kommer oor die voorval uitgespreek. “Dit is nie die soort gedrag waarmee sy wil hê die weermag moet verbind word nie,” het Joy Peters, die minister se woordvoerder, gesê.

Die weermag het Saterdag die meubels en toerusting verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Celeste... ·

En hoekom ‘ondersoek’ hul nie die universiteit kampusse nie??? Waar is hul gedurende al die onluste?

Karen van Zyl ·

Celeste, vra ek ook met my trane in my oë,

Frans daar is oorlog by die universiteite die weermag het alles daarmee te doen want die poliesie alleen is nie sterk genoeg alleen nie, verbranding van geboue en busse, skade, geweld ensv.

John ·

Ons sal sekuriteit teen die weermag ook nou moet kry. Staan hulle teen en hulle gooi meubels saam met hul speelgoed uit die ratels… netnou volg granaat-rattles…

Griet ·

Wat my bekommer is hoe roekeloos daardie wapens rondgeswaai word. N wapen in die verkeerde hand gee oormatige selfvertroue.

zoon zoom ·

Daar is geen meer dissipline in die weermag. Kpl en Genl is hoezit my bra terme. Hulle glo ook nie aan weermah reels nie. As no 1 kan wegkom met dinge sal hulle ook wegkom.

pieterdp ·

So maak die mense se komentaar dat ek die berig 3 keer lees. Ja so waar die unieverseteite het niks met die saal te doen nie.

Dis weer eens onwetige huisbeseting. Met die dat die weermag personeel die ander probeer keer en daar nou sodoende skade gekom het is nie reg nie.

Maar weer eens wys dit dat almal maak in die land soos hul wil.

pieter ·

hoe kom die mense by di hek uit is da ni meer wagte nie ,in ou dae kon jy n geweer uit vat sonder amunisie ,net in noodgevalle was da amunisie

Maggie ·

Het iemand dalk ‘n nommer van die Weermag? Ek moet die einde van die maand trek en wil graag ‘n kwotasie vir my trek kry.

Lola ·

haha, skerp PW, dalk sal jou hele trek by jou bestemming aankom….of dalk nie…

lettie ·

Kan dit dalk die EFF wees wat agter dit sit? ons weet al teen die tyd dat hul die land onregeerbaar probeer maak. Ek glo hul sal elke instansie teiken om hul doelwit te probeer bereik. Hulle is nie net n klomp lee geraasmakers nie. Agter dit is daar n koelbloedige wil.

Jan ·

Kom ek gooi ‘n klip in die bos. Volgens die grondwet mag mens nie rasisties of bv seksisties wees nie. Maar nou wat van die mense wat inligting versamel, statistiek hou, tendense bepaal en dies meer, ook gedragspetrone en wat nog wat hulle uit die statistiek waarneem. Mag hulle dit publiseer? Mag hulle inligting oor geslagte versamel en waarnemings maak? Lande? Soos bv die Grieke wat bekend is vir hul groentewinkels. Rasse? O’gaats, nou is dit ‘n probleem. Waaroor mag mense statistiek versamel om mense te help om te verstaan? Hare? Wat wil jy daaroor waarneem? Die lenge van mense, waarmee wil jy dit vergelyk, verskilende rasse? Waarom? Om uit te vind waarom een ras so goed presteer? Dalk gaan dit oor genetika, eetgewoontes? Mag hulle dit bekend maak? O’ja en dan natuurlik, sal die media dit publiseer? Maroela, kan julle of ‘n rubrieksrywer dalk meer inligting hieroor gee?

Veritas ·

Was Jacob Zuma dan ook daar teenwoordig of is daar nog mense wat nie tot vyf kan tel nie? Volgens die berig was daar ‘minstens vier weermagvoertuie op die toneel. Hoe moeilik kan dit wees om tot vier, vyf of ses te tel? Geen wonder eerstejaar-studente se druipsyfer is so hoog nie.

Sam C ·

1845 Die groot Trek: Kaalvoet oor die Drakensberge met ossewaens, beskuit en biltong.
2016 Die weermag TREK jou huishoudelike items gratis en beskerm dit met masjiengewere.

Winde van verandering op sy SWAKSTE

Jcwf ·

Hulle het die munisipaliteit verloor en nou gaan hulle onrus skop? Intimideer?

Of sien ek dit nie reg nie?

Johannes Meintjes ·

As oud SAW/ SANW lid met 20 jaar diens aan my land en mense (en twee loopbane ook “opgeoffer vir my land en mense”) sien ek hierdie tipe optrede van die SANW as uiters sorgwekkend en niks minder as SKOKKEND! Dit is die tipiese eie-geregtigde en ongedissiplineerde “wapens en unievorms gee ons roekelose en onbeperkde mag” optrede wat ek al ongelukkig self van weermagte in meer as een land in Suidelike-Afrika bleef het.

Louis ·

Dit is baie kommerwekkend dat so iets gebeur het. Dit wys direk na die swak dissipline sowel as die swak kwaliteit soldaat wat in ons weermag diens doen. Wat sou bv gebeur as die ANC n nasionale verkiesing verloor. Sou die ingedoktrineerde soldate dan n staatsgreep probeer uitvoer?

bakoor ·

Gaan maak n draai deur thaba tswane en sien hoe alles verval het van die weermag geboue en huise
Weermag voertuie word misbruik vir inkopies vir privaat doeleindes. Geen beheer van bo. Weermag is n sorgsentrum vir mense van 18 tot 60 wat heeldag onproduktief is en dan nog n salaris en bonusse ontvang.

snoefie ·

daar word die kultuur van DIT KOM ONS TOE alweer bevorder. wanneer gaan mense leer JY KAN NET KRY WAT JY KAN BEKOSTIG? weermaghuise is tog sekerlik net vir weermag mense beskikbaar. self die Tannie met die rooi rokkie wat in die kantoor sit en rekenaar tokkel is nie op weermagbehuising geregtigheid nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.