Video en foto’s: Yslike pylinkvis spoel uit by Britanniabaai

Pylinkvis by Britanniabaai (7 Junie 2020) (Foto: Richard Davies)

ʼn Yslike pylinkvis het by Britanniabaai in St Helenabaai aan die Weskus uitgespoel.

Zelda Davies, ʼn inwoner, het laat weet haar man Richard het Sondagoggend vroeg ʼn video verfilm. “Dit is die eerste keer wat ons só iets op die strand kry,” het sy gesê. Die egpaar woon byna twee jaar in die kusdorp.

“Ons wou hom terugrol, maar dit was te laat om hom te red. Hy het beslis meer as 250 kg geweeg en dit was te swaar om op te tel.”

Richard reken die pylinkvis was tussen twee en drie meter lank.

In teenstelling met seekatte, maar soortgelyk aan inkvisse, het pylinkvisse tien ledemate: agt arms en twee voelers wat in pare in ‘n kring om hulle mond gerangskik is. Pylinkvisse beskik oor die vermoë om ink uit te skiet wanneer hulle bedreig word. Hulle is uitsluitlik vleisetend en hulle dieet bestaan uit ongewerweldes en ander visse. Hulle gebruik hulle twee verlengde voelers, of tentakels, om hul prooi te vang. Die voelers (en ook die dier se arms) besit suiers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

katerinadiekat ·

Cthulhu has risen! And then he sadly passed away :-D

Hoekom ·

Hoe durf die pylinkvis op die strand rondloop sonder ‘n masker!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.