Video: Erge griep- en verkoue-seisoen verwag

Argieffoto

Argieffoto

Werkgewers word aangeraai om siek werknemers siekverlof toe te staan as hulle griep- of verkoue-simptome ervaar sodat hulle ander werkers beskerm. Dit volg nadat navorsing uit die VSA daarop dui dat wêreldwye klimaatsverandering vanjaar ‘n vorm van erge verkoue en griep kan veroorsaak.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Francois ·

Gelukkig het ek my griepinspuiting betyds gekry…dit bly maar die moeite werd.

KarooKlong ·

Ek moet my Boereraat met julle deel.
Van begin winter gebruik ek suurlemoen en kiwi vrug. Nog nooit (vandat ek kan onthou) in my lewe griep gehad nie, ook nie griep inspuiting nie.
Suurlemoen se sap gemeng met een teelepel suiker en water na ontbyt. Met middagete drie snytjies kiwi vrug en fyn gerasperde skil van suurlemoen in slaai gemeng. Baat nie jy eet hele kiwi vrug nie want dit is te veel vitamine C en jou liggaam skei af wat hy nie nodig het nie. Saans weer gerasperde skil in een van die kosse en voor slaaptyd vat ek suurlemoensap met louwarm water en suiker. Die laat jou sommer lekker slaap ook. Terloops ek dink kiwi vrug is die vrug met die hoogste vitamine C inhoud.

Phillip ·

Dagsê KarooKlong

Dit is nou geplaas… soms vat die blikbrein bietjie langer om sommige kommentare te plaas.

Groetnis, Phillip Bruwer, namens Maroela Media

Peet Schabort ·

Ek sal hierdie berig vir vroulief wys. Dalk net dalk sal ek op ligte diens geplaas word . . .

KarooKlong ·

Dankie Phillip.
Naand Peet. Jy kan gerus daai doepa probeer. Maak hom nie te sterk met die suurlemoensap aan nie, eerder soos limonade. O ja en ek gebruik net bruin suiker. Jou liggaam het die keratien wat in die skil voorkom ook nodig. Rasper hom net fyn dan proe dit nie te bitter nie. Ag dink net hoe lekker gaan liefste mams jou vertroetel as jy sommer net maak of jy bietjie grieperig is.

Jax ·

Ek wil daarby waarsku dat n baie groot hoeveelheid van hartoorplantings is agv van verkoue/griep wat verwaarloos word! Bly asseblief in die bed tot jy gesond is! n Hartoorplanting is nie kinderspeletjies nie en is onsettend duur!

ig ·

Ek laat al my werkers en myself jaarliks inspuit vir griep en die laaste 5 jaar was nog niemand afwesig vir griepverwante siektes nie,wat n belegging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.