‘n Fietsryer wat die slagoffer was van ‘n gewapende rooftog in Somerset-Wes in die Wes-Kaap, het die voorval op video vasgelê danksy ‘n kamera op sy valhelm.
Malcolm Fox is Saterdag deur drie mans van sy fiets, selfoon, motorsleutels en Oakley-sonbril beroof. Een van die rowers het Fox met ‘n vuurwapen genader en sy fiets geëis. Nog twee rowers was kort hierna op die toneel.
Fox het die voorval op video vasgelê danksy ‘n kamera op sy valhelm. Hy het die video op YouTube gelaai. Ander YouTube-gebruikers het Fox geloof oor hy kalm gebly het en aan die rowers se eise voldoen het en sodoende geen leed aangedoen is nie.
Volgens berigte is drie mans reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem. Fox het glo ook van sy gesteelde goedere teruggekry. Maroela Media het die Wes-Kaapse polisie om kommentaar genader en wag vir terugvoer.
http://youtu.be/ECs8ZrmH8D8
Skokkend en tragies.
@#$%^# mens kan ook niks in hierdie land doen nie
haha, dankie tog vir HD video!
Wens ons almal dit bekostig om ‘onsigbare kameras’ aan ons te dra. Misdaad sal gou-gou iets van die verlede wees.
” ‘n kamera op sy valhelm” is nie onsigbaar nie, vir die rower is die tegnologie bloot nie “verstaanbaar” nie.
Well done Malcolm for staying calm! Glad you are ok.
Hoe snaaks is dit dat die boef direk in die kamera ingekyk het…soveel makliker om hom te vang.
Ha ha. Hy het seker gedink dit is ‘n kop flits.
Die blerrie vermetelheid!!
lekker go-pro
Moet nooit aleen fiets ry nie. Hoop hulle word gevang net jammer daar is nie meer doodstraf in SA nie. Wys net waanto ons land oppad is. Jy kan gelukkig wees as jy weggeharloop het sou hulle geskied het. Wees dankbaar dinge het nie slegter uitgedraai nie.
Sjoe, 2,843,923 “Hits” op YOUTUBE.