Video: Fietsryer vang gewapende roof op kamera vas

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

‘n Fietsryer wat die slagoffer was van ‘n gewapende rooftog in Somerset-Wes in die Wes-Kaap, het die voorval op video vasgelê danksy ‘n kamera op sy valhelm.

Malcolm Fox is Saterdag deur drie mans van sy fiets, selfoon, motorsleutels en Oakley-sonbril beroof. Een van die rowers het Fox met ‘n vuurwapen genader en sy fiets geëis. Nog twee rowers was kort hierna op die toneel.

Fox het die voorval op video vasgelê danksy ‘n kamera op sy valhelm. Hy het die video op YouTube gelaai. Ander YouTube-gebruikers het Fox geloof oor hy kalm gebly het en aan die rowers se eise voldoen het en sodoende geen leed aangedoen is nie.

Volgens berigte is drie mans reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem. Fox het glo ook van sy gesteelde goedere teruggekry. Maroela Media het die Wes-Kaapse polisie om kommentaar genader en wag vir terugvoer.

http://youtu.be/ECs8ZrmH8D8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

AmY ·

Wens ons almal dit bekostig om ‘onsigbare kameras’ aan ons te dra. Misdaad sal gou-gou iets van die verlede wees.

Shannon ·

” ‘n kamera op sy valhelm” is nie onsigbaar nie, vir die rower is die tegnologie bloot nie “verstaanbaar” nie.

Andri de Beer ·

Well done Malcolm for staying calm! Glad you are ok.
Hoe snaaks is dit dat die boef direk in die kamera ingekyk het…soveel makliker om hom te vang.

Andro Botha ·

Moet nooit aleen fiets ry nie. Hoop hulle word gevang net jammer daar is nie meer doodstraf in SA nie. Wys net waanto ons land oppad is. Jy kan gelukkig wees as jy weggeharloop het sou hulle geskied het. Wees dankbaar dinge het nie slegter uitgedraai nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.