Video: Floyd wil middelvinger vir Ramaphosa “terugtrek”

Bxvwwb8IEAAPwzvFloyd Shivambu, hoofsweep van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het onderneem om in die openbaar die middelvinger wat hy Woensdag in die Nasionale Vergadering aan adjunkpresident Cyril Ramaphosa gewys het, “terug te trek”.

Shivambu het Donderdag in ʼn verklaring sy aksies probeer verduidelik. Shivambu en Julius Malema, leier van die EFF, is Woensdag gevra om die Nasionale Vergadering te verlaat weens opmerkings wat hulle teenoor Ramaphosa gemaak het.

“In die proses om die gebou te verlaat het ek vir mnr. Ramaphosa middelvinger gewys om my afgryse uit te druk oor die realiteit dat werkers hul lewens verloor het weens sy strewe na wins en belange,” het Shivambu gesê. “Ek besef egter dat die wys van die middelvinger nie nodig was nie, aangesien daar platforms is waar ek my uiterste walging van mnr. Ramaphosa se rol in Marikana kan uitdruk.”

Shivambu sê hy sal egter nie sy uitlating dat Ramaphosa werkers by Marikana “vermoor” het, terugtrek nie.

Ramaphosa was Woensdag besig om vrae te antwoord rakende die dood van 34 mynwerkers in Marikana in 2012. “Hoekom aanvaar die adjunkpresident nie verantwoordelikheid vir die dood van die 34 mynwerkers nie? Jy het hulle doodgemaak omdat jy gedryf word deur wins,” het Malema gesê.

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het geëis dat Malema sy uitlatings moet terugtrek. Malema het geweier en Mbete het hom gevra om die nasionale vergadering te verlaat. Shivambu is ook kort hierna gevra om die nasionale vergadering te verlaat nadat hy Malema se sentimente herhaal het.

http://youtu.be/4V4OiW8tcps

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Wat. Probeer die EFF bereik hoekom doen hulle nie net Zuma ook hy is verantwoordelik vir al die moorde in die land.Hoekom omdat hy probeer vrede maak in ander lande terwyl sy land vegaan.Ramaphosa vir die Pesident laat hy in klim en weg vee wat in die pad is.Hulle wil staak toytoy en volle betalling ontvang werk dit so

Leeutjie ·

Ek hoor Juju is moreoggend op Jakaranda FM. Dis iets wat ek nie wil mis nie! Wat gaan Riaan met hom doen? “of hy met Riaan”!!!!

Leeutjie ·

‘n Baie interessante gesprek gewees….. baie interessant!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.