Video: Food Lover’s tree op ná voorval

‘n Skermskoot uit die video.

Food Lover’s Market het die senior bestuurspan by sy Lenasia-winkel met onmiddellike inwerkingtreding vervang ná ʼn voorval Sondag waarvan beeldmateriaal op sosiale media versprei word.

Food Lover’s Market het in ʼn verklaring gesê sy ondersoek na die voorval het aan die lig gebring dat die werknemer wat op die beeldmateriaal deur ʼn ander man op die grond vasgedruk word glo ʼn kollega met ʼn mes probeer steek het.

“Die toesighouer wat wydsbeen oor die werknemer sit, het tussenbeide getree om die werknemer te ontwapen en te keer dat hy sy kollega met ʼn mes steek. Ooggetuies het bevestig dit is hoe die onderonsie begin het.”

Volgens Food Lover’s Market is drie mense in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die drie sou in die Lenasia-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Food Lover’s Market het intussen terwyl die ondersoek na die voorval nog aan die gang is, besluit om vier werknemers dissiplinêr te verhoor. “Die senior bestuurspan is ook met onmiddellike inwerkingtreding vervang.”

Volgens Food Lover’s Market kan hy geen verdere inligting oor die voorval bekend maak nie aangesien daar strafregtelike klagte is en dissiplinêre verhore gehou word. Dit kan dus die saak benadeel.

Die maatskappy beskou die voorval in ʼn baie ernstige lig, veroordeel enige vorm van geweld en is geskok dat die voorval op sy perseel plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Blondie ·

Hoekom word net ‘n gedeelte gewys en nie die hele ding waar alles begin het nie. Ek kan hoor die man sê “he’s got a knife” Passop!!!!! Julle gaan geSpur word.

Willie ·

Ek ruik n rot hier… wys net weer die laatse deel… Ek stem Blondie hulle gaan gespur word…

Eps ·

Dit wil voorkom asof mense hulle moes uitgelos het sodat die twee die saak self uitgesorteer het. Nou word die arme man uitgebuit om ‘n rasse herrie te veroorsaak. Iemand soek sensasie deur die beelde te versprei.

KG ·

Ek verstaan nie so lekker nie, miskien mis ek iets, maar hoekom gaan hulle “gespur” word? Dit klink asof die voorval tussen 2 werknemer was…..

Kalla ·

Want hulle wys nie die hele voorval op die video soos wat spur ook gedoen het nie. wys net wat hulle wil wys.

Andries ·

Hierdie is die enigste stuk wat afgeneem is. Die begin was in die tydelike winkel waar daar nie kameras is nie.

linda ·

as dit so aanhou behoor al die R25 spesiale aanbiedinge teen Sondag te koop te wees vir R5 keep it going!

Lerato ·

Dis tyd dat ons nou Foodlovers boikot soos ons Spur geboikot het.

ferdi ·

Hul kos is in elk geval vrot ek koop lankal ni meer daar as jul weet ho hul met vleis en kos werk sal jul ni da koop

Casper Labuschagne ·

En op sosiale media is daar net een luide kreet – “RACIST ATTACK.” Die fopnuus webblad WeeklyXpose gaan sovêr as om te sê, “a black worker was racially attacked by one of his senior co-workers for not wearing a Food Lover’s cap while busy doing his chores.”

Ons moet besef dat rasseverhoudinge tans op ‘n absolute laagtepunt is en dat enige voorval, reg of verkeerd, tot die uiterste verdraai sal word om die swart persone as die onskuldige slagoffers uit te beeld wat dan ‘n histeriese uitbarsting op sosiale media word. Wat dan volg is tienduisende boodskappe wat deurgaans een motief het – woede teen minderheidsgroepe wat kwansuis hierdie onreg gepleeg het.

En as enigeen sou dink dat hierdie voorvalle hulle nie sal raak nie, let daarop dat die militante swart gemeenskap (nie noodwendig die breë swart gemeenskap nie) gestel is op vergelding teen minderheidsgroepe waarvan onteiening maar net die begin is.

Peet ·

Dis reg kom ons Spur -hulle. Dit is ook skokkend hoe duur hulle voorbereide kos geword het. Dan is daar nog vliee ook wat op die slaai sit, Nee sies.
Spur hulle bietjie

Maro ·

Nee Peet. Om alles te spur is ongelukkig nie die antwoord nie. Gaan vat die regte mense aan wat die waarheid verdraai…bv WeeklyXpose se redakteur. En die mense wat die video versprei met false stories. Dis tyd dat almal bietjie saam staan vir wat reg en verkeerd is. Môre ry jy perongeluk in die verkeerde persoon se motor vas…hy maak n rasse herrie daaroor…en waar los dit jou? Een van die dae gaan jy niks kan koop of nerens heen gaan nie…want alles is gespur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.