Food Lover’s Market het die senior bestuurspan by sy Lenasia-winkel met onmiddellike inwerkingtreding vervang ná ʼn voorval Sondag waarvan beeldmateriaal op sosiale media versprei word.
Food Lover’s Market het in ʼn verklaring gesê sy ondersoek na die voorval het aan die lig gebring dat die werknemer wat op die beeldmateriaal deur ʼn ander man op die grond vasgedruk word glo ʼn kollega met ʼn mes probeer steek het.
“Die toesighouer wat wydsbeen oor die werknemer sit, het tussenbeide getree om die werknemer te ontwapen en te keer dat hy sy kollega met ʼn mes steek. Ooggetuies het bevestig dit is hoe die onderonsie begin het.”
Volgens Food Lover’s Market is drie mense in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die drie sou in die Lenasia-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Food Lover’s Market het intussen terwyl die ondersoek na die voorval nog aan die gang is, besluit om vier werknemers dissiplinêr te verhoor. “Die senior bestuurspan is ook met onmiddellike inwerkingtreding vervang.”
Volgens Food Lover’s Market kan hy geen verdere inligting oor die voorval bekend maak nie aangesien daar strafregtelike klagte is en dissiplinêre verhore gehou word. Dit kan dus die saak benadeel.
Die maatskappy beskou die voorval in ʼn baie ernstige lig, veroordeel enige vorm van geweld en is geskok dat die voorval op sy perseel plaasgevind het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Hoekom word net ‘n gedeelte gewys en nie die hele ding waar alles begin het nie. Ek kan hoor die man sê “he’s got a knife” Passop!!!!! Julle gaan geSpur word.
Ek ruik n rot hier… wys net weer die laatse deel… Ek stem Blondie hulle gaan gespur word…
Dit wil voorkom asof mense hulle moes uitgelos het sodat die twee die saak self uitgesorteer het. Nou word die arme man uitgebuit om ‘n rasse herrie te veroorsaak. Iemand soek sensasie deur die beelde te versprei.
Ek verstaan nie so lekker nie, miskien mis ek iets, maar hoekom gaan hulle “gespur” word? Dit klink asof die voorval tussen 2 werknemer was…..
as dit so aanhou behoor al die R25 spesiale aanbiedinge teen Sondag te koop te wees vir R5 keep it going!