Video: Franschhoek-juwelierswinkel loop onder gewapende rowers deur

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

WAARSKUWING: Die video bevat gewelddadige tonele wat moontlik kinders of sensitiewe kykers kan ontstel.

Die polisie is op soek na vyf rowers wat vroeër vandeesmaand op die Tracey’s Diamonds-juwelierswinkel in Franschhoek in die Wes-Kaap toegeslaan en dit beroof het.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval is op YouTube gelaai. Die video is teen Donderdag reeds meer as 27 000 keer gekyk.

Die video wys hoe twee goed geklede mans op 2 Oktober die winkel betree en hulself as klante voordoen. Hulle word deur die personeel bygestaan totdat drie mans met sakke buite by die winkeldeur kom staan.

Een van die rowers binne die winkel bring ʼn vuurwapen te voorskyn, waarna hul makkers in die winkel ingelaat word, juweliersware in die sakke inprop en vlug.

Die mense in die winkel is nie tydens die voorval beseer nie.

Die polisie versoek enigiemand wat die verdagtes herken om Crime Stop by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daleentjie ·

Dadelik opgeval dat die twee knape donkerbrille in winkel dra …

Drieks ·

Is dit net ek wat soms in die besighede wonder waneer gaan hier ‘n gewapende roof plaasvind waar ek is. My man was in so gewapende roof. ANC, is jul trots wat jul geskep het in Suid Afrika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.