
‘n Skermskoot uit die video.
Volgens die Life Med-ambulansdiens is die beseerdes op die toneel behandel voordat een pasiënt, wat vermoedelik rugbeserings opgedoen het, na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.
Die sanger Wynand Strydom was op die verhoog kort voor die tent inmekaargesak het. Volgens Strydom was daar ’n klomp pale in die middel van die tent. Terwyl hy met die gehoor aan’t gesels was, het een van die pale skielik meegegee. “Hierna was dit soos ʼn domino-effek en het die pale een vir een begin val.”
Strydom het gesê die tent was sowat twee minute later plat op die grond. “Dit was redelik skrikwekkend. Daar was massahisterie gewees. Ek kom van Pretoria af en is redelik gewoond aan blitse en donderweer, maar daai was die ergste elektriese storm wat ek nog gesien het. Ek dink geen tent sou kon bly staan nie.”
Juanita Bester, een van die feesorganiseerders, het gesê die fees gaan vandag normaal voort. “Dit was asof dit ʼn tornado-tipe ding was. Ons het voor die tyd penne vasgeslaan en seker gemaak als is reg. Die wind het die tent opgeruk asof hy hom gesuig het.” Bester het gesê van die feesgangers is beseer toe hulle onder die tent uitgehardloop en oor toue en penne wat die tent vasgehou het, geval het.
Volgens Strydom is dit ongelooflik om te sien hoe die mense ingespring en als reggekry het sodat die fees Saterdag kon voortgaan. “Die fees gaan aan en ons sien uit na vanaand. Soos hulle sê: ‘the show must go on’.”
[wpvideo ZvEH9W6W]
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Ja, niemand kan ‘n vrats storm voorspelnhet nie. Dankbaar dat niemand omgekom het. Sterkte vir die wat beseer is. Mag julle gou herstel.
Op die video lyk dit of die meeste mans weg hardloop terwyl net hier en daar iemand nader gaan om te kyk of hulle kan help. Sterkte aan al die beseerdes.
Regtig ….. glad nie so erg nie.
Ja daar is iets in die lug. ‘n Rampspoedige katastrofe. Weet nie of ek al een is met die gevoelte nie.
Tot 35 Boere jag plaasaanvaller in Vrystaat. Kry vir ons die storie asseblief aangesien ons nie naspers intekenarre is nie. Dankie Maroela.