[Video] Fratsstorm veroorsaak chaos by Nylstroom-fees

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Sowat 20 mense is beseer nadat ʼn groot markiestent Vrydagaand inmekaargeval het tydens die Kranskopfees buite Nylstroom in Limpopo.

Volgens die Life Med-ambulansdiens is die beseerdes op die toneel behandel voordat een pasiënt, wat vermoedelik rugbeserings opgedoen het, na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

Die sanger Wynand Strydom was op die verhoog kort voor die tent inmekaargesak het. Volgens Strydom was daar ’n klomp pale in die middel van die tent. Terwyl hy met die gehoor aan’t gesels was, het een van die pale skielik meegegee. “Hierna was dit soos ʼn domino-effek en het die pale een vir een begin val.”

Strydom het gesê die tent was sowat twee minute later plat op die grond. “Dit was redelik skrikwekkend. Daar was massahisterie gewees. Ek kom van Pretoria af en is redelik gewoond aan blitse en donderweer, maar daai was die ergste elektriese storm wat ek nog gesien het. Ek dink geen tent sou kon bly staan nie.”

Juanita Bester, een van die feesorganiseerders, het gesê die fees gaan vandag normaal voort. “Dit was asof dit ʼn tornado-tipe ding was. Ons het voor die tyd penne vasgeslaan en seker gemaak als is reg. Die wind het die tent opgeruk asof hy hom gesuig het.” Bester het gesê van die feesgangers is beseer toe hulle onder die tent uitgehardloop en oor toue en penne wat die tent vasgehou het, geval het.

Volgens Strydom is dit ongelooflik om te sien hoe die mense ingespring en als reggekry het sodat die fees Saterdag kon voortgaan. “Die fees gaan aan en ons sien uit na vanaand. Soos hulle sê: ‘the show must go on’.”

[wpvideo ZvEH9W6W]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

DPJ ·

Ja, niemand kan ‘n vrats storm voorspelnhet nie. Dankbaar dat niemand omgekom het. Sterkte vir die wat beseer is. Mag julle gou herstel.

Johann ·

Op die video lyk dit of die meeste mans weg hardloop terwyl net hier en daar iemand nader gaan om te kyk of hulle kan help. Sterkte aan al die beseerdes.

Tinktinkie ·

Sulke lafaards. Seker almal keyboard cowboys. Grootbek op die interwebs maar hardloop vinnig weg as ‘n windjie opsteek.

Vaatjie ·

Ja daar is iets in die lug. ‘n Rampspoedige katastrofe. Weet nie of ek al een is met die gevoelte nie.

Marietta ·

Ek stem..mense spot met God.. Baie predikante is Vals en steel hulle lidmate se geld om hulself te verryk..God laat Hom nie bespot nie..SA Sal Moet terugkeer na God anders Sal daar baie erger dinge gebeur..die tekens is oral..

Oom Kallie ·

Tot 35 Boere jag plaasaanvaller in Vrystaat. Kry vir ons die storie asseblief aangesien ons nie naspers intekenarre is nie. Dankie Maroela.

Johan ·

Glo nie daar was lafaards of cowboys nie. Dit was skrikwekkend em almal wou net sy of haar familie beskerm. Daardie tent het erger as sweepslae geklap, nie eers te praat van die weerlig nie

HEVW ·

Op baie van hierdie sg kunstefeeste gaan dit gepaart met n geuitrafel, oppervlakkigheid en oormatige drank wat geensins die kultuur van die Afrikaner verteenwoordig nie. Spandeer eerder hierdie gegeld morstery op dit wat opbouend vir ons volk kan wees.

Poplap ·

Dankie tog dat meeste feeste en byeenkomste nie deur ‘n ou spul suur, humorlose fariseërs gereël word, wat strykdeur alles wat nie volgens hul bekrompe beskouinge plaasvind, veroordeel.

Walace ·

Ek en my 2 jare dogter was onder daai tent. Dis nie grapies as die pype verby haar stoot waentjie swing nie. Maar dis niks tot kom die storm vanaand weer terug en raap nog n paar tente op. Die jaar se fees was n flop. Ons nog elke jaar op die fees van 1998.

Danie Kok ·

Mense, ek lees die kommentare en is verstom. Wat is besig om van ons ou volkie te word? Die venyn en sarkasme is opvallend en ook hartseer. Poplap, jy kan diegene wat bekommerd is oor die geestelike verval van ons mense maar afmaak as suur, bekrompe en humorloos en ons selfs fariseërs noem, maar dit is ‘n feit dat hierdie feeste in weergalose dronkneste en immoraliteit verval het. Selfs dwelms is aan die orde van die dag. Jan Boshof is reg – God praat met ons volk maar die meerderheid Afrikaners tart Hom uit. Die tyd om terug te draai van ons verkeerde weë was nog nooit so ryp as juis nou nie…

elize swanepoel ·

Baie dankie aan Richardt de Kock vir sy vinnige optrede tydens die chaos op die druiwefees vir die reel van nooddienste en ook aan Riaan van Double J

Liza ·

Ek was ook Vrydagaand onder die tent gewees. Dit was ‘n skrikwekkend ervaring. Sal dit nie aan my grootste vyand toewens nie. Ons kan almal baie gelukkig wees. Dit kon baie erger gewees het. Tog is ons dankbaar vir die reen wat ook geval het. Elke bietjie help.

Liza ·

Ek was ook Vrydagaand onder die tent gewees. Dit was ‘n skrikwekkende ervaring. Sal dit nie aan my grootste vyand toewens nie. Ons kan almal baie gelukkig wees. Dit kon baie erger gewees het. Tog is ons dankbaar vir die reen wat ook geval het. Elke bietjie help.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.