Video: Fredi Nest se boodskap uit die hospitaal

Fredi Nest in die hospitaal. Die video volg onderaan die berig.

Fredi Nest in die hospitaal. Die video volg onderaan die berig.

JONGSTE: Fredi Nest het op 3 Julie 2015 sy stryd teen kanker verloor. Klik hier om meer te lees. Ons innige meegevoel aan sy familie, naasbestaandes, vriende en ondersteuners. – Red

Die sanger Fredi Nest het Dinsdag met behandeling begin om twee gewasse op sy brein te beveg.

Jami-Lee Bouwer, sy woordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Nest se dokters het bevestig dat hy kanker het en bestraling gaan begin ontvang.

“Hy is steeds baie positief en het Maandagaand vanuit die hospitaal ʼn kort boodskappie met sy aanhangers gedeel,” het Bouwer gesê.

Maroela Media het Maandag berig Nest sterk in ʼn hospitaal in Pretoria aan nadat hy verlede week vermoedelik ʼn beroerte gehad het.

Nest (57) is Donderdag in die hospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem nadat hy tekens van beroerte getoon het. Hy het sedertdien ʼn prosedure ondergaan om drukking op sy brein te verlig. ʼn Breinskandering is ook gedoen wat gewys het dat hy twee gewasse op sy brein het. Hy is oor die naweek na ʼn algemene saal oorgeplaas.

Bouwer het vroeër gesê Nest is in ʼn goeie luim en baie positief. “Hy het nog pyn in sy nek en sy kop, maar is reg om enigiets te hanteer wat vir hom voorlê en het gesê hy gaan vir ten minste nog 15 jaar lewe en musiek maak.”

Nest het op 3 September 2012 drie hartaanvalle gekry. Hy het die oggend by sy huis in Pretoria ineengestort ná twee hartaanvalle en terwyl hy in die Steve Biko-hospitaal besig was om ʼn angiogram te ondergaan, het hy ʼn derde hartaanval gekry. Hy was egter gou weer op die been, teen Oktober terug in sy ateljee en hard aan die werk.

[wpvideo k8ISeDTA]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Theresa ·

Baie sterkte Fredi. Dankie dat jy dit met ons deel. Seën vir jou en onthou God hou sy hand oor jou. Mag die seer en pyn gou iets van die verlede wees en jou herstel orals vertel word.

Peet Schabort ·

Sterkte Fredi en goed om van jou te hoor.
Ek het die volgende gister (4Mei) van ‘n onkoloog verneem.
Van die mense wêreldwyd ouer as 60jr en gebore na 1960 is daar bevind dat EEN uit TWEE gaan kanker kry. Nee ek het reg gehoor en reg getik. Weereens 1:2 is die verhouding . My beskeie mening is dat daar groot fout is met ons kos en omgewing.

SNEL ·

Ek stem Peet, ons eet onsself siek en eers as die Dr die groot “K” gebruik as jy hom sien, dan begin jy navorsing doen en agterkom hoe ongesond die goed op die rakke is ( al die bewerkte goed) en dat dit die veiligste is om kos te koop wat naby aan die natuurlike vorm is.

Sterkte Fredi, n positiewe gemoed dra mens ver.

CHRISTA ·

Fredi, ons kan jou net in ons gebede aan die liewe HERE opdra en HY sal jou deur hierdie moeilike tyd help en bystaan. Hou net aan HOM vas en bly op HOM vertrou.

anne coetzer ·

Freddie , Sylvia en gesin. Ons dra julle op in gebed en vertrou dat julle hierdeur sal kom soos in die verlede. God sal nooit iets op ons pad sit wat ons nie sal kan hanteer nie,. Vasbyt en sien jou gou weer op die verhoog.

Debbie ·

Fredi en gesin. Sterkte ons almal dra julle op in ons gebede. Ek het ook ‘n brein gewas gehad…. op my spraak gedeelte van die brein so 15 jaar terug. Suksesvol verwyder en ek kyk net al die pad vorentoe. Met jou positiewe uitkyk en glo… gaan jy nog baie jare vir ons musiek maak. Ek het so gewens ons kon by jou uitkom maar rus is baie baie belangrik vir herstel. Sterkte Debbie en Jan.

Theresa Prinsloo ·

Fredi, Sylvia en gesin. Ons dra julle op aan ons Enigste Almagtige God. Dat hy julle in Sy Hand sal hou en beskerm. By Hom is ALLES moontlik Sterkte vir julle. Theresa

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.