Video: Front Nasionaal hof toe oor k-woord

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die gebruik van die k-woord het mense weer aan die praat nadat die politieke party Front Nasionaal ‘n klag by die Gelykheidshof teen Johan Pienaar ingedien het nadat hy die gesigte van bekendes gebruik het in ‘n video van ‘n liedjie van Anton Goosen met die gewraakte woord in die titel.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JJ ·

Ons hou ons besig met bog. Geld vir hofsaak op hofsaak terwyl mense hongerly. Almal blaas als uit perporsie en geen haan sou gekraai het as 1 persoon nie sy politieke party wou bekendstel nie. Hoe moet n land saamstaan en opstaan en liewer belangriker punte vasvat as ons bly karring oor eintlik nittie grittie goed. As almal sulke goed begin ignoreer… tot straatname en al sulke goed wat jy elkgeval nie saam jou graf toe kan neem nie, sou als afgewater raak en n natuurlike dood sterf. Betogers ens. doen wat moeilikheid makers en soekers eintlik wil hê. Nou is ons aandag nie op wat saakmaak nie. Vra net begin ophou met emosie redeneer en liewer met logika of laat los.

boer ·

JJ, die land sal nooit kan saamstaan nie,
hier is te veel rasse met hul eie kulture. Gee elkeen n deel van die land om op sy eie manier te
bedryf. As elkeen sy eie stuk grond het,sal die arm wittes wat agv BBEEE, sy werk verloor het,
weer werk kan kry en kan sorg vir sy gesin,en ook sy trots herwin

George ·

Ek kan dit nie glo nie. Rome brand en ons stry oor die kleur van tossels (by wyse van spreuke). Die Afrikaner is gewikkel in ‘n oorlewing stryd en nou word tyd, geld en energie verkwis op sulke twak. Ag kom nou mense ….

Shannon ·

Wie baat die meeste hierby ?
Ek dink dis die vet ou in die swart pak.

SNEL ·

Swak keuse van woorde vir n liedjie. Dis nou behoorlik petrol op die vuur. Hier is genoeg rassehaat in die land, pleks soek mense oplossings as om nog dinge te vererger. Tyd dat Anton Goosen eerder in sy Volksiebus spring en sy trekpas kry. Ons land het nie sulke mense nodig nie. Daar word genoeg gehammer op apartheids jare ens ens, hoe bou mens eenheid as mense aanhou dwars trek. Dinge lyk nie goed in die land nie en daar is juis so baie geweld en misdaad, vir wat n liedjie sing wat net dinge kan laat opvlam. Mens daal nie af na n laer vlak toe nie, mens behou jou geloof, waardes en morele standaarde en werk aan n oplossing.

BullsEye ·

Ai mense gebruik liewer die f woord tog net nie die k woord … in hierdie land kan jy liewer verkrag, steel en moor…moet net nie die k woord gebruik nie!! Moet howe se tyd nou vir sulke belaglikhede gemors word

heike ·

Ek word in so slegte beeld geplaas op die video, so ook op die voorblad van Beeld op 9 April met my onderstebo plakkaat wat n klein voutjie was. Ek is so bly front nasionaal doen iets hieraan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.