Video: FW se laaste woorde aan SA

Voormalige presidente Nelson Mandela en FW de Klerk vier die einde van apartheid.

Die FW de Klerk-stigting het beeldmateriaal van oudpres. FW de Klerk se laaste woorde vrygestel, voordat hy vroeg Donderdagoggend by sy huis in Kaapstad dood is. In dié video vra De Klerk vir die laaste keer om verskoning vir die “pyn en verontwaardiging” wat apartheid veroorsaak het en verwoord sy hoop vir die toekoms.

De Klerk het vandeesweek sy stryd teen kanker verloor en is in die ouderdom van 85 jaar oorlede.

Die voormalige president, wat in 1993 saam met oudpres. Nelson Mandela die Nobelprys vir vrede ontvang het vir die werk wat hy gedoen het om apartheid te beëindig, sê in die video dat hy vir die laaste keer die kwessie oor apartheid gaan aanraak.

Volgens De Klerk is hy dikwels daarvan beskuldig dat hy apartheid, of aparte ontwikkeling soos hy dit noem, in die verlede regverdig het.

Hoewel hy erken dat hy in sy jonger dae as lid van die parlement en kabinet aparte ontwikkeling en segregasie verdedig het – omdat hy nooit van die woord “apartheid” gehou het nie – meen hy dat hy herhaaldelik om verskoning gevra het vir die “pyn en verontwaardiging” wat apartheid veroorsaak het.

“Terwyl baie mense my verskonings geglo het, het talle nie,” sê hy.

“Laat ek dus in my laaste boodskap aan die land dit weereens herhaal: Ek vra om verskoning vir die pyn, smart, verontwaardiging en skade wat apartheid vir swart, bruin en Indiër-landsburgers meegebring het.”

De Klerk gaan voort om te sê dat sy siening oor die lewe sedert die vroeë 80’s ʼn algehele ommeswaai beleef het.

“Dit was asof ek ʼn omskakeling beleef het en in my hart het ek geweet dat apartheid verkeerd is. Ons het ʼn punt bereik wat moreel onregverdigbaar was,” sê hy.

“Ons, as die NP, het in my presidentskap nie net erken hoe verkeerd apartheid is nie, maar ook verreikende stappe gedoen om te verseker dat ʼn nuwe era geskied om geregtigheid vir almal te verseker.”

De Klerk het ook sy trots op Suid-Afrika se Grondwet, wat destyds neergepen is, uitgespreek.

“Ek verbind myself ten volle met die waarde en beginsels in ons Grondwet, daarom is ek bekommerd oor diegene wat elke aspek daarvan ondermyn.

“Dit is my pleidooi dat die regering, die politieke partye en elke Suid-Afrikaner weer die beginsels van die Grondwet omhels. Ons moet weereens die beginsels van nie-rassigheid en nie-diskriminasie in ooreenstemming bring met die behoefte om die verlede aan te pak.

“Ons moet waak oor die onafhanklikheid en onpartydigheid van ons howe. Ons moet ekonomiese vooruitgang en werkskepping bevorder deur beleidstellings te grond op die beginsels in die Grondwet en nie op ideologieë wat teen die Grondwet werk nie.

“Die Grondwet moet weereens die hoeksteen van ons samelewing word.”

De Klerk het afgesluit met ʼn boodskap van hoop vir die toekoms van die land.

“Hoewel die pad vorentoe moeilik gaan wees, kan ons, indien alle redelike mense hul koppe bymekaarsit, die uitdagings van die toekoms die hoof bied. Suid-Afrika kan weereens sy potensiaal verwesenlik as almal saamwerk.

“Ek hoop dat Suid-Afrika die nodige dapperheid sal toon om hierdie doel te bereik.”

  • Skakel Sondag om 15:00 in op kykNET kanaal 144 op DStv vir die dokumentêr Formidabele Mense: FW de Klerk, wat uitgesaai word ter nagedagtenis aan dié staatsman. Kyk hier na ʼn lokprent van die dokumentêr.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Anna-marie ·

Suid-Afrika kan sy potensiaal verwesentlik sodra FW se wigte en teenwigte inskop en begin werk.

Rooikoos ·

Tieners hier leer nie meer ons geskiedenis nie. De Klerk het belowe daar is wigte en teenwigte wat die Afrikaner sou beskerm. Ons wag nogsteeds daarvoor, want die Afrikaner wird tans gemarginaliseer en uitgemoor.

Kokerboom ·

U is reg Anna-Marie maar probleem is ons leef nie in ‘n homogene samelewing. Afrika verstaan nie die konsep

Di ·

Die nuwe SA is presies net soos die een tydens apartheid. Al verskil wat daar in die nuwe SA is, BAIE meer korrupsie, moord, doodslag en RASSISME. Dan praat ons eerder nie van als wat ten gronde gegaan het nie.

Wat Wou ·

Ons is net so in die bruin goed soos die water wat vir die people (ons?) gegee word om te drink

piet ·

Teen die einde van Apartheid (net voor oorgang) was die moordsyfer hoër as nou. SA was in totale verval voor oorgang: moord en doodslag, voortdurende onluste/optogte, ens. Dit was ‘n totale gemors

Di ·

Ja omrede dit hulle maniere was om druk op SA te sit om weg te doen met apartheid. Nou is dit PRESIES nog dieselfde, net ERGER RASSISME en geweld by. Onluste is nou ook baie erger en vandalisme het oorgeneem

Harley Davidson ·

In 1995 het ons nie geweet van beurtkrag,swak hospitale,motorkapings, plaasmoorde,korrupte staatsamptenare,die weermag was die sterkste in Africa die grense was veilig onderwys was op ‘n hoë vlak .Denel en Evkom was finansieel gesond en so kan ek aangaan vir ‘n week.

Pieter ·

Vir die klompie wit mense in ‘n swart Afrika. Het jy vergeet van die jong manne wat dood is in ‘n sinnelose oorlog, die bomme wat onskuldige mense gedood het. Die SAL vliegtuif wat geval het vol wapentuig, onsinnige sensors (lag my nog dood oor Chris de burgh se spanish train) en die sterretjies op meisies se, nou ja……ens, ens. Ons is soos kinders behandel en het dit geniet. Wow. Om erens te kom moes jy die NGK besoek en NP stem.

Leeuwyfie ·

Moenie halwe statistieke gee nie piet. Jy weet baie goed dat die moordsyfer so hoog was agv die oorlog tussen inkhata en anc. Inkhata wou ‘n aparte staat gehad het.

sopbeen ·

‘n Goeie koning het baie raadgewers. Hy was verseker nie alleen in hierdie ding nie.

Phillip ·

snaaks dat SA nie hulle vlae halfmas hang nie maar vir n aktuur ja is sy hoor as x persedente

Maggies ·

Ek dink hulle is bang vir opstand. Soos ek die afgelope tyd om MM gelees het sal selfs Afrikaners in opstand kom indien die eertydse President enigsins vereer word. Dit is tragies. Volgens my geskiedenis het hy nie nét sleg gedoen nie.

Groen Ghoen ·

As ‘n Afrikaanssprekende, en iemand wie se familie vir jare lank getrou lidmaatskapsfooie aan die Nasionale Party betaal het, sal ek ‘n afskeidswoord aan diegene wat vir mnr. De Klerk in sy magsposisie geplaas het in Afrkaans waardeer. Tog waardeer ek dit dat Mnr. De Klerk nie ook soos vele van sy kollegas in die NP na die ANC oorgeloop het nie.

Dirk Mostert ·

Hy het die NP ge “drop” en vir Kortbroek met die sak patats gelos. Kortbroek het al te lekker met die ANC saamgewerk.

Francois Le Cochon ·

FW het het voorkom dat honderde duisende blankes uitgemoor en hul huise afgebrand word. Dat honderde duisende, selfs miljoene, blankes net met die klere aan hul lyf uit die land moes gevlug het. Ons het n oorgang gehad van n apartheids regering na n terroris regering sonder n bloedbad en totale verwoesting. Nerens in Afrika sou so iets moontlik gewees het nie. Was dit nie vir FW nie, sou daar vandag slegs enkele blankes is SA gewees het. Nee ek is nie gelukkig met vandag se ANC regering nie, maar eerder dit as om te aanskou het hoe blankes uitgemoor en uit die land moes vlug het. RIV FW.

Francois Le Cochon ·

Jasper, ek het nog nerens in SA gesien waar tientalle mense n groot gat op n plaas grawe, en dan word hulle almal in die gat doodgeskiet. Dink wyer, kyk wat het al in Afrika, Bosnia en ander lande gebeur. Ek verwys na volksmoord, nie misdaad nie. FW se besluit het gemaak dat ons volksmoord vrygespring het.

Eendrag ·

Geen Saluut. Maar hoop hy rus in vrede.
Vlae hang halfmas vir die wat dit werd is.

Harley Davidson ·

Hy het geweet van die onderdrukking van huidige benaadeelde minderhede en niks dáároor gesê nie.

Jaco ·

Voordat almal nou NET vir FW blameer vir SA se huidige chaos, let tog net op die volgende ook: Toe die verregse AWB in die 1980s ‘n volkstaat voorgestel het, het die regerende Nasionale Party gesê dis rassisme EN die regse Konserwatiewe Party en die ewe regse Herstigte Nasionale Party (dié 2 partye kon om duistere redes nooit saamwerk nie) het gesê “ ‘n volkstaat kan nie werk nie”. In 1991, toe ALMAL al geweet het dat die ontbande ANC ‘n veelrassige verkiesing sou wen, het net 60 mense darem Orania gestig, maar na amper 30 jaar bly daar minder as 2000 mense, wat terloops in 8 kerke verdeel is.
Byna 1 miljoen nee stemme in die 1992 referendum was in 1994 af na 425 000 vir die VF-Plus. Die Konserwatiewe Party het mos daardie verkiesing geboikot. Daarna het die VF-Plus in elke verkiesing verswak, tot by bietjie van ‘n oplewing in 2019. Ons het kanse verspeel met verskonings van “dit kan nie werk nie” en enersdenkende groepe wou ook nie saamwerk nie. Veel meer as net FW dus “skuldig”

Harley Davidson ·

de klerk het die mense belieg ,hy het gesê ons kon in vrede saam bou aan ‘n beter toekoms en my oupa het hom geglo ,vandag gaan my kinders gebukkend onder onderdrukkers wat wette instel om teen minderhede te diskrimineer en hulle is in 2000 gebore wat het hulle met apartheid te doen,de klerk inteendeel was ‘n apartheid president.

Sobymykoolkop ·

Jy het duidelik GEEN idee wat in Orania gebeur nie, minder steur aan die liberale media

gatgogga ·

Ongelukkig moet ek met jou saamstem, Jaco.
Om op te som:
1 Die Afrikaner kan nie saamstaan nie
2 Die Afrikaner kan nie die toekoms lees nie

N ·

Ja wat. Apartheid is nogsteeds aan die gang. Net anders om. Meerderheid onderdruk die minderheid. BEE, Kwotas, politiek. Maar niks word gedoen nie. Gaan Ramaphosa die blankes help? Twyfel.

Pablo ·

Dis hy en sy histories onkundige vriend Roelf Meyer wat die graf vir ons almal gegrawe het. Het gee simpatie vir hulle nie .

Pietvdpaarl ·

Pablo, sou jy die voortsetting van die vorige bedeling wou sien aangaan?

gatgogga ·

Natuurlik nie, Piet. Dis tog nie waaroor dit gaan nie, man.
Maar ons is eenvoudig uitverkoop – sonder enige toekoms gelaat.

Harley Davidson ·

Al wat verander het die voorheen benaadeeldes is nou die huidige bevoordeeldes en omgekeer so die voortsetting het plaasgevind in die ANC diktatorskap.

annie ·

Die laaste boodskap van ‘n afgeleefde man is altyd interessant maar die omgewing waarbinne hy die woorde uiters nog meer. Kyk bv na die geraamde foto langs hom en die beeld van twee naakte figure, wat ook wêreldwyd gebeeldsend word. En dan die klassieke skuldery hoog teen die muur agter alles met vooraan natuurlik die staats-/wêreldleier per excellence.

Harley Davidson ·

Daar is n gesegde van twee gat jakkalse, ek dink dit kom hier goed te pas

Keelvol ·

Sy stilswye oor die verdrukking van die sy eie mense weeg meer as die gekruipte verskoning van hom.

Groen Ghoen ·

Netso, Johan. Die woorde “Herderloos gelaat” kom by my op. Lees gerus “Oorgawe” Die Burger se hoofartikel deur Ebbe Dommisse indien ek reg onthou. Flip Buys het dit ook hier op Maroela Media volledig aangehaal.

Esme ·

Ek luister na Wyle Oud President F.W. de Klerk en dra my innige simpatie aan sy geliefdes, vriende en naasbestaandes oor.
Wat my egter verwar, is, namens wie praat hy? Ek sal waarderring he, as hy sy gevoelens en sentimente tydens sy lewe uitgespreek het, want nie alles Blanke Suid-Afrikaners was ‘onderdrukkers’ nie.
Wyle Oud President De Klerk veroorsaak meer probleme met sy uitsprake want nog nooit was daar soveel korrupsie, soveel moord, doodslag, swak polisiering, onbekwame ministers en swak ekonomiese toestande soos nou nie.
Rus sag, Oud President – ons lewens in Suid-Afrika is tans nie maanskyn en bloedrooi rose nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.