[Video] Gary Player behaal nuwe rekord met kolhou

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die legendariese gholfspeler Gary Player (80) het Woensdag tydens die voorafgaande syfer 3-kompetisie op die meesterstoernooi in Augusta, VSA, ʼn volmaakte gelukskoot (“hole in one”) behaal op die sewende putjie.

Die syfer 3-toernooi word sedert 1960 jaarliks aangebied, waartydens vriende en familie betrek word voordat die werklike meesterstoernooi Donderdag op Augusta National in Augusta, Florida, begin het.

Woensdag is daar ʼn ongehoorde nege volmaakte gelukskote tydens die syfer 3-kompetisie aangeteken. Die vorige rekord vir hierdie kompetisie was vyf wat in 2002 en weer in 2015 aangeteken is.

Wat Player se kolhou so merkwaardig maak is dat hy dit reeds vier keer kon vermag. Hy is op 80-jarige ouderdom ook die oudste deelnemer aan die kompetisie wat ʼn kolhou kon behaal. Die vorige oudste speler was Jack Nicklaus wat op die ouderdom van 75 dit in 2015 vermag het.

Jimmy Walker van die VSA het die syfer 3-kompetisie gewen met ʼn telling van 8 onder syfer.

https://youtu.be/lxp5vD5Ac-I

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sterna ·

Wow!! Hy bly ‘n meester! Soveel respek vir die Player familie

Chris ·

Hoe weet jy Gary Player het iets goed gedoen vir iemand anders?

Hy sal jou daarvan vertel…

Wim Kotze ·

“…’n volmaakte gelukskoot…”
Soos Gary Player self gesê het: “Hoe meer jy oefen, hoe gelukkiger raak jy.”

Paul ·

Ja nee, so ‘n “gelukskoot” darem. Niks daarmee te doen dat Player goed kan gholf speel of iets nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.