[Video] Gebou geplunder: Sewe vas

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Sewe mense is oor die naweek in Johannesburg in hegtenis geneem nadat ʼn video aan die lig gekom het wat wys hoe ʼn gebou in die middestad geplunder word.

Luyanda Longwe, woordvoerder van Michael Sun, Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het Maandag gesê die inhegtenisnemings volg nadat vyf mense Vrydagmiddag by die gebou in Rissikstraat op aanklagte van diefstal en kwaadwillige saakbeskadiging in hegtenis geneem is.

“Die stad se uitvoerende burgemeester, Herman Mashaba, het Saterdag ʼn wenk van ʼn inwoner ontvang dat daar weer kriminele aktiwiteite by die gebou is. Die burgemeester het dadelik die Johannesburgse metropolisie in kennis gestel. Die metropolisie het gereageer en die twee verdagtes by dieselfde gebou in hegtenis geneem,” het Longwe gesê.

“Die verdagtes was in die proses om die gebou verder te beskadig en boumateriaal te steel. Materiaal soos die metaaldakplate word vermoedelik as skrootmateriaal verkoop.”

Longwe het gesê die metropolisie stel ondersoek in of enige van die skrootwerwe betrokke is by die aankoop van gesteelde goedere. Sun het die publiek se optrede geloof wat tot die inhegtenisnemings gelei het.

“Dit is weereens ʼn perfekte voorbeeld van hoe op-en-wakker inwoners die polisie kan bystaan om kriminele aktiwiteite tot ʼn einde te bring.” Sun het ook die metropolisie geloof wie se vinnige optrede tot die inhegtenisnemings gelei het.

Die verdagtes is in aanhouding by die Johannesburg-Sentraal-polisie en moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eish ·

Use it or lose it!
Eish! Sterkte vir diegene wat n lekker lang vakansie weg van huis en haard neem in Desember.

Leahim ·

Wat n great Burgermeester die man gaan eiehandig Johannesburg n beter plek maak ……leer sapd leer kyk en volg.

Karen van Zyl ·

Daar kan moord gepleeg word, geboue kan geplunter word en so kan ek aangaan maar ons soveel as ‘n skewe woord sê dan is ons in die hof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.