Talle mense, onder wie jong kinders, is deur paramedici behandel nadat ʼn brand Dinsdagmiddag by ʼn gebou in die middestad van Durban uitgebreek het. Winkels en ʼn dagsorgsentrum is in dié gebou geleë.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê paramedici is omstreeks 14:30 na die brandende gebou op die hoek van Joe Slovo- en Anton Lembede-straat ontbied.
Superintendent Parbhoo Sewpersad, woordvoerder van die Durbanse metropolisie, sê die plaaslike brandweer en die metropolisie se soek-en-reddingspan kon binne minute daarin slaag om die brand in bedwang te bring.
“Metropolisiebeamptes het gehelp om die kinders en volwassenes uit die gebou te red,” het Sewpersad gesê.
Van Huyssteen sê paramedici het altesaam 15 volwassenes en ses kinders op die toneel vir rookinaseming behandel.
“Geen ernstige beserings is aangemeld nie. Twee volwassenes is wel per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.”
Volgens Sewpersad en Van Huyssteen is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie.
Building on fire: Durban CBD. Cause unknown. pic.twitter.com/5KPqVuxyqL
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) July 20, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Aijaijai…en …iemand het bloed as hulke hande
Dit is erg.
Is dit nog steeds brandstigting??
Mens is nou al so dik vir al die brande, lyk my daar is mense wat gebore is met ‘n vuurhoutjie in die hand.