Video: ‘Geen manier dat Henri hier sou loskom’

Henri van Breda word uit die hof gelei (21 Mei 2018) Foto: Catherine Rice/ANA)

“Terwyl ek inligting versamel het vir die boek, maar veral met die volg van die hofsaak en die geweldige sterk getuienis van die staat se getuies, het ek besef dat daar nie ʼn manier is dat Henri [van Breda] hier gaan loskom nie.”

Só het Julian Jansen, skrywer van The De Zalze Murders: The Story Behind the Brutal Axe Attack, gesê nadat Van Breda Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind is vir die brutale moord op sy ouers en broer. Van Breda is ook skuldig bevind aan poging tot moord op sy suster, Marli, asook aan dwarsboming van die gereg.

Van Breda het emosieloos in die beskuldigdebank gestaan en voor hom uitgestaar terwyl regter Siraj Desai sy uitspraak gelewer het. Hy het Maandag tydens die lewering van die uitspraak, wat die hele dag lank geduur het, grootliks emosieloos voorgekom en met tye gelyk asof hy sukkel om wakker te bly.

Van Breda is direk ná die uitspraak in die hof geboei en met die trappe na die hofselle afgeneem, van waar hy na die Pollsmoor-gevangenis vervoer is. Hy sal daar in die hospitaalafdeling aangehou word op versoek van sy regspan.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het na afloop van die hofverrigtinge buite die hof gesê daar moet krediet gegee word aan die ondersoekspan van die polisie, die span by die forensiese laboratoriums en die span van die NVG vir die skuldigbevinding. “Hulle het weereens gewys dat wanneer hulle hul werk doen, doen hulle dit baie goed,” het hy gesê.

“As die vervolgingspan is ons baie tevrede. Dit is die eerste stap om te verseker dat [Van Breda] vir ʼn baie lang tyd tronk toe gaan.”

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mielie ·

Alhoewel ek min simpatie met sulke blatante moordenaars het, het ek jammer vir die vent gevoel. Daar blyk vir my nog baie woedemin hom te wees. Sy arme ma….die laaste persoon wie se gesig sy gesien het was die van haar moordenaar maar ook dit van haar geliefde kind. Ek het jou nogsteeds geen idee hoekom die moorde gepleeg was nie. Die kind het baie selfvertroue. Marli sterkte ek hoop jy kry eendag die antwoorde, maar ek hoop ook jy hoef nooit ooit weer deur die gebeure van daai aand te gaan nie

jannie ·

Voel absoluut vere vir die koelbloedige moordenaar…..geld was sy god…..en nou gan hy lank sit.

Julia ·

Stem. Geregtigheid het geskied en hy moet nou die prys betaal vir daardie waansinnige dade. Tog, soos jy, kry ‘n deel van my hom jammer – nie net het hy sy lewe weggegooi nie, maar ook sy hele gesin uitmekaargeruk. Als so onnodig. Daar is groot fout by hom dat hy hul so koudbloedig kon vermoor. Kan my nie die grusame laaste oomblikke van sy familie indink nie….. Dalk sal ons eendag uitvind wat hom daartoe gedryf het, dalk nie. Dit bly tragies.

Alida ·

Sluit die maniak toe en maak die boek ook toe. Genoeg gehad. Hy en Don sal idees uitruil in die tronk.

LHS ·

Na my beskeie mening hoort hierdie persoon in n sielsieke inrigting vir die res van sy lewe. Sy hele gedrag en optrede toon ernstige afwykings. Dit tesame met dwelmverslawing was die reuse resep tot waansin.

Riaan ·

Skuldig, beslis. Nie net is sy weegawe van die gebeure rondom die moord lagwekkend nie, maar hy het absoluut geen emosie getoon, GEEN rou oor sy vermoorde familie gehad nie.

Yolandi ·

Ek lag lekker vir daai “dit bewys as hulle hulle werk doen, doen hulle dit reg” is hulle nie veronderstel om ALTYD hulle werk te doen en REG te doen nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.