[Video] Geldwa helder oordag by vulstasie beroof

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die Witbank-polisie in Mpumalanga het ʼn soektog van stapel gestuur na twee gewapende mans wat Dinsdag ʼn geldwa by ʼn vulstasie beroof het.

Brig. Obed Ngwenya, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het 11:45 by die Total-vulstasie in Tasbetpark plaasgevind.

“Veiligheidsbeamptes van G4S het by die vulstasie stilgehou om geld te gaan oplaai. Een van die wagte is in die kantoor in om die geld te gaan haal, toe twee mans in die winkel ingekom en hulself as klante voorgedoen het,” het Ngwenya gesê.

Volgens Ngwenya het die verdagtes die veiligheidsbeampte agtervolg toe die beampte met die geld na die geldwa gestap het. “Hulle het ʼn vuurwapen op die beampte gerig en die sak geld en sy dienspistool by hom afgeneem.”

Die mans het in ʼn ou wit Mazda BT50 in die rigting van Kriel van die toneel gevlug.

Die polisie het foto’s uitgereik van twee mans wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Mense wat weet wie die mans is of weet waar hulle hul mag bevind, word versoek om brig. Ngwenya by 082 565 6417 te bel.

Posted by South African Police Service on Tuesday, January 31, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Great great ·

Great werk, Polisie en vulstasie. Almal moet maar kameras insit, kyk hoe help dit. Publiek as jy moeg is vir misdaad, kyk mooi na di egesigte, kyk uti vir hulle en rapporteer.

tokkie ·

Wat is die kanse dat hulle ooit gevang gaan word. Hoop ek moet my woorde sluk

snoefie ·

hebsug ken geen perke nie. leeus, olifante, renosters, geldwaens, menselewens. solank daar buit is. kameras aan die geldwaens kan n goeie begin wees om dié stropers op te spoor.

Rocky Bell ·

Ons het 4 kameras by ons huis ten spyte dat ons in ‘n bykans misdaad-vrye area woon (platteland) – kon by ‘n geleentheid ‘n koperdief identifiseer wat later tronkstraf uitgedien het. Gee jou net altyd daardie ekstra gemoedsrus.

Hannes ·

Ek dog dan op die platteland word mense juis vermoor? Veral die boere. Maar eks bly as julle area mooi veilig is.

Ouvrou ·

Die dae van die geldwa is uitgedien. Almal sien die goed en weet dis n geldwa. So dis wat die skurke doen. Roof hulle.!!!

Lise ·

Vra ek ook. En die agterdeur van die geldwa is ook nie gesluit nie. Dit kan maar net ‘n inside joppie wees. Waar ek woon staan daar twee gewoonlik twee wagte met wapens terwyl die geldwa besig is met hulle werk. Soms lyk hul so aggressief dat ek nie eers na hulle kant toe wil kyk nie, wat nog te sê van die wa wil beroof?! Die misdaadstoneel hier lyk fyn uitgewerk.

Karma ·

@Magda – daai vraag is ‘n goeie een. Ek werk in ‘n groterige winkelsentrum op die platteland. As ek een van daai “cash-in-transit” waens sien en die wag met sy (wat is dit, R4?) outomatiese geweer, dan kry ek skoon rillings. Dié is defnislis ‘n “inside job” – die wag het gou-gou badkamer toe gegaan, toe kry sy pelle kans om die wa te beroof.

wonder ek ook ·

Magda het ek ook gewonder. Gewoonlik sien mens een of twee met vuurwapens wat staan en wag vir die ou om die geld in te laai. Miskien moet hulle die ouens in die trok bietjie ondersoek. Dink nogal hulle het of saamgewerk of anders was hulle nalatig.

Piet Pompies ·

Kyk mooi na die video, dit wil voorkom of die wag die aanval verwag want net voordat hy in die wa klim kyk hy terug asof hy weet iets gaan gebeur.
Dit lyk eerder soos ‘n inside job…

Karma ·

Is seker nie onmoontlik nie, maar dit het eerder vir my gelyk asof hy nie gemaklik was met iets nie en sy omgewing dopgehou het. ‘Skuus ek het nie die video gekyk voor ek op Magda se kommentaar mý kommentaar gelewer het nie. Dit lyk nou vir my na suiwer ‘n opportunistiese geval. Mens moet ook nie altyd die slegste van almal verwag nie.

jaco ·

vervoer die geld in n Volkswagen golf 1800, pak die geld in pick n pay sakke en moenie uniforms dra nie. dan gaan niemand weet dis n geldwa nie en niemand gaan weet daar word geld in die sakke gedra nie.

Eddie ·

Baie vra om te vra oor G4S ook ? waar was die back-up, waar was die man met die R4 wat buite moet wag en waghou ! As jy mak raak gaan jy pak kry.

SP ·

Die hele optrede van die wag is uiters verdag,dis baie duidelik dat hy vir iets gewag het om te gebeur.Ek dink ook nie hy het die sak geld volgens die korrekte prosedure hanteer nie.Die firmas hanteer die vervoer van kontant op n baie lukrake wyse,hou hulle maar dop waar hulle geld op of aflaai,glad nie so paraat nie,intussen word hulle bankrot geroof! Dit wil lyk of hulle die inisiatief teen die rowers verloor het.

Landi Slatter ·

Dagsê Ruby

Dankie vir jou terugvoer. Ons sien geen probleme aan ons kant nie, probeer gerus om die ‘F5’ knoppie te druk – dit sal moontlik dan vertoon. Dit kan egter moontlik wees dat die video ongelukkig nie op jou betrokke toestel wat jy gebruik om Maroela Media te besoek kan vertoon nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Appel ·

Daar is duidelik iets nie lekker met die voorval nie. Dit lyk vir my mar oor die algemeen baie pateties en maklik. Hoekom is daar net een wag?

Pierre Joubert ·

Ek kan net noem dat ek 20 jaar in die Nasionale Sleutel punt Sekerheid gewerk het en my werk was om ondersoeke te doen waar daar patykeer diefstalle plaas gevind het, en met ondervinding deur die Jare het ek baie sake ondersoek waar daar maar saam gewerk was met die Sekerheids beamptes, en dit blyk ook vir my dat die Persoon wat agter in die voertuig geklim het geweet het hy gaan geroof word , waar was die persoon wat vir hom moes uitkyk gewoonlik het die ou wat cover n R5. of Hael geweer maar daar was niemand naby nie , die persoon wat agter in die voertuig was het geen poging aangewend toe hulle weg hardloop nie. En soos ons weet sal enige persoon maar bang wees as n mens in so sittuasie beland maar volgens my ondervinding was dit n Inside roof. hulle het geweet van die roof wat sou plassvind.

Theresa ·

Sit die wag op die poligraaf. So ‘n gemaklike omloer lyk te rustig…

Edward ·

By 0:15 sekondes op die video trap die drywer die trokkie se brieke. Die trok se reverse ligte gaan dan ook aan en dan weer af. Die drywer was wel bewus van die insident wat plaasvind. Die drywer is ook gewapen en sit agter n koelvaste kajuit. Nou hoekom het hy nie iets gedoen toe hulle so lekker verby sy venster draf? Hy kon daai Mazda bakkie des donkies gery het met daai trok?

humor ·

Baie goeie raad is dat elke besigheid wat aangewese is op hierdie diens n “veiligheidsgarage” aan sy gebou aanbou sodat geldwisseling in n veilige ruimte onder dak in die gebou kan plaasvind. Dit kan regtig nie te duur wees nie en lewens kan gespaar word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.