Video: ‘Gemeenskap leef in vrees’

‘n Skermskoot uit die video.

Liz-Mari Jansen van Vuuren, ʼn inwoner van Mooinooi in Noordwes, het Maandag gesê die gemeenskap van Mooinooi lewe in vrees ná die verdwyning en vermoedelike moord op Joey (32) en Anisha (30) van Niekerk.

Jansen van Vuuren het gepraat buite die Brits-landdroshof waar agt verdagtes verskyn het in verband met die Van Niekerk-egpaar se verdwyning. Ses mans, ʼn 18-jarige vrou en ʼn 21-jarige vrou staan tereg op aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg.

Die verdagtes se name word weerhou aangesien daar intussen ook ʼn klag van verkragting ondersoek word en die beskuldigdes dus eers in die hof moet pleit.

“Dit is nie net gemeenskappe in die Mooinooi-gebied nie. Dit is basies gemeenskappe oor die hele Noordwes wat in vrees lewe as gevolg van hierdie mense. Net om hierdie mense se van te noem gee vir jou koue rillings. Hulle moet in aanhouding bly vir so lank moontlik is,” het Jansen van Vuuren aan eNuus gesê.

Maroela Media het vroeër berig Joey en Anisha is op 10 Desember omstreeks 07:30 die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien waar hulle saam op ʼn kleinhoewe woon. Hulle was op pad na Pretoria om Joey se pa se roudiens by te woon, maar het nie hul eindbestemming bereik nie. Hul uitgebrande Nissan X-Trail-sportnutsvoertuig is later in die Magaliesburg-omgewing gevind.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

fm ·

Hulle klink nog erger as die sluwe van Rooyen/Haarhoff kriminele paar van jare gelede. Hoe kan mense soos die toegelaat word om ander in vrees te laat lewe?

treurgrond ·

Ek het nie woorde nie – hoe kon hulle dit doen. Twee onskuldige mense so vat en so behandel.
My hart gaan uit na die familie en mense wat hulle geken het. Hene ek is lost for words.

PJC ·

Ek dink baie mense in SA en nie net in Noordwes nie, leef deesdae in vrees as gevolg van misdaad wat baie erg is in sommige areas.

Ada ·

Moenie borg toestaan nie.
Hierdie tipe elemente hoort nie tussen die publiek nie .

Amanda ·

Ek bly self in Mooinooi en ek kan net my persoonlike mening lig. Dit is ‘n vreeslike lelike en hartseer ding wat die prag vroue en hul geliefdes oorgekom het. Hoop die booswigte kry lewenslank tronkstraf en dat die sleutel weg gegooi word. Ek voel dat die hele land (nie net Mooinooi en omliggende areas) in vrees leef elke liewe dag. Ja, dit is skrikwekkend om te dink so iets kon reg onders so ‘n klein dorpie se neuse gebeur maar om te sê die hele gemeenskap leef in vrees oor die insident is om te veralgemeen. Die dorpie leef elke liewe dag in vrees met al die huis brake ens wat aangaan nie om eers te praat van die betogins, skietery ens nie.

Ander Annie ·

Vir sulke geharde kriminele, geen borgtog. Hierdie is ‘n tragiese gebeurtenis. Twee mooi jong vroue wat brutaal gemartel, verkrag en vermoor is. Weereens sterkte aan die families. Hierdie kriminele moet diep weggebêre word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.