Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn ER24-paramedikus was binne die winkel by die vulstasie in Ruimteweg toe die rooftog buite by die petrolpompe plaasgevind het. Volgens Meiring het die gesin in hul bakkie gesit wat langs een van die petrolpompe gestaan het, toe ʼn motor langs hulle stilgehou het. Twee mans het uitgespring, vuurwapens op die gesin gerig en hulle beroof.
ʼn Video van die voorval is sedertdien op sosiale media gedeel. Op die video kan gesien word hoe een van die rowers ʼn vuurwapen by die bestuurder se venster indruk terwyl die tweede rower die agterdeur van die bakkie oopmaak. Die petroljoggie sien wat gebeur en stap vinnig van die toneel af weg.
Meiring het gesê die ER24-paramedikus het ná die rooftog al drie lede van die gesin en die petroljoggie ondersoek en almal was ongedeerd. “Al vier was egter ooglopend ontsteld,” het hy gesê. ʼn Berader van ER24 is na die toneel ontbied om die slagoffers by te staan.
Die polisie was op die toneel om die voorval verder te ondersoek.
WATCH HOW CUSTOMER IS ROBBED AT FILLING STATION :CALTEX. RUIMTE RD. PTA. GP. pic.twitter.com/8EYSETKrCc
— REZA (@crimeairnetwork) June 2, 2017
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
27 Kommentare
Die gewapende rowers het hulle dalk agtervolg van winkelsentrum.
‘n Mens moet deesdae alles en almal rondom jou dophou.
Kan jy nou meer, ag nee wat hulle weet hulle gaan niks oorkom nie, doodluiters ontwrig hulle mense se lewens en gee nie ‘n flenter om of hulle gesien word nie die arme kindertjies was seker so getraumatiseerd, en die ouers ook, hoe moet ‘n pa in sulke omstandighede voel as hy weet daar is niks wat hy kan doen om sy gesin te beskerm want probeer hy hulle teesit kan sy gesin afgemaai word hulle voel niks vir lewens nie, net die ou geldduiwel wat hulle ondersteun., gelukkig het hulle nie met die familie weggejaag nie!!
Jammer vir die mense in die bakkie en sterkte, hoop niemand het seer gekry nie. Wat kan ons moontlik leer uit hier slegte voorval. Die aanvallers was uiters vinnig en het die verrassings element aan hulle kant gehad. Wat sou moontlik kon help. Hou deure altyd gesluit. Wees oplettend en bewus wat om jou aan die gang is. Moet nooit openbare ruimtes as noodwendig veilig beskou nie. Die personeel (petrol joggies) sal jou nie verdedig of help nie. Jy is vir jou eie veiligheid verantwoordelik. Indien jy mense saam met jou het, laat die ander mense wat saam met jou… Lees meer »
Jy skiet hulle as verrassing. In die kniee of gebruik pepersproei
Kan nog nerens so n “bakkie” sien nie.Berig kan so pateties raak soos miskyk van voertuig.
SUV of in afrikaans nutsvoertuig.