[Video] Gesin helder oordag by vulstasie beroof

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Egpaar en hul jong seun is Vrydag helder oordag by ʼn vulstasie in Centurion deur twee gewapende mans beroof.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn ER24-paramedikus was binne die winkel by die vulstasie in Ruimteweg toe die rooftog buite by die petrolpompe plaasgevind het. Volgens Meiring het die gesin in hul bakkie gesit wat langs een van die petrolpompe gestaan het, toe ʼn motor langs hulle stilgehou het. Twee mans het uitgespring, vuurwapens op die gesin gerig en hulle beroof.

ʼn Video van die voorval is sedertdien op sosiale media gedeel. Op die video kan gesien word hoe een van die rowers ʼn vuurwapen by die bestuurder se venster indruk terwyl die tweede rower die agterdeur van die bakkie oopmaak. Die petroljoggie sien wat gebeur en stap vinnig van die toneel af weg.

Meiring het gesê die ER24-paramedikus het ná die rooftog al drie lede van die gesin en die petroljoggie ondersoek en almal was ongedeerd. “Al vier was egter ooglopend ontsteld,” het hy gesê. ʼn Berader van ER24 is na die toneel ontbied om die slagoffers by te staan.

Die polisie was op die toneel om die voorval verder te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Cornelia 1 ·

Die gewapende rowers het hulle dalk agtervolg van winkelsentrum.
‘n Mens moet deesdae alles en almal rondom jou dophou.

AP ·

Kan jy nou meer, ag nee wat hulle weet hulle gaan niks oorkom nie, doodluiters ontwrig hulle mense se lewens en gee nie ‘n flenter om of hulle gesien word nie die arme kindertjies was seker so getraumatiseerd, en die ouers ook, hoe moet ‘n pa in sulke omstandighede voel as hy weet daar is niks wat hy kan doen om sy gesin te beskerm want probeer hy hulle teesit kan sy gesin afgemaai word hulle voel niks vir lewens nie, net die ou geldduiwel wat hulle ondersteun., gelukkig het hulle nie met die familie weggejaag nie!!

CARL ·

Jammer vir die mense in die bakkie en sterkte, hoop niemand het seer gekry nie.

Wat kan ons moontlik leer uit hier slegte voorval. Die aanvallers was uiters vinnig en het die verrassings element aan hulle kant gehad. Wat sou moontlik kon help. Hou deure altyd gesluit. Wees oplettend en bewus wat om jou aan die gang is. Moet nooit openbare ruimtes as noodwendig veilig beskou nie. Die personeel (petrol joggies) sal jou nie verdedig of help nie. Jy is vir jou eie veiligheid verantwoordelik. Indien jy mense saam met jou het, laat die ander mense wat saam met jou is help kyk wat om jou aan die gang is terwyl jy besig is mbv betaling van die petrol wat jy ingegooi het. Die bestuurder kon weggejaag het indien dit op daardie oomblik prakties sou te wees.

Sal graag ander se voorstelle wil hoor. Vraag, hoe draai mens die verrassing om en verras die aanvallers?

Niklaas ·

Jy skiet hulle as verrassing. In die kniee of gebruik pepersproei

john samuel ·

Pepersproei wyl hulle n vuurwapen op jou rig?!? Jy soek om te bloei (of te dood)….

Heroorweeg weer jou opsies, jy nodig aansienlik meer agressiewe opsie(s) as pepersproei.

Darius Els ·

Kan nog nerens so n “bakkie” sien nie.Berig kan so pateties raak soos miskyk van voertuig.
SUV of in afrikaans nutsvoertuig.

An3s ·

Darius, daar is ‘n bakkie (dubbelkajuit) duidelik sigbaar in die video.
Vulstasies is ongelukkig maklike in-en-uit vir die krims.

Paul ·

Daar is ‘n Audi A1 en ‘n Toyota Hilux in die video, Darius. Die Audi is ‘n klein “hatchback” en die Hilux is ‘n bakkie.

Nie een van hulle is ‘n SUV nie.

Kabousie ·

Darius, voor jy die kwaliteit van die berig oordeel moet jy dalk jou oë laat toets of net probeer fokus,die bakkie is duidelik sigbaar.

Maritza ·

Maritza,
Pepper spray.. tazers ook ;) Plekke waar jy gewere/amminusie (gun winkels) Sommige outdoors plekke ;)

SM Pienaar ·

Robbery took place in front of the SWAT security services office where they expect you to join their organisation

Johan Prinsloo. ·

As dit veilig gedoen kan word moet die passasiers uitklim en verspreid op die perseel staan. Met die terugklim maak seker niemand wag vir almal om weer in die voertuig te wees nie.
Dit is dalk moeite maar dalk die antwoord.

amvi ·

Daai ruggraatlose stasie werker wat weghardloop net soos die by Engen garage maand of so gelede toe vrou en seun aangeval was. Die klomp staan so saam dis om van siek te raak.

Ina ·

Wil iemand my nie asb help nie? Hoe kry mens die video te sien? Ek druk oral op die video maar keer elke keer terug na dieselfde bladsy!

Pim09 ·

Nou Irene wat gaan jy doen as jy sien iemand druk ‘n geweer in ‘n klient se gesig? Mooi vra hy moet nie so stout wees nie en sy geweer bêre? Seriously!!!!! Wat wil jy hê moet die arme petroljoggie doen?

·

Irene baie van hulle lewe ook in vrees nes ons.

Ek sou ook seker gehol het want as ek / hy iets moes gesê het was hy geskiet. Wat sê jy … meneer sit asb jou wapen neer …. I doubt it!

SARIE VAN HEERDENS ·

Eerste wat ek gedoen het was om na die registrasienommer van die wit karretjie te kyk toe dit my byval dat dit niks help nie want dis waarskynlik vervalsde plate. My motor se VOORSTE
nommerplaat is ‘n paar keer die afgelope tyd gesteel want mens parkeer so dat jy altyd jou kar nader van agter waar die agterste plaat is en jy nie opmerk joune is weg nie. Daardie gesteelde nommerplate word gebruik vir die wegkommotor tydens enige misdaad.

SARIE VAN HEERDEN ·

Weet nie of ‘n “tazer” die moeite werd is nie. Ek het een en ek moet omtrent die misdadiger versoek om stil te staan om dit teen hom te druk as ek enige resultate wil he. Die beter tazers kos ‘n paar duisend rand en werk met 3 of 4 ronde “patroontjies” wat “afgaan sodra jy tazer gebruik. Dit kan jy gebruik oor ‘n paar meter ver en is beslis die moeite werd maar dit kos ‘n paar rand.

Cornelia 1 ·

Sarie v Heerden, besoek Senwes , sekuriteitswinkels.
“Tazer” moet lank genoeg wees , so lank soos liniaal.
Handsakgrootte is mors van geld.

Ansie Geldenhuys ·

Goeiste, dit raak darem nou donker om ons! Was lank inwoners van Centurion …. selfs huidige tuisdorp (patteland) is nie veilig nie! VASBYT !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.