Video: Gesprek pak selfbestuur in SA – tóé en dán

Flip Buys.

Die kwessie van kulturele gemeenskappe en selfbestuur in Suid-Afrika is op 2 Julie getakel in ʼn gesprek tussen Thozamile Botha, bestuurslidkomitee van die Afrikaner-Afrika Inisiatief en Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Carel Boshoff, hoof van die Vryheidstigting, het die gesprek gefasiliteer.

Botha, wat ook een van die ANC-onderhandelaars voor 1994 was, vertel dat die kwessie van ʼn volkstaat die laaste kwessie was waaroor besluit moes word voor die Grondwet aanvaar is.

“Dit was ʼn sensitiewe kwessie, maar het in wese oor kultuur gegaan en nie oor ras nie. Daarom is die stigting van Orania deur die ANC goedgekeur. Die ANC het nie ʼn probleem daarmee as mense hul eie plek wil hê waar hul eie kultuur bevorder word nie – solank dit met die Grondwet en Handves van Menseregte belyn is. Solank dit nie ander rasse uitsluit nie,” sê hy.

Hy glo die belangrikste ding is dat alle partye buigbaar moet wees. “Daar moet kompromieë onderhandel word, dis ʼn kwessie van gee en neem. ʼn Groot uitdaging is dat geen groep homogeen is nie – Afrikaners het verskillende sienings onderling oor die moontlikheid van selfbeskikking, en swart mense het ook gemengde gevoelens daaroor.”

Op sy beurt het Buys uitgelig dat selfbeskikking ʼn regmatige strewe is in terme van internasionale reg en moderne staatspraktyk, en dat dit selfs moontlik is in terme van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Tog is dit ʼn omstrede konsep as gevolg van die politieke bagasie wat dit saamdra.

“Oor baie jare heen het baie Afrikaners gepraat en geskryf oor die beginsel en reg van selfbeskikking, maar baie min aandag is aan realistiese en uitvoerbare planne daarvoor gegee. Dis ʼn groot leemte en behoort nou ʼn prioriteit te wees,” sê Buys.

Thomazile Botha.

Selfbeskikking kom neer op selfbestuur wat erken word. Dit is ʼn groeiende proses en nie ʼn eenmalige gebeurtenis nie, voeg hy by. “Selfstandige dorpe of stede kan van onder af gebou word. In plaas daarvan om vooraf toestemming te vra, kan jy ná die tyd erkenning kry vir wat reeds gebou is. Israel is ʼn goeie voorbeeld daarvan.”

Die bekroonde Amerikaanse ekonoom Paul Romer verwys na die bou van sogenaamde vrystede wat hulself beskik. “Dit is hoe China ontwikkel is,” verduidelik Buys. “In Suid-Afrika sien ons reeds iets daarvan in die privaat dorpe wat ontwikkel omdat mense self inspraak wil hê oor skole, veiligheid, ensovoorts.”

Tog is hierdie gebiede tans grootliks vir rykes beskore en Buys glo dat dit eerder gebou moet word rondom gemeenskappe wat ʼn kultuur deel. Die bestaandes is ook steeds nie outonoom nie en daarom nie ideaal nie.

“Die Grondwet maak voorsiening vir kultuurdorpe of -stede. Die bal is nou in ons hande, nie die regering sʼn nie. Party mense dink dis te onrealisties en moeilik, maar as dit opgeweeg word teen die land se vooruitsigte vir die volgende 10 of 20 jaar en die risiko’s wat deur ons in die gesig gestaar word, is ʼn belegging in ʼn selfbestuurde gebied eintlik die verantwoordelike ding om te doen,” voeg Buys by.

Carel Boshoff praat met Flip Buys en Thozamile Botha

Carel Boshoff praat met Flip Buys en Thozamile BothaDie geskiedenis en moontlikhede van ooreenkomste oor selfbeskikking sedert 1994

Posted by Die Vryheidstigting on Thursday, July 2, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Stefan ·

Hulle sal dit nooit toelaat nie.
Ons sal floreer en hoe gaan dit dan nou lyk.

Jaco ·

My plan sal binne 5 jaar ‘n reuse verskil maak:
vra die ANC om dadelik onteiening sonder vergoeding te begin in 8 van die 9 provinsies, om wit mense se stemreg weg te vat en ons tot 2de klas burgers te verklaar. Verskuif al die wit mense Wes-Kaap toe; gedwonge verskuiwings soos wat die vorige wit regering met swart mense gedoen het. Maak die Wes-Kaap ‘n wit tuisland met selfregering vir hulle eie sake. Laat buitelandse beleggings daar toe. Maak belastings ook hoër om steeds inkomste vir die sentrale regering in Pretoria te verseker. Kortom, bring apartheid terug en “mik” dit teen die wit mense. Verskuiwings sal maksimum 3 jaar vat. Die Wes-Kaap Jan binne 5 jaar soos Hong Kong lyk, maar so ‘n proses kan dadelik begin. 90% van die infrastruktuur daarvoor bestaan reeds. En belastings op daardie “Hong Kong” kan die ANC in die res van SA dan weer laat incash. Uiteindelik wen almal.

Michael 1 ·

Mnr Buys,ek praat namens myself maar ek wil n plek hê waar daar nie teen my kinders gediskrimineer word nie ek praat nie van n orania wat nog steeds onder sa wette en regering val nie,ek praat van n onafhanklike staat waar my kinders n wereld gehalte onderwys kurrikulum kan he as onderwys,waar die beste persoon vir n sekere beroep gekies word ongeag van sy kleur of ras. ek wil in n land bly waar ek geregeer word deur wyse mense wat probleme kan oorkom en nie verskonings gebruik vir hulle onbevoegdheid nie.Ek wil in n land bly waar ek belasting betaal met n oop gemoed want ek weet dit word doeltreffend spandeer ,nie bang wees om nie n medies te hê nie want sou ek na n staatshospitaal toe gaan sou dit nie n doodstraf wees nie,en laastens wil ek veilig voel as ek brandstof ingooi of winkel toe gaan of net in my huis sit

Misky ·

Botha…… Hoe het dit gebeur? Ek en die man het dan dieselfde van. Weet nie of ek moet lag of huil nie

Deon ·

Ek is ook n Botha, ek wonder of ek miskien n tradisionele afrika naam moet aanneem

Michael 1 ·

Ek wonder as MM die lesers vra om te stem oor die onafhanklike tuisstaat wat die uitkoms sal wees.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die ANC het sedert 1994 sy ware kleure gewys: Dit gaan vir die klein ANC Elite en hul kaders net om gierigheid: magsug, hebsug, gemaksug, gebaseer op die kommunistiese denkpatrone. Hul kommunistiese leermeesters het hulle goed opgelei in persepsiologiese oorlogvoering en die gebruik van die leuen en drie-woorde-slagspreuke. Hoe sal ons die stemvee-denkslawe bevry tot onafhanklike denke en onafhanklike besluitnemings by die stembus? Deur onderwys en opleiding, wedersydse vertroue, die waarheid, ware geregtigheid en naasteliefde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.