Video: Gestremdes aan eie lot oorgelaat weens staking

Die San Michele-tehuis in Brakpan sien na ongeveer 200 psigiatriese en gestremde pasiënte om. Foto: Verskaf

Die bestuur van San Michele-tehuis vir psigiatriese en gestremde pasiënte in Brakpan aan die Oos-Rand moet bontstaan om na nagenoeg 200 pasiënte om te sien sedert die meeste lede van die tehuis se personeel begin staak het.

Marius Bosman, administrateur van San Michele, het Saterdag verduidelik nagenoeg 90 personeellede, wat onder andere versorgers, kosmakers en skoonmakers insluit, staak sedert Vrydagoggend oor lone en bonusse.

“Waar ons gewoonlik ’n personeelkorps van sowat 85 mense deur die dag het en aandskofpersoneel van 15, het ons tans slegs een matrone en vyf vrywilligers om na ons 203 pasiënte om te sien,” het Bosman gesê.

“Ons ervaar tans ’n krisis en moet met die hulp van die min vrywilligers sorg dat die pasiënte kos kry, gevoer, asook gebad en versorg word.”

Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het afgevaardigdes van dié welsynsorganisasie na die tehuis gestuur om dringend in te gryp.

Nagenoeg 40 werkers van die vakbond Nupsaw (National Union of Public Service and Allied Workers) het Saterdag buite die tehuis betoog. Hulle het Vrydag en Saterdag glo werkers wat nie wou staak nie geïntimideer.

Volgens Phillip Bruwer, woordvoerder van Helpende Hand, het betogers Saterdag ook vrywilligers wat opgedaag het om te help, probeer verhoed om toegang tot die perseel te kry.

Volgens Bosman is dit ’n beskermde staking nadat onderhandelinge by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ’n doodloopstraat bereik het.

Werknemers van die San Michele-tehuis staak oor lone en bonusse en het buite die tehuis saamgedrom. Foto: Verskaf

“Die KVBA het vandeesweek die staking goedgekeur ondanks die feit dat ons ’n instelling vir noodsaaklike dienste is. Dit het grootliks tot die krisis gelei en ons beraadslaag met ons regsverteenwoordigers om ’n dringende interdik teen die stakers te verkry,” het hy gesê.

Bruwer sê Helpende Hand het intussen geld beskikbaar gestel om te sorg dat verpleegpersoneel tydelik aangestel word om te sorg dat die pasiënte hul nodige medikasie kan ontvang.

AfriForum en die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum het ook veiligheidspersoneel gestuur om te sorg dat vrywilligers toegang tot die perseel kon kry.

Vrywilligers spring aan die werk om kos voor te berei vir die inwoners van die San Michele-tehuis in Brakpan. Foto: Verskaf

Noëth het gesê die situasie is soortgelyk aan dié van Huis Davidtsz in Pretoria se middestad vroeër vanjaar waar talle bejaardes in twee voorvalle deur werkers weens loondispute aan hul eie lot oorgelaat is.

“Dit is regtig jammer dat werkers in húl onderskeie posisies die mense wat hulle moet versorg sommer net so in ’n toestand agterlaat. Hoe kan ʼn loongeskil bo die versorging van kwesbare mense voorrang geniet?” het Noëth gesê.

Bosman het gesê die grootste krisis tans is om genoeg arbeid te kry om die pasiënte te versorg en kos te gee.

Dr. Kobie Marais, waarnemende direkteur van die Gautengse departement van geestesgesondheid, sê die departement is bewus van die voorval en monitor die situasie.

“San Michele is een van die beste niewinsgewende organisasies vir ons psigiatriese pasiënte. Minstens 80 van die mense daar is afhanklik van permanente sorg en kan nie na hulself omsien nie. Vrywilligers van Helpende Hand en familielede help tans daar uit en die situasie sal na verwagting ten minste nog die naweek voortduur,” het Marais gesê.

Die stakers het geweier om met die media te praat en oproerig geraak toe hulle om kommentaar genader is.

Lede van die publiek wat hulp wil aanbied, kan hul naam en selfoonnommer na [email protected] stuur met ʼn aanduiding van hul beskikbaarheid tot Maandagaand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Natw ·

Waarom, hul het die tipe werk gekies om na gestremdes te kyk en wat sê dit hul gee nie om vir hul nie ,gaan net vir hul om geld hul het geen waardes nie,dis baie hartseer

Johan ·

Dit gaan oral so. Geen passie vir hul werk of mense in nood nie. Nie die polisie-, mediese- of algemene dienste afdelings van ons staat het werklik passievolle werknemers of bestuur nie. Amper almal is
doellose salaris trekkers. Werkskeppings beloftes vir die wat nie werklik wil werk nie. Gee eerder werk vir diegene wat aandui dat hulle werklik n passie en liefde daarvoor het, en sulke dinge soos salarisse sal dan vreedsaam en beskaafd opgelos word.

Andrea van Vuren ·

Daar is baie witte wat smag na werk, Ontslaan die gevoellose werkers en stel mense met omgeeharte aan!

Claas ·

As hulle in die openbaar staak, hoeveel doen hulle nie aan hierdie mense agter geslote deure nie. Ek sidder.

Sarel ·

Dit sal bly gebeur want daar word nie wetlik of dissipliner teen die mense opgetree nie. Hulle eerder bedank en beloon. Het SA geen Mediese Raad meer nie.

Anel ·

Hulle soek net ‘n “job”. “I need this job”. Het geen idee waaroor dit gaan nie. Soek net die geld en wil nie daarvoor werk nie. Gaan orals so. Parasiete!

Marie ·

Asb moet geen een van daai stakers weer terug in diens neem. Dalk daaraan dink om by die wit plakkers kampe van ons mense te kry om te help. Glo daar sal baie wees wat bitter graag sal help vir Klein vergoeding. Net voorstel

Estelle ·

Ek twyfel of die mense in die wit plakkerskampe hierdie ondankbare werk sal wil verrig. En beslis ook nie teen minimale vergoeding nie.

Hoe siek is dit dat hierdie gestremde mense daar afgelaai word en van vergeet word. Waar is hul families? Hoekom kom help hulle nie?

En dan is dit meer onstellend dat die sogenaamde versorgers hulpelose mense so aan hul eie lot oorlaat.

marina appelgryn ·

Estelle, hoe kan jy soiets beweer dat wit plakkers mense nie die werk sal wil doen by tehuis? Moet hul asb nie onder jou standaard beoordeel!!!

zollie ·

Wat ‘n bloemin skande. Wys jou wat hulle voel. Sê of doen nou net iets en hulle steek die plek aan die brand met almal daarin.

Elize ·

Dis uiters swak. Daar moet in sulke beroepe n klousile te wees dat hulle afgedank sal word indien hulle sou staak en n spesifieke persentasie moet vooraf ooreengekom word vir verhoging per jaar.

Hendrik ·

Dis absoluut siek!! Siek dat gesonde mense hierdie pasiënte aan hulle eie lot oorlaat!! Laat gaan dié wat staak , en kla hulle aan , want van daardie pasiënte kan hulle lewe verloor. Moeg vir hierdie parasiete on ons land!

Loraine ·

Wat is ‘n beskermde staking? Wie beskerm die gestremdes? Ek kan nie glo dat ons land so verval het, dat daar glad nie meer omgegee word vir gestremde mense wie jy moet versorg nie. Skande skande !!!!!! Ek is nie meer trots om ‘n Suid-Afrikaner te wees nie. Ek laat sak my kop in skaamte

Jem ·

Dit is baie hartseer dat die mensdom so genadeloos nan wees. Ek het vir jare in nooddienste gewerk. Om same met Nader te staan is vir my onmenslik. Om so n pos te belle moet jy voortgaan met my werk. Intimidasie Sal my nooit agent in nie want dit is my roeping. God Sal my deur allies beskerm en verder Sal my God vir my sorg.

Wilma ·

Nog gestremdes wie ini sorg vani wetteloses oor gelaat is. Wou eintlik ander woord gebruik. SIES

Skroef ·

Lekker man. Volgende week word die blik…. Terug verwelkom as huulle groot lywe seer gedans is.

Waarheid ·

Ek hoop die families van hierdie gestremde mense gaan haal hulle mense en versorg hulle self.

Calamarie ·

Dis n werk. Gaan werk toe, werk so min as moontlik, gaan huis toe. Dag in en dag uit. Geen passie of gewete.

Anna ·

Kom mense van Brakpan, rol op die moue en help! Ons is te ver anders was ons daar!

Akademi Buktu ·

Interessant hoeveel vakbone en ander groepe (soos EFF) die kleur rooi as kleredrag handhaaf – simbolies van bloeddorstigheid. Dan wil hulle hê ek moet hulle respekteer.

Kruger ·

Kyk gerus in jou werksplek op enige Vrydag hoeveel dra rooi.

IK ·

Netso, met die lees vd berig sien ek die rooi kleredrag vd kommunis en dadelik sien ek rooi!

Pietman ·

Ja jong, niemand sal ingryp behalwe agriforum dankie agriforum. Trots om wit te wees

Besorgd ·

Neem blanke verpleegsters indiens. Daars baie wat sukkel om werk te kry.
Hulle sal mooier kan omsien na julle ou mense as die ander.

Ray ·

Probleem is dat BEE inskop en jy nie blank mag in diens neem nie. Gaan al so erg dat hulle dreig om artikel 18a sertifikatr terug te trek as die hoeveelheid pasiente nie demografies die land voorstel nie. Dsikrimineer teen hulle eie mense

Anoniem ·

Die meerderheid blankes is eienaars van besighede maar hulle dans na die pype van n swart regering. As die blankes hul eie in diens neem om na hul eie te kyk hoekom nie. Laat die swartes na die swartes omsien

marieta ·

opvallend is sekeres meer vetter as ander…..word almal dieselfde hanteer deur die werkers of word party se kos vir ander of vir die werkers gevat?….. kry betroubare werkers..

N Venter ·

Ons kan net pleit ” Here wees ons arme sondaars genadig”
“Vergewe hulle want hulle weet nie wat hul doen nie. ”
Hoe wreed en onnadenkend kan een mens teenoor ‘n ander wees.
Hulle verdien nie die geld wat hulle kry nie.!!!!!!!
Hoe kan ons wat vêr is, help?

Mariné Lourens ·

Dagsê N Venter

Dankie vir jou kommentaar. Stuur gerus ‘n e-pos na [email protected] indien jy betrokke wil raak of hulp wil aanbied. Lees gerus ook Maroela Media se opvolgberig oor die situasie by die tehuis hier.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Jeremia ·

Waar is die jare toe die woord: staak net in woordeboeke bestaan het?
Maar nou leef ons in die era van die ontevredenes wat staak, brand, klipgooi en weerlose mense aan hulle lot oorlaat.
Neem vir ‘n slag mense in diens wat ‘n hart vir hul medemens het.

Hans ·

Estelle.
Dit is presies jou houding en ongeloof in jou eie mense wat lei tot die krisis van werkloosheid – skaam jou en gaan ASB weg!

Ontstoke ·

Betaal hulle af, want hulle het nie ‘n passie vir hulle werk nie!!! Dan het hulle nog die vermetelheid om die helpers te intimideer en te keer dat hulle gaan uit help?? Wie de hel dink hulle is hulle, hulle is beslis nie ja en amen nie. Word groot en besluit waar julle prioriteite lê. Sorteer julle geskille uit met julle werkgewers soos groot mense en HOU OP om julle speelgoed uit die kot te gooi en tantrums te gooi. Dit is vir my duidelik dat julle nie die werk verdien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.