[Video] Gewaagde reddingspoging om vensterwasser te red

Foto: Rescue Care

Die Durbanse brandweer moes Saterdag ontbied word om ʼn vensterwasser te red nadat hy agt verdiepings bo die grond in die moeilikheid beland het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die man was omstreeks 11:15 besig om vensters van ʼn hoë gebou op die hoek van Pine- en Fieldstraat te was toe die toue van sy harnas weens sterk winde verstrengel geraak het.

Paramedici van verskillende ambulansdienste, die polisie se soek-en-reddingseenheid en die brandweer is na die toneel ontbied. Volgens Jamieson het reddingswerkers ʼn venster gebreek in ʼn poging om die man te help, maar kon hom nie só bereik nie.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê twee van die brandweer se reddingswerkers het uiteindelik daarin geslaag om hulself van die dak van die gebou af te laat sak om by die man uit te kom. Sterk winde het die reddingsoperasie erg bemoeilik, maar hulle kon uiteindelik daarin slaag om die man te laat afsak tot op ʼn balkon op die tweede verdieping.

“Die man is deur paramedici ondersoek, maar hy was ongedeerd en net getraumatiseerd deur wat gebeur het,” het Vermaak gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cherokee ·

Maroela, moet seblief nie die bewoording in die berig verander nie want dit is lekker om steeds die ou name te sien en ons gebruik dit steeds maar sommer net vir wat dit werd is,
Pine het Monty Naicker Road geword en Field is herdoop ter ere van die kommunis as Joe Slovo Street.

Cherokee ·

Dankie, dankie, dankie dat julle nie die berig aanpas nie. Die ou name word steeds plaaslik gebruik.

venster wasser ·

Skoon onderklere en ‘n goeie skrop en hy sal nooit weer in sterk wind wil site viewing doen nie.

Hans Stekelenburg ·

Hiedie geval kan homself herhaal as die kontrakteur die venster moet vervang wat die noodwerkers gebreek het

Hansie ·

Hiedie geval kan homself herhaal as die kontrakteur die venster moet vervang wat die noodwerkers gebreek het

SARIE VAN HEERDEN ·

‘n Pluimpie aan Maroela dat hul die ou bekende straatname gebruik het want ek weet waar is Pinestraat maar die vader weet waar is die nuwe naam. Miskien kan julle, om ons te help, die ou naam in hakies plaas na die nuwe onbekende neem.

SARIE VAN HEERDEN ·

REGSTELLING: NEEM IN LAASTE SIN HIERBO MOET NAAM WEES.

Griki ·

Baie dankie vir die noodwerkers wat hierdie vensterwasser gehelp het. Waardeer ons ooit die mense wat “nederige” werk doen soos vensters was se werk? Of aanvaar ons maar net dis wat gedoen moet word. Ek, vir een, kyk nou met ander oë na vensterwassers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.