Video: Gewapende mans op plaas: ‘Dit moet waarskuwing wees’

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Pieter du Preez (37), ʼn boer van Mpumalanga, hoop beeldmateriaal van vier gewapende mans wat langs die heining van sy erf loop, sal net weer as waarskuwing dien vir mense om hul veiligheid op te skerp.

Volgens Du Preez het die voorval Donderdagoggend gebeur, maar hy het eers later die beeldmateriaal van die kringtelevisiekamera gesien van vier mans wat met wapens in hul hande langs sy plaashuis se heining loop.

Du Preez het gesê daar is drie eiendomme op sy plaas tussen Hazyview en Witrivier. “Hulle het eers langs my heining afgestap waarna hulle na die pakhuis is. Hier het hulle ʼn veiligheidswag vasgebind. Hulle is toe na die ander huis op die plaas, maar iets moes hulle afgeskrik het, want hulle het nie ingebreek nie. Daar was niemand by die huis nie.”

Du Preez vermoed die mans het besluit om nie by sy erf te probeer inkom nie danksy die kameras, alarms en heining. “Ek is dankbaar dat niemand beseer of op geskiet is nie. Ek dink dit moet net weer mense op plase ontnugter en waarsku om hulle veiligheid op te skerp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Chris ·

Die maklikste is koop ‘n doodskis, sit dit waar almal dit kan sien. Die besoekers sal dan ‘n saak teen jou gaan maak. Dit is beter as om met jou lewe te boet en sal ligter daarvan afkom.

B A Potgieter ·

Praat van Doods Kiste. Die twee Lede wat n Elektriese draad skelm vas gevat het, moet eintlik in hul verdediging antwoord dat hulle die “Slagoffer” wou wys hoe dit voel om in n Doodskis te le nadat n Elekstiese draad diefstal hom dood geskok het. Dis waarom hulle hom nie gearresteer het nie en dat hulle besef dat hulle n fout gemaak het om hom nie te arresteer nie. Dra aan die 2 seuns oor om hul Advokaat die wenk te gee ter versagtiging van die Straf wat kom.!!!!

Kobus ·

Nou vra ek waar is die sigbare polisie. Die kommando’s is weg geneem. Daarom loop die skelms op vrye voet. Dis net die begin van lelike dinge. Ons moet baie meer waaksaam wees in die tye

Annie ·

Hulle wou seker kom tee drink … met al die moorde soos dit op die oomblik gaan .. neem aksie. Moet nie speel nie. Ons bid vir julle veiligheid

Marieta ·

dis net jammer hulle sal nie sit en tee drink nie…DDT…

Rush ·

Ek dink hulle ht gesien daar is niemand om iets aan te doen of te vermoor nie toe se hulle laat ons maar waai

Grotman ·

Rush ek stem 100% met jou saam. Hulle was nie daar om te steel! Hulle was daar om te moor en niemand was tuis. Pas op! Hulle gaan terug kom.

Dedré ·

Hulle is nie afgeskrik nie. Hulle het net kom inloer. Hulle gaan terugkom met die nodige tools. Wees gereed!!!

goga ·

Ons bid God se beskerming oor al die boere en mag God sy engele bevel gee om plek in te neem om elke kind van God, mag die engele sigbaar wees om ons te beskerm teen die wat ons leed wil aandoen. Kom laat ons saam stem en God se beskerming sal sterker wees in Jesus naam. Amen

james ·

As ek sulke indringers wat gewapen is op my skerms sien gaan ek hulle tot nuut maak want hulle is nie daar om n koppie suiker te kom haal nie maar eerder n streepsak vol loot

M. du Plessis ·

Ek het soortgelyke beeldmateriaal van ‘n insident by my, my vriend. Maak maar gereed, die kat kom weer.

LB S ·

Ek het vroeër vanjaar by my kinders in Jhb gaan kuier en was die dag alleen met my 2 kleindogtertjies tuis. Die aand toe my seun by die huis kom het sy buurman gesê hy het ‘n verdagte motor voor die huis gesien. Ons kyk toe op die band en sien hoe sit hulle in die motor voor die hek en bekyk die huis, seker die kameras, ens gesien en weer gery. Ek kry nou nog koue rillings as ek dink wat sou gebeur het as hulle ingekom het! Hoekom moet mens so in vrees lewe, waar is die dae wat my ouers die voordeur saans oopgesluit gehou het totdat my broers tuiskom as hulle uitgegaan het?

Frederik ·

“Scouting” word dit genoem. Hierdie groep rapporteer terug na hulle “oppergesag”…. Finale planne word gemaak en gefinaliseer. Die aanval gaan nie noodwendig daar wees nie maar definitief in daardie omgewing. Daarom moet daardie gemeenskap ook hulle teen beplanning spoedig doen.

Mabet ·

Dit kan wees dat hulle terugkom…wees op uitkyk vir bottels..plastieksakke aan bome…takke van bome wat nie daar hoort nie en nog baie ander goed wat nie in omgewing hoort nie

Callie van der Merwe ·

Als deel van die slapgat rassiste wat hulself die regering noem!

Elisabeth ·

Hoekom lees die datum op die beeld materiaal 2015-12-13.

julius ·

Jy is reg. Die video is lankal op Facebook versprei. Ek dink dit het nodig geraak dat meer mense dit sien, daarom nou ook op maroela. Die feit is dat dit steeds kommerwekkend is , want dit is terrorisme in volle swang. Wees waaksaam.

Nico Strydom ·

Dagsê Elisabeth

As mens mooi kyk sodra die datum verskyn sal jy sien dit wys 2016 – aan die einde maak die beeld ‘n vreemde kleur en dan lyk dit soos 2015. Ons kan wel bevestig dit is 2016.

Vriendelike groete
Maroela Media

Vlugteling ·

Ek is mal oor die trip wires met krekkers of “flares”. Hier is nog ‘n idee. Kry ‘n “manakin” en maak dit op asof hy / sy verloor is. (Opgehang met ‘n tou, keel wat oop gesny is) en maak “shrunken heads van koerant papier en ponal hom..very dit en gebruik uitgedroogde hoender bene en maak dit met toutjies vas en hang dit soos ‘n “chime klokkies” aan mekaar.. hier kom die “toordokter” en sy tokkelossies” hahaha

Vlugteling ·

Vermoor is…. Nie verloor nie. Simpel “auto correct”???

Vlugteling ·

Vermoor is…. Nie verloor nie. Simpel “auto correct”???
Ponal Gom.. verf dit****

Elisabeth ·

Middag Nico

Baie dankie dat julle terugvoering gegee het. – Elisabeth

Fanie ·

Hulle het niks daar te soek nie, dit lyk of daar n voertuig vir hulle staan en wag, and of hoe

al ·

Ek hou elke keer asem op oor berigte van plaasaanvalle. Dankie God niemand is beseer nie. Laai asb die video op You Tube ens dat die wereld sien waarmee ons boere elke dag mee te doen kry.

pieter ·

Die beste van alles is jy mag hulle niks doen nie kan op jou erf loop en maak soos hulle wil en jou hande is vas.

Leon ·

Ek glo die rede dat hul padgegee het was die huise het nie witmense(Boer) ingehad om temoor nie! Dis n moord bende daai!

Lance ·

Koop ook n paar beams wat n chime of buzzer laat afgaan in die huis …so weet mens iets beweeg buite rond….hulle is ook troeteldier vriendelik en werk dus baie goed as n vroee waarskuwing dat iets buite is ….werk baie goed !

nic ·

Last die rasistiese regering n referendum hou of doodstraf terug moet kom Dan sien ons en bring die kommandos terug ek was 15 maar een en glad nie spyt

mariaan ·

Al die idees hierbo klink uistekend. Ek hoop die boere en sellfs mense in die stad, sien dit en beveilig hulle eiendom so.
Dis ń goeie plan om die video op Youtube te laai. Maak net seker dat al die hutsmerke ander Youtube gebruikers regoor die wêreld na die video sal neem.

Theunis Kruger ·

Dis maar net weer ‘n bewys. Die mense was nie tuis nie, toe vat hulle pad. Die motief is moord en nie roof soos in 95% van aanvalle beweer word nie. As hulle wou steel, kon hulle mos ongestoord voort gegaan het. Diegene wat die “roof” bewerings maak, onderskat ons intelligensie. Die gespuis werk in opdrag van iemand. Die oud SAPD en SAW lede wat by intellegensie was, kan dit maar ondersoek, hulle sal die bewyse kry.

SkarrrelKind ·

Nou wel van die os op die jas: ek kry geen noemenswaardige skakels op die internet wat bevestig dat die doodstraf werkilik suksesvol is om ernstige misdaad te verhoed nie. Ek voel ook bring die doodstraf terug, maar ek wil weet of dit werk. Het enige iemand goeie skakels op die internet gekry wat ek dalk kan lees asseblief?

yvonne ·

Iets is hier nie pluis nie. Waarom beweeg die kamera se fokus saam die die vier mans en waarom sien ons nie die res van die clip nie? Buite kameras is gewoonlik getel op ‘n spesifieke fokus punt en daarom sal die mans in en uit die fokus punt beweeg. Hierdie een volg hulle dan! Tensy hierdie baie gesofistikeerde toerusting is maar ek weet darem nie………..

Ria ·

Nic daai selfde rassistiese regering gaan die se he oor die doodstraf….dink jy regtig dat dit reg toegepas gaan word in hul hande? Hul hoef dan nie eers meer moord bendes uit te stuur nie want dan het ons nie net ons land vir hul verniet gegee nie, ons gee dan sommer ons lewens ook vir hul….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.