Video: Gewapende rooftog by Menlyn-winkelsentrum

Die Menlyn Park-winkelsentrum in Pretoria. Foto: Skermskoot/Google Maps Street View

Twee mense is Sondagmiddag geskiet toe gewapende rowers op ʼn juwelierswarewinkel in die Menlyn-winkelsentrum, Pretoria, toegeslaan het.

Volgens Renata Erasmus, woordvoerder van Life Med-ambulansdienste, is paramedici omstreeks 15:00 na die winkelsentrum ontbied.

“Volgens die inligting wat ons ontvang het, het die rooftog by die Arthur Kaplan-juwelierswarewinkel plaasgevind,” bevestig Erasmus.

Erasmus sê ʼn veiligheidswag is in die maag geskiet. “Lede van twee ander ambulansdienste het hom op die toneel gestabiliseer.

“Met ons paramedici se aankoms op die toneel het hulle ʼn ander persoon gehelp wat ook geskiet is en twee skietwonde in sy onderste ledemate opgedoen het. Die pasiënt is gestabiliseer en na die hospitaal vir verdere behandeling vervoer.”

Emer-G-Med het die voorval bevestig.

Hendrick Makaneta vertel hy en sy familie wou net voor 15:00 die winkelsentrum betree, toe hulle sien die sentrum is gesluit.

“Volgens die veiligheidswag is daar skote binne die winkelsentrum afgevuur en ons mag nie by die winkelsentrum ingegaan het nie,” sê Makaneta.

Menlyn se bestuur het die voorval in ʼn verklaring bevestig. Daarvolgens is die polisie tans op die toneel om ondersoek in te stel.

Ingang drie is steeds toe, maar die res van die winkelsentrum is veilig verklaar en oop vir lede van die publiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kokerboom ·

Dit raak Kersfees . Jagseisoen vir rowers is oop! Wees asb op uitkyk naby juwelierswinkels in toekoms in sentrums

Pablo ·

Kriminalität hierarchy thats rapidly spinning ou if control. Five yeas fron now nobody in hi right mind will invest here.

Kobus ·

Dieselfde sindikaat wat Centurion Mall juwelier beroof en geskiet het? Mens moet liewer die Mall’s vermy. Waarom stel die Mall’s bestuur nie verklikkers in werking by ingange nie?

Werner ·

Die Mall is dan nou kamtig n wapenvrye zone.Duidelik het die skelms nie daarvan gehoor nie.Gaan nie meer na sentrums toe waar ek nie my wapen kan dra nie.Want soos bewys die mall’s kan nie jou veiligheid waarborg nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Wat kan mens verwag van die ANC se vrotsige kommunistiese Mzansi National “Democratic” Criminal Animal Farm? Simptomaties van ‘n land waarvan die kriminele regstelsel reeds verval het en kriminele glo die kans is nalaatbaar dat hulle gevang, effektief vervolg en tronkstraf ten volle sal moet uitdien. En ‘n lewe is niks werd in hul denke nie. NIKS my medeburgers. NIKS. En die ANC het geen skaamte of gewete nie.

Susan ·

Dit raak net eenvoudig te gevaarlik om na enige Mall toe te gaan. Nie net word mense nou gevange gehou in hul huise met die inperkings van covid nie, nou word mens ook nou uit inkopiesentrums verban weens vrees vir kriminele wat daar rondhardloop met wapens!
Hoe is dit moontlik dat ‘n groep by ingange van groot malls kan inbeweeg, swaar gewapen, maar niemand is bewus daarvan nie. Die belangrikste vir enige Mall of winkel is nou om mense se temperatuur te meet, met ‘n apparaat wat meestal nie eens werk nie, en dan jou hande te bespuit met goed wat jou asem wegslaan as jy nie gemasker is nie. Terwyl die ‘covid’ proses by die ingang aan die gang is, glip die kriminele met masjiengeweer onder die oksel deur en trek los op onskuldige mense. Ons land het nog ‘n ver pad om te stap om die veiligheid van die publiek te verseker en in ag te neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.