Beeldmateriaal van ʼn man wat wegsluip met ʼn deel van ‘n gewapende rower se buit word tans op sosiale media gedeel.
Die voorval het by ʼn Shoprite USave-supermark plaasgevind.
In die video is ʼn gewapende rower besig om kontant uit die kasregister se laai in sy sak te druk. Hy dreig die twee personeellede kort-kort met sy vuurwapen terwyl hulle in vrees agter die toonbank wegkruip.
ʼn Man kruip dan onverwags oor die vloer, gryp ʼn paar van die note wat op die vloer geval het en sluip dan ongesiens verby die rower en by die deur uit.
“Selfs rowers is nie eers veilig in hierdie land nie,” het @LusaphoLuuh9 op Twitter gesê.
Die supermark het aan News24 gesê die rooftog het op 15 November in Gauteng plaasgevind. Niemand is nog in verband met die rooftog aangekeer nie.
https://www.facebook.com/IntelligenceBureauSA/videos/521508378430232/?v=521508378430232
Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
Die rower word self beroof. Hahahaha! Mooi man. SA wys weereens die wereld hoe dinge gedoen word!
Dit kan net in SA gebeur… Skrikwekkend hoe gulsig die diewe is
Crap, dit is sy rower chommie, hy sien hom nader kruip en die geld vat. Net n setup vir sensasie.
Lyk of daai man op die grond reeds sy broek nat gemaak net…
Vreeslik snaaks…..????????????????????