Video: Geweerskote vs. krieketkolf – Oscar-saak

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Gebruiker het ʼn video op Youtube gelaai waar die geluid van geweerskote vergelyk word met die geluid van ʼn krieketkolf wat teen ʼn deur geslaan word.

Die Youtube-video is gemaak na aanleiding van die verdediging in die Oscar Pistorius-moordverhoor se verweer dat die geweerskote wat getuies gehoor het verwar kon word met die geluide van ʼn krieketkolf wat teen ʼn deur geslaan word. Die gebruiker sê by die video dat die eksperiment nie ten doel gehad het om die spesifieke gebeure van die aand van Reeva Steenkamp se dood te dupliseer nie. Die gebruiker voeg by dat die geluid van ‘n krieketkolf wat teen ʼn deur geslaan word wel soos ʼn geweerskoot kan klink.

Volg die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Slim Daan ·

Nou ja toe. Gun elke ” Johnny come lately ” ook sy 5 sek’s van glorie.

Wonder ·

Sal ‘n deur wat in ‘n vertrek is nie ‘n ander tipe geluid maak as ‘n deur wat op ‘n oop stuk veld staangemaak is nie? Die klank sal dus “amplified” wees. Is dus ‘n moontlikheid.

BRaam ·

Die probleem wat ek met die ou se recording het, ja dit klink baie dieselfde, maar daai is n oop deur op n oop veld. Die badkamer deur as binne n huis, met deure en muure an vensters en ander huise ek neem aan tussen in.

Sonja ·

How about doing the test in a building with a room, then only you can make your finding/decision…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.