[Video] Oproerigheid by Tuks oor taalbeleid

Lede van die polisie en kampussekuriteit probeer betogers uitmekaar dryf. Foto: AfriForum

Lede van die polisie en kampussekuriteit probeer betogers uitmekaar dryf. Foto: AfriForum

Gemoedere het Donderdag hoog geloop op die hoofkampus van die Universiteit van Pretoria (UP) na ʼn openbare vergadering om die universiteit se taalbeleid te bespreek.

Talle lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het hulself teen Afrikaans as onderrigtaal uitgespreek, terwyl AfriForum Jeug die eis ten sterkste teengestaan het. AfriForum Jeug het ook ʼn memorandum aan prof. Niek Grove, registrateur van UP, oorhandig.

Ná die oorhandiging het lede van die EFF oproerig geraak en lede van die polisie moes ingeroep word. Volgens AfriForum Jeug het die EFF hul lede met verskeie wapens aangerand. Die groep sal nou een van hul lede, wat in die voorval beseer is, bystaan met ʼn saak van aanranding wat Donderdag teen Amla Mingose Nagih, ʼn EFF-leier op UP, aanhangig gemaak is.

Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder, het Donderdag gesê die aantal studente wat by die openbare vergadering opgedaag het, is bewys daarvan Afrikaans is vir duisende studente belangrik. “Prof. Grove het aan AfriForum Jeug die versekering gegee ons sal binnekort na ʼn vergadering genooi word om óns kant van die saak te stel,” het hy gesê.

Intussen het die universiteitsbestuur Donderdagaand op Facebook aangekondig aangesien Donderdag se vergadering opgeskort moes word, die vergadering met studentegroepe wat vir Vrydag geskeduleer is, uitgestel word.

Die onderskeie studentegroepe is gevra om eerder hul terugvoer oor die voorgestelde wysigings in die universiteit se taalbeleid per e-pos aan die universiteit te stuur. Hierdie wysigings sluit onder andere in dat Engels die primêre onderrigtaal in alle klasse sal wees en dat Afrikaans en Sepedi slegs gebruik sal word om addisionele ondersteuning vir studente tydens praktiese klasse en besprekings te bied.

Die universiteit het later ook op die sosialemediaplatform gesê die kampus sal Vrydag oop wees en klasse sal gewoonweg voortgaan. “Geen onderbreking van akademiese aktiwiteite of enige onwettige optrede sal geduld word nie. Ekstra sekuriteit sal ontbied word indien nodig,” het die universiteit gesê.

AfriForum het ʼn video van Donderdag se voorval op sosiale media gedeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Dries ·

Baie geluk ouens, jul het jul baie goed gedra en die saak mooi hanteer met goeie self- beheersing.Julle het jul man goed gestaan!!!

Frik ·

Ek kan nie meer saam stem nie! Manne julle is iets om op baie trots te wees! Afrikaner Trots!!!

Jaco ·

Not a racist statement as its the only defence that can be given to win each debate. It is a statement to say we are all human with the same feelings – the same knowledge – the same gods – the same believes, we are all just separated with our colour that are being abused and misled and programmed by leaders to gain personal wealth.

Ria Erlank ·

Trots op hierdie jong manne ~ so wys jou leierskap uit ~ deur selfbeheersde, integriteit & kalmte van gees ~ op te staan vir jou regte. Respek vir julle!!

Christo ·

Kan nie sien hoe jy n afrika resep met n westerse resep saam in n pot gooi ek dink dat dit gaan werk nie.Ons probeer dit doen deur net n deksel op te sit maar is bevrees die druk gaan dit later afskiet.Hierdie is nie siening wat gebaseer is op n voorspelling nie maar eerder op lesse uit die afrika geskiedenis.

Kobie ·

Probleem met die Blankes is is dat ons te ordentlik opgevoed is … dieselfde het verlede jaar op die NWU se Potchecfstroomse Kampus gebeur … Blankes moes al die verwyte en haatspraak aanhoor … dis hoogtyd dat ons weer ophou stilbly en iets drasties daaromtrent doen.

Johan ·

Kobie. Dank die Here ons is ordentlik opgevoed. Daarom was die manne eintlik die skarebeheer. Geluk manne julle eerste les in skarebeheer.
MAAR ek moet waarsku. Die revolusioniste is uit vir bloed. Dis nie gewone intemidasie meer nie. Hulle soek ‘n buite beheer situasie. As daar by so situasie nie polisie is nie, moet julle asseblif die area vermy. Hierdie revolusioniste is wreed. Jare terug het hulle mense ‘genekless’ (met buitebande aan die brand gesteek). Hulle brand voertuie, geboue en verkrag… dis nie almal nie. Dis elemente in die groepe. Hulle is wat ons genoem het ‘aanhitsers’. Hulle is opgeleide terroriste om ‘n situasie uit te buit om dit buite beheer te laat eskaleer. Vermy die plekke van groepvorming. Vermy optogte.

Eli ·

As jul nou moles wil he…sit n paar menopausal opgewerkte vroue in die voorste linie..daar waar die paplepel die swartpot slaan.
Welgedaan jonges. .dit vat mannemoed om so kalm te bly..maar eks bevrees sodra daar n skermutseling gaan plaasvind…..liewers nie dink daaraan nie

vierkleur ·

stem 100% saam met jou,en daai tyd is baie vinnig besig om nader te kom.
Ek weet nie of ek myself so goed sou kon inhou nie. Wel gedaan boer seuns.

Leonard van der Dussen ·

Die video wys geordende en netjiese optrede van Afrikanermanne; en die barbarisme en van mense wat nie op ‘n universiteitskampus hoort nie.

As voormalige onder-voorsitter van die ASF (Afrikanerstudentefront), wat in die tagtigerjare op TUKS die stryd aangeknoop het teen die transformasie, maar dit moes doen teen opgesweepte naïewe massas mede-Afrikaners, gaan my hart uit na die huidige studente in ‘n ongelyke stryd waar dit moeilik is om kop te hou. Ons het ‘n intense stryd beleef van die onverkwiklike histerie van mede-Afrikaners wat net nie wou glo wat aan die gebeur was in die tagtigerjare nie, maar vandag weet hulle wie reg was. Dis goed om te sien die stryd het nie gaan lê nie. Ander tyd, ander dinge; maar die barbarisme wat ons voorspel het, is nou op kampus. Ek is steeds aktief in die onderwysstryd en put moed uit manne wat hulle man kan staan se optrede.

MCS ·

Ons is teveel geure en kleure in die land! Ons soek hulp van teveel gode en nie hulp van ons ware God! Ons almal het verskillende dinge wat ons belangrik ag , party hou van vrede ander van geweld, minderheid dink met hart en verstand , meeste van die meerderheid het nie n clue waaroor dinge gaan maar dink hulle weer en voeter net voort omdat hulle kan en kry dinge reg en die ANC geetoe aan hul gedrag om te lyk of hulle heros is en stemme tekry! Liewe Heer help ons want net U kan ons uit die gemors kry!

hans ·

Met die lees van die berig is my aanvoeling dat daar al klaar besluit is ten gunste van Engels as onderrigtaal. Prof Grove probeer net om Afrikaanse studente te paai. Daar sal voorberei moet word vir n regstryd sodat n ‘minderheidsgroep’ se gevestigde regte beskerm word

Tuks student ·

Wel kampus is vandag gesluit en klasse is gekanselleer. Blykbaar gaan daar n ANC “anti racism” optog 10:00 by die Uniegebou wees.
Hou asseblief alle studente van SA in jul gebede.

m ·

Snaaks genoeg voor 1994 het almal Afrikaans gepraat maar net na 1994 toe praat niemand nou skielik Afrikaans nie…. Wonder ma net!!!! Skielik is daar hierdie groot taal kwessie.

Chrisjan ·

Mooi boetas! Trots op julle. Berei julle voor vir die dag wanneer daai ketting breek. Liggaamlik, geestelik en sielkundig.

Trolle ·

Dis mooi om te sien hulle staan vas vir iets waaraan hulle glo,maar op die ou einde gaan ons goed opgevoedheid nie meer werk nie teen sulke goed nie.Kan sien daar is n wereld besluit Afrikaans moet uit die land uit want julle weste lyk heeltemal tevrede daarmee.Op die TV se hulle gelyke regte vir almal,maar as jy nie eens meer toegelaat wil word om jou eie taal te praat nie?

pietie ·

polisie, was te min in getalle, ek wil amper se die weermag moet ook op bystand wees naby die gebeure of vergaderings, As hul mekaar gaan vat,,,,,,,,,,,,, gaan ons almal berou he,,,,,,,, dan na dit gebeur het, dan sal die polisie wil meer doen dan is die skade klaar gedoen. Wie gaan daai magdom keer en in beheer bring? Teen die tyd wat versterkings opdaag vloei die bloed al ver. EK SIT DIT IN HOOFLETTERS MAGDOM POLISIE, PLUS WEERMAG, DIE DING IS OP MESPUNT. As iemand hul lewe daar verloor wit of swart, dink jy die familie gaan nie wil wraak neem nie.

Eugene ·

Knap gedaan Manne!

Ek kan egter geensins verstaan hoekom daar so ‘n hengse bohaai gemaak word oor taal nie….
Die struktuur en beleid van UP en ander tersiêre instellings is dat Afrikaans ‘n onderrig taal is. Dit is die reëls.
So, as iemand nie van die reëls hou nie of nie daarmee kan saamstem of wil saamleef nie, gaan soek dan ‘n ander tersiêre instelling wat wel onderrig aanbied in die taal wat dan verkies word.
Maar hou op om ander te intimideer en manupileer met geweld en dreigemente en vernielsugtige/ kriminele optrede ten einde julle “punt” te probeer afdwing op ander wat net graag wil studeer en ‘n kwalifikasie wil bekom…

As ek nie van die reëls en regulasies hou by my werk nie, gaan niks en niemand dit verander om my tevrede te stel nie. Trouens, ek sal die een wees wat alternatiewe moontlikhede moet gaan soek…tot my sensitiewe behoeftes bevredig word.

alida ·

DIT IS ABSOLUUT WALGLIK EN AFSTOOTLIK. Die SAPD moes al hulle vangwaens bymekaar gebring het en hulle almal toegesluit het. Waar is die orde in hierdie land heen? Dit is nou die tyd dat Agfriforum klagtes van aanranding en intimidasie teen die EFF aanhangig maak. Genoeg is genoeg van hierdie barbaarse optrede.

Flintstone ·

Afrika leer ons deur die eeue een les.Konflik is al taal wat gebesig word.Hierdie word gedoen ten koste van vooruitgang en welvaart.Vrees en onderdrukking is al waarmee ‘n onversadigbare drang na konflik gesmoor en beheer word.Vandag is taal die katalisator ,sou daardie bastion oorkom word,sal die fokus weldra na ‘n ander onbenulligheid verskuif wyl die armoede soos ‘n wolk oor Afrika neerdaal en die genadige weste weer moet ingryp.Die groter beeld sal die kortsigtiges bly ontwyk,wyl die vêrsiendes nooit gebrek sal hê nie.

tamboti ·

Interressant dat die wit studente wat net vreedsaam hul man staan ook deur die polisie of veiligheids beamptes terug gedruk word. Die oproeriges word net gelos om te stam en skreeu en slaan.
Die sweer gaan bars mense, maak gereed. En die wat bid: bid reg; bid vir oorwinning en vir die “VREDE” wat jul so verkondig nie. Die God van die Woord gee oorwinning, nie wereld vrede nie!

HEVW ·

Dit is n late tyd om te se ek verstaan nie. In enkele woorde gese, dit gaan nie om n groep studente wat bereid is tot revolusie terwille van Engels nie. Die stryd is teen n baie groter mag naamlik globalisme gedryf deur n nuwe wereldorde wat die ganse mensdom wil omskep in n gryse identiteitslose massa. Dit gaan nie maar net om n taalkwessie nie. Al die fundamentele, nl. soos die eerbare geskiedenis, ook die boustene waarop n volk trots kan wees, soos sy sportprestasies, die sprinbokembleem sy historieskultuurskatte, monumente, sy taal en selfs sy godsdiens moet n verleentheid word, verwyder word. n Volk wat nie weet wat sy oorsprong is nie en waarheen hy onderweg is nie is n toekomslose volk totaal gerueneer van sy waardesisteem en ontaard in n gryse massa en is dus vatbaar vir die ediologie van globalisme. Hierdie massa moet gekenmerk word deur een wereldgodsdiens een ekoniese stelsel en word regeer deur een oorkoepelende Godlose wereld mag.

jan ·

Stem saam jou, meeste mense is onbewus van die globale dryfveer agter anargie, met een doel in sig, alleen beheer deur een wereldregering ens ens. Lees ook JEWS NEWS, die tyd vir die groot aanslag het aangebreek. So ook kom SA se tyd vir groot verandering nou vinnig nader, die Bybel se profesië is besig om in vervulling te kom, so ook ondermeer Siener s’n wat in elk geval geskoei is op die Bybel

Anne ·

So bly daar kom ‘n bietjie balans.
Hierdie optrede van die Afriforum jeug dwing respek af dwars oor die kulture.
So sal ons iewers kom, nie deur te die heeltyd net in te gee nie. Hoekom moet Afrikaans geslag word terwyl dit vir een en almal vorentoe fantastiese waarde kan ontsluit.
MAG TUKS SE BESTUUR EN ASSEBLIEFTOG OOK MATIES SE BESTUUR ‘N SLAG ‘N BIETJIE STAAL WYS.
Hierdie wegdoen van Afrikaans het vir baie ‘n speletjie geword, wat hul poog om te wen, net om ‘n verwronge sin van MAG te wys.
Dit terwyl sou Afrikaans ‘n waardige plek ( op parallele vorm- nie oorheersend) in die toekoms behou, ook hulle in die toekoms daaroor bly sal wees. Haal Afrikaans weg en die land word gestroop van ‘n waardevolle hulpbron en laat almal armer.
Ons as Afrikaners wil vir almal die beste hê. Ons sal hard werk dat ander tale ook ‘n plek kry en almal ‘n ewekansige plek onder die son kry.
Hierdie speletjie wat die politici speel om die jeug aan te hits om weg te doen met Afrikaans, Wit, Orde en Respek, gaan, sou hulle slaag, hierdie land VER verby rommelstatus dompel.

Louise ·

Baie trots op julle en nou kan die wereld sien wat bebaarse gedrag is.
TROTS om te se ek is Afrikaans en het die VOOREG gehad om opgevoed te word. want al KRY wie wat geld sal NOOIT beskaaftHEID en opvoeding kan koop nie.

Stephan ·

Almal gaan aan hoe mooi die manne hulle gedra ens. Julle is blind man. Kan julle dan nie sien wat daar op daardie Kampus en op UCT aangaan nie? Wat ons hier sien is uiterse haar wat gaan ontplof. Hierdie is ‘n nasie van jongmense wat gekweek is met ‘n uitgangshouding van “no-consequences for my actions” . Hierdie is net die begin. Hierdie is uiterse haat en niemand om hulle te stop nie. Pak julle goed en kom uit die land uit. Daar is nie ‘n army wat julle kan beskerm nie. Die buiteland voel ook ‘n veer vir die witmensies in SA. Kom weg mense, los die land, hy is klaar is sy dinges en beyond herstel.

tamboti ·

Stephan, ja ons sal almal maar lief wou trek, maar waarheen.
Nee ons sal maar die stryd stry tot die einde, ek se weer, die God van die Woord gee oorwinning – dis ons wat moet daarby moet glo en so optree.

Trolle ·

NEE Stephan ons staan vas, buiteland is presies die selfde op pad vir witmense.Ons gaan oorwin glo net is God ons voorouers het dit ook reg gekry hoekom so gou moed opgee die oorlog het nog nie eens begin nie.Ek wens net ons witmense hier wil raaksien wie die eintlikke vyand is.Ek glo Russia gaan nog tot ons redding kom eendag dis die enigste land nog waar daar nie haat teen witmense is nie.

Mark ·

Almal se kom uit daardie land uit…, dis makliker gesê as gedaan wie dink jy gaan ons invat watter land gaan se ons het plek vir julle?

Johan Viljoen ·

EFF kan dit nie hanteer dat die Boere hulle teenstaan nie. Hulle kry maar net hulle eie medisyne terug. Staan vas manne!

hans ·

Die Tukkies Rektor is ook lid van n minderheidsgroep en derhalwe is dit onverstaanbaar dat sy nie ferm optree om n ander minderheidsgroep se regte op kampus te beskerm nie.

Sarie 2 ·

Ek bekommer my oor die veiligheid van òns kinders. Dink maar aan die Piet Retief situasie! Bid vir beskerming vòòr so ‘n vergadering…

Femme ·

Maar nou moet ons almal meer doen en maandeliks n geldjie bydra vir Afriforum sodat hulle genoeg geld het om sake hof toe te vat. Dra jy al by?

Arrie ·

Sien ek oorlog broei?
Goeie raad vir Eff, Anc en sleepsels moenie die vuur in die boereharte aansteek nie, ons God is nogsteeds die God van Bloedrivier.
Ons staan op die drimpel van n’ grootskaalse revolusie en dit gaan nie mooi wees nie.
Staan sterk Afrikaans, jou kinders sal veg vir jou behoud, jy is nie net nog n’ taal nie anders was jy maar net aanvaar, jy is deur God aan ons gegee en ons sal veg vir jou behoud, en as ons te swak is sal ons op ons kniee veg vir bonatuurlike ingryping.

Izzy ·

So ongelooflik trots op elkeen van ons kinders wat opstaan vir ons taal.

Ja, dit vat ruggraat en duidelik het hierdie klomp boere kinders dit wel. Dink nie die EFF en ANC het dit verwag nie…..eers staan die klomp boere kinders op by die landbou college Elsenburg en nou hierso……ons het baie meer ruggraat as wat hierdie ongedissiplineerde spulletjie dink……ons voorouers het dan in oor die Drakensberge getrek en ‘n lewe gemaak in woeste Afrika.

Tanya Laubscher ·

Ons kinders kan Engels praat, myne sal selfs Duits of Frans leer om `n kwalifikasie te kry. Hy sal self visvang. Die res, wie is ons om vir julle te se wat julle mag vang? Wat jy saai sal jy maai. As jy vasstaan, sal jy geplant word. As jy oproer veroorsaak sal jy `n oproerige lewe he. My hart is Afrikaans, my Bybel ook en raai, my Engels is uitstekend.
In my opinie is daar `n groot behoefte aan `n Maroela Meesters blog. Geen probleme bespreek nie, slegs uitdagings en oplossings. Entrepeneurskap en hulp van Afrikaans gesinde na mede Afrikanaans gesinde. Einstein het gese mens kan nie `n probleem oplos met dieselfde bewustheid wat die probleem in die eerste plek veroorsaak het nie. Ons moet ons bewustheid verander. Herskep aan ons eie en mekaar help. Uitstyg sodat koppe geskud word en vra, maar wat HET hulle wat so uniek en inoverend is?
Vir die wat goed is met blogging, begin asb so iets. Ons moet ophou terugveg en `n nuwe bewustheid kry om Afrikaans te laat blom. Binnekort sal almal graag weer met jou Afrikaans wil praat. Intussen gun ek die nasie skole en universiteite met taal en gedragskodes wat hulle harte begeer! Sover dit my betref kan daar net een Afrikaanse universiteit in die wereld wees, of geen, want jy kan ons bloed laat kook, maar nie ons breins nie.

Pietie ·

Stephan,,nee wat ons bly net hier en as ons klaar huis skoongemaak het, sal jul op ons terme terugkom van die buiteland. Nee ek terg net,,,,, ons sal dit maar vat op die neus.

hans ·

Rektor UP is die EFF student wie die wit meisie aamgerand het al permanent van universiteit geskors,indien nie hoekom nie?

Helizna ·

ja asseblief. ons mense het al die universiteite in die land self gebou. Ek is seker ons kan nog een bou.

Batman ·

Staan sterk. Moet nie ingee, toegee of opgee nie! Nooit nie! Maak nie saak wat nie!

Oom Boer ·

Aan al die Afrikaanse jong manne en vroue van die UP en verbonde aan Afriforum jeug, jul maak baie Suid-Afrikaners se harte bly en ons is werklik trots op jul. Jul gedrag en positiewe optredes tot gesprek veering vir die behoud van jul taal word eerbiedig in omstandighede wat so uitdagend was en waar die EFF jongelinge met verskeie wapens toegerus was om ‘n vreedsame byeenkoms tot uiterste uit te lok, het jul optrede met koelkop en kalmte geskied en hanteer ten spyte van die meisie se aanranding. Jul is en was waardige Leiers. Waar is nou die groot geraas van ANC vroueliga’s en instellings oor die geweld van teen vroue en kinders? Mag God jul elke dag seën met jul denke, optredes, debat voeringe en die opregte antwoorde en oplossings vind om op die tafel te plaas, Integriteit, dissipline en respek het waardige gronde en is nie te koop nie. Sterkte want jul is ons toekoms.

Piet ·

Die situasie was met opregtheid hanteer. Integriteit kan slegs integriteit beveg. Die mense in opstand het geen sin vir regverdigheid opregtheid of integriteit nie. Ek is bevrees die opstand gan erger raak. En ons optrede sal drasties moet versterk. Ons veg nie teen mense nie maar teen n oningeligte afbrekende wraak haatagtigge ingesteldheid. Ons sal ons probleem baie vinnig moet ontleed en leerken en aanvat. Ons doen kriesis bestuur en verdedig. Ons gan altyd twede wees as ons nie ons benadering drasties verander nie.

Patricia ·

Ek is afrikaans en baie trots daarop. Niemand sal my dwing om n ander taal te praat of my dwing om in engles te leer as ek in afrikaans wil leer nie. Hoekom mense dwing om in n ander taal te leer. Ons kan maar baklei maar dis soos iemand al kla gese het. Die besluit is al kla geneem ons gaan gedwing word om engles op die kampus te vat. My GOD gryp Asb in vir ons Afrikaanse Taal. Dis U wat ons die Afrikaanse Taal Laat Praat. Nou wil ander dit van ons steel. FADER ek vra in U naam dat U hulle moet stop. Laat almal in hulle taal leer as hulle wil. Hoekom wil hulle nou ons Afrikaanse taal wegvat. FADER net U alleen is Almagtig dis ons gebore taal help asb dat ons taal bly. Amen

Monica Muller ·

Ek het nou baie gedink oor hierdie histeriese eise rondom die afskaffing van Afrikaans op die kampusse. Wat is die dryfveer? Kom ons stoot politiek eers eenkant want ons weet waarheen die EFF mik. Na my mening is dit die inherente minderwaardigheidskompleks van sekere individue en groepe. Watter skole is elke jaar die toppresteerders in die matriekeksamens? Die Afrikaanse skole. Hulle loop weg met al die eer en suksus. Wie is die toppresteerders op die Universiteite? Die Afrikaanse studente. As hulle dus van die kampusse af weg is dan moet die ander groepe mos die toppresteerders word – of altans dis hoe ek dink hulle in hulle onderbewussyn redeneer. Maak nie saak op die toppresteerder dit met 30% behaal nie – hy/sy sal in die “lime light” wees en dit is wat gesoek word. Dwars oor die wêreld beklee Afrikaansprekendes top poste as ingenieurs, wetenskaplikes en medici – nooit sal jy lees van hierdie ander manne se prestasies nie. “Kom ons maak Afrikaans as akademiese taal dood dan sal hulle ophou presteer en hoef ons nie meer so minderwaardig te voel nie” – dis wat ek dink in hulle koppe aangaan. Afriforum daar wag groot uitdagings vir julle vorentoe om ons jeug te lei hoe om die situasies te hanteer want een verkeerde woord of beweging en ons kan meer kinders verloor as in die Bosoorlog. Kry julle stategië en planne in plek!

FJV ·

Wel gedaan Afriforum Jeug. Ongelukkig is dit so dat sonder spesifieke aksies deur wittes in hierdie land sal ons kultuur en (geordende) manier van dinge doen in die grond in verwater word.

Ben ·

Ek haal my hoed af vir julle wat net stilgestaan het terwyl die ander julle stamp en stoot. Ek sou dit nie kon doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.