Video: Geweld in PE ná taxi en motor bots

Altesaam agt taxi’s is tydens die rumoer aan die brand gesteek (Foto: Manikivana, Twitter)

ʼn Botsing tussen ʼn minibustaxi en Audi het Woensdag geweld in die strate van Korsten, Gqeberha (Port Elizabeth), ontketen. Taxibestuurders en sakelui het ná die ongeluk slaags geraak, met die gevolg dat taxi’s en motors aan die brand gesteek en beskadig is.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die ongeluk omstreeks 14:00 in Durbanweg plaasgevind.

“Die taxibestuurder het ná die ongeluk glo die bestuurder van die Audi aangerand. Sake-eienaars in die omgewing het die toneel genader om die Audi-bestuurder te help,” bevestig Naidu.

Taxibestuurders en sake-eienaars het slaags geraak en taxi’s en motors aan die brand gesteek (Foto: Groundup, Twitter)

“Die bestuurder van die Audi het in sy motor geklim en ʼn ent aangery totdat sy motor gaan staan het. ʼn Groep taxibestuurders het op sy motor toegesak en die voertuig aan die brand gesteek.”

Volgens Naidu is altesaam agt taxi’s tydens die rumoer aan die brand gesteek. Twee taxi’s het heeltemal uitgebrand. Die taxi’s het by die taxistaanplek in Durbanweg gestaan.

Geen beserings is tot dusver aangemeld nie.

“ʼn Saak van openbare geweld is aanhangig gemaak en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Die situasie was teen Woensdag laatmiddag steeds gespanne.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Duwweltjie

Chariots of fire.

Suzette

Dis al wat heeltyd in die land gebeur – brandstigting, moord en afbreek… Kan nie dink wat is die rede hoekom mens altyd alles moet brand en verwoes nie

Misky

Dis nie mense nie…..

Heinrich

Ek word daagliks deur die onbeskaafde onopgevoeders op die paaie geboelie, daar is geen reëls vir hulle nie en geen gevolge nie, die ANC het geen beheer oor die taxi industrie nie want hulle is deel daarvan.

Andre

Lekker man, neem alles in eie hande. Waar is Beki??
Hy bly stil, hy bly tjoep stil!!
Gemors ANC