Video: Gewilde aapsentrum loop deur onder brand

Twee van die skattige diere-inwoners van Monkey Town. Foto: Facebook

Monkey Town, ʼn gewilde wildlewesentrum vir ape in Somerset-Wes in die Kaap, het Donderdagaand onder ʼn verwoestende brand deurgeloop.

Hoewel die sentrum se restaurant en van die diere se hokke in die brand verwoes is, is daar wonderbaarlik geen mense of diere in die brand beseer nie.

Monkey Town het Vrydag in ʼn verklaring gesê die brand het omstreeks 22:30 begin. “Die restaurant op die perseel het heeltemal afgebrand. Net die mure is nog daar. Die restaurant se speelparkie is ook weg.”

Luidens die verklaring het die brand na die Kaapse bobbejane se hok versprei en die omheining van die hok het uiteindelik gesmelt. “Die bobbejane is in ʼn boom vasgekeer met die brand wat onder hulle gewoed het. Ons het werklik gedink hulle gaan doodbrand,” lui die verklaring.

Die brand het daarna na nog een van die aaphokke versprei, asook na die miniatuur-donkies se kamp.

Een van die miniatuur-donkies by Monkey Town. Foto: Facebook

Die plaaslike brandweer het blitsig opgetree om die vlamme te blus, maar moes vier keer na die toneel terugkeer aangesien die brand telkens weer begin opvlam het. Die laaste brandbestryders is eers 04:00 vanoggend by die sentrum weg.

Die verklaring maak melding van die feit dat hoewel die bobbejane se hok afgebrand het en hulle die gebied kon dus verlaat, was hulle te vreesbevange om uit die boom te beweeg en het hulle net daar bly sit tot vanoggend.

Hoewel die sentrum vandag gesluit was terwyl opruimingswerk gedoen is, sal die sentrum van môre weer so ver moontlik operasioneel wees. “Alles gaan voort soos normaal, behalwe natuurlik die restaurant wat nie meer bestaan nie. Drankies sal wel by die kiosk op die perseel verkoop word.”

Die sentrum se bestuur het die publiek versoek om nie oor die oorsaak van die brand te bespiegel nie, maar om op die brandweer se ondersoekverslag te wag. Hulle het almal ook bedank vir die boodskappe van ondersteuning en bemoediging. “Vandag het ons ʼn nuwe waardering vir die lewe.”

How do we share this news? We suffered a devastating fire at Monkey Town tonight. Our animals’ enclosures are still burning. All our animals are still safe at this moment. We will assess the damage when daylight comes.The restaurant on site burnt to the ground.Monkey Town is closed until further notice.Please be understanding and keep us in your prayers ????#monkeytown

Posted by Monkey Town on Thursday, December 13, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Yankee ·

Brandweer moes 4 maal terugkeer!! Regtig!! Drie ander kere gefaal?

Poppie ·

Duidelik besef jy nie hoe die suid en ooskaap se winde is nie. Alles lyk morsdood, dan 2 tot 3 dae later, vlam dit weer op. Ek lig my hoed vir die reddingspersoneel. Hoeveel keer moet hul die area wat klaar gebrand het, weer natspuit?

Oujongvrou ·

Diere is sondeloos. God sal hulle beskerm. Dankie Here vir elke dier wat ongeskonde is. Ek ken monkey town baie goed, en dit sou hartseer gewees het as dit moes toemaak.

IK ·

Ook ek gaan nie bespiegel oor die vuur maar weet sekerlik dat bobbejane en ape nie so ‘n gemene daad sal pleeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.