Cubana, ʼn gewilde kuierplek in Westdene in Bloemfontein, het Saterdag afgebrand.
Dié kuierplek in President Reitzlaan was omstreeks 10:00 in vlamme gehul en is in die brand vernietig.
Volgens Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung-metro, was brandbestryders binne minute op die toneel en kon hulle die brand beheer sodat ander geboue nie ook aan die brand slaan nie.
Khedama het gesê niemand is in die brand beseer nie en hulle gaan nie nou spekuleer oor wat die brand moontlik veroorsaak het nie.
Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het aan Times Live gesê een van die werknemers van die restaurant het glo ʼn ontploffing gehoor en toe ondersoek ingestel en gesien dit brand. Nkabi wou egter net aan Maroela Media bevestig dat die polisie die oorsaak van die brand ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Wha ha ha!! Binne minute op die toneel…ja right…to brand die hele plek af!
Lankal nie meer gewild nie. Tyd vir iets beter, baie beter!
Bewys dat die girls in Bloem HOT is.
Verlede jaar die tyd Die Dros in Middelburg net so. Kaboem toe brand alle en ons moet on steaks net so los en hardloop!!
O aarde! Nou waar gaan die plaaslike ANC nou al hulle skelm dinge uitwerk? Slegte nuus vir hulle.